'n Handleiding vir die maatskaplike werker in privaatpraktyk

Loading...
Thumbnail Image
Date
1996
Authors
Janse van Rensburg, Stephanie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: In South Africa private practice in social work, is becoming an important alternative to traditional social work. The social worker in private practice functions independently and utilises business principles to accomplish social service goals. This study indicates that social workers become involved in private practice as it has economic advantages and certainly caters for specific needs, such as the important need for independent functioning, direct service rendering and the lowering of the incidence of occupational fatigue. The economic advantages of private practice goes hand in hand with the changes in South Africa, especially on the social services terrain, where services and personnel are being rationalised due to insufficient funds; thus an alternate source of income must be exploited and with private practice the social worker will remain available to the profession. As a result of the relative lack of knowledge of private practice in social services, the lack of training regarding private practice and the limitations of available guidelines, it is imperative that a manual be compiled for private practice in social work. It could enhance the quality of professional services by eliminating uncertainties, which in itself could improve the image of the profession. With this research study realistic and practical orientated information that could be included in a manual, was obtained. The following aspects, in sequence of priority should be *obstacles in private practice; *administration; *theoretical requirements for joining private practice; *contract with the client; *supporting system; *form of practice; *locality of private practice. A manual should be drawn up to the SAASWIPP, the SACSW and education institutions. The research study may serve as a framework for such a manual, which can be circulated for commentary. According to this study the manual should be given to all interested registered social workers in private and general practice as the decision to join private practice may be influenced by such a manual. The ideal would be if the social worker could come into contact with particular requirements of private practice on pre-graduate level, even if it is only on an information level. The choice of private practice could be part of a career development process. Private practice must be seen and handled as part of the profession and not as in opposition to general social work with exclusive privileges. Therefore the publication of information regarding private practice and the marketing of private practice are essential. This research study indicates that an extensive manual for social workers in private practice will facilitate the control and supervisory task of the SACSW and the SAASWIPP because uniform standards which will be set, will eliminate, to a high degree the uncertainties facing the new private practitioner. A manual for the social worker in private practice is a must and should be launched.
Afrikaans: In Suid-Afrika word die privaatpraktyk in maatskaplike werk al hoe meer 'n belangrike alternatief vir tradisionele maatskaplike werk. Die privaatpraktiserende maatskaplike werker funksioneer onafhanklik en benut besigheidsbeginsels ten einde maatskaplikewerk-doelstellings te verwesenlik. Volgens die studie is die vernaamste rede waarom 'n maatskaplike werker die privaatpraktyk kies, die ekonomiese voordele wat dit bied en dat dit in spesifieke behoeftes voorsien, waarvan die behoefte aan onafhanklike funksionering, direkte dienslewering en die beperking van die voorkoms van beroepsmatheid, die belangrikste behoeftes is. Die ekonomiese voordele wat die privaatpraktyk bied, gaan hand aan hand met die veranderinge in Suid-Afrika, spesifiek op die welsynsterrein, waar dienste en personeel gerasionaliseer word as gevolg van beperkte fondse; 'n alternatiewe bron van inkomste meot dus ontgin word en deur die privaatpraktyk kan die maatskaplike werker vir die professie behoue bly. Die relatiewe onbekendheid van die privaatpraktyk in maatskaplike werk, die gebrek aan opleiding in die verband en die onvolledigheid van beskikbare riglyne is deur die navorsingstudie uitgewys as die belangrikste redes waarom die daarstel van 'n omvattende handleiding oor die privaatpraktyk in maatskaplike werk noodsaaklik is. 'n Handleiding kan aanleiding gee tot kwaliteit en professionele dienslewering, deur onsekerhede uit te skakel, wat weer op sy beurt die beeld van die professie behoort te verhoog. Deur middel van die navorsingstudie kon realistiese prakties-georiënteerde inligting wat in 'n handleiding vervat behoort te word, ingewin word. Die volgende aspekte, in prioriteitsvolgorde, behoort in 'n handleiding vir maatskaplike werkers in die privaatpraktyk ingesluit te word: *Bemarkingsstrategieë; *'n finansiële bestuurstelses; *praktyk-vereistes vir toetrede tot die privaatpraktyk; *'n fooiheffingstelsel; *etiese kode; *reëls betreffende onbehoorlike en onprofessionele gedrag; *besigheidsbeginsels; *struikelblokke vir die privaatpraktyk; *administratiewe stelsel; *teoretiese vereistes vir toetrede tot die privaatpraktyk; *kontraksluiting met die kliënt; *steunstelsels; *praktykvorme; *lokaliteit van die privaatpraktyk. 'n Handleiding behoort deur die SAVMWPP, die SARMW en opleidingsentra opgestel te wod. Die navorsingstudie kan as raamwerk van 'n moontlike handleiding dien, wat vir kommentaar beskikbaar gestel kan word. ;n Handleiding behoort volgens hierdie studie beskikbaar gestel te word aan alle belangstellende geregistreerde maatskaplike werkers ongeag of hul privaat praktiseer of nie, omdat die besluit om tot die privaatpraktyk toe te tree deur so 'n handleiding beïnvloed kan word. Die ideaal sou wees indien die maatskaplike werker alreeds op voorgraadse vlak met die besondere eise van die privaatpraktyk sou kon kennis maak, al is dit slegs op inligtingsvlak. Daar word van die standpunt uitgegaan dat die keuse van die privaatpraktyk as hulpverleningstruktuur en -veld vergelyk kan word met die keuse van 'n diensveldterrein en deel kan uitmaak van 'n maatskaplike werker se loopbaanontwikkelingsproses. Die privaatpraktyk moet beskou en hanteer word as deel van die professie en nie as in opposisie met ander maatskaplike werk waaraan eksklusiewe voorregte toegesê word nie. Derhalwe word die beskikbaarstelling van inligting insake die privaatpraktyk en die bemarking van die privaatpraktyk, beklemtoon. Dit blyk ook vanuit die navorsingstudie, asof 'n omvattende handleiding vir die maatskaplike werker in die privaatpraktyk, die toesig-en-bheer-taak van die SARMW en SAVMWPP sal vergemaklik deurdat eenvormige hoë standaarde daardeur gestel sal word, wat onsekerhede by die aspirant privaatpraktisyn in 'n groot mate behoort uit te skakel. 'n Handleiding vir die maatskaplike werker in die privaatpraktyk behoor daargestel te word.
Description
Keywords
Dissertation (M.Soc.Sc. (Social Work)) - University of the Free State, 1996, Social workers -- In service training -- South Africa, Private practice social work -- South Africa
Citation