The potential impact of an inter-basin water transfer on the Modder and Caledon River systems

Loading...
Thumbnail Image
Date
2007-11
Authors
Slabbert, Nadene
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The Modder River is a relatively small river which drains an area of 7 960 km2 in the central region of the Free State Province, South Africa and has a mean annual run-off of 184 x 106 m3. Water demand in the Modder River catchment has exceeded supply in the past which necessitated the development of two transfer schemes: 1) From the Caledon to the Modder (Caledon-Bloemfontein pipeline), and 2) The Caledon to Modder also known as the Novo transfer scheme. This study focussed on the ecological effects of the Novo transfer scheme on both the Modder and Caledon Rivers from a limnological point of view, thus excluding the human component and land-based investigations. The transfer of water from the turbid Caledon River caused an increase in turbidity in Knellpoort Dam. However, this turbidity decreased when transfer of water was terminated, and conditions returned to those prior to the transfer of the water. This increase in turbidity brought about certain effects, like limitation of underwater light penetration, and a consequent decrease of the euphotic depth. The turbidity did, however, not extend to the inflow of the dam where the Novo pump station is located and is thus not expected to increase turbidity in the Modder River. The largest fraction of sediment particles in the Caledon River, consists of very fine sand. This has implications in terms of the bioavialability of nutrients and consequently, the maximum bioavailability of nutrients in the sediment load of the Caledon River was found to 339 mg/kg N and 106 mg/kg P. The transfer of water (and nutrient-rich sediments) from the Caledon River, via Knellpoort Dam, to the Modder River caused an increase in the concentrations of TP, PO4-P, NO3-N and SiO2-Si in Knellpoort Dam. Since the effect of the inflowing water seems to be localised to the area at the inflow channel, the water quality at the Novo pump station (on the opposite side of the impoundment) was little influenced. However, if transfer takes place over a long period of time, it can have a significant impact on the nutrient concentrations of the impoundment. Similarly, if the ionic composition changes over a long period of water transfer, the algal communities in the different systems can change. In the different waters of the Novo Transfer Scheme, there are large variations in the algal composition. In the Caledon River, the Bacillariophyceae (specifically Cyclotella and Stephanodiscus spp.) dominated the phytoplankton throughout the study period. Turbulence in the river, together with high turbidity, probably limited the development of cyanobacterial blooms. In Knellpoort Dam, the algal community was dominated by Bacillariophyceae and Chlorophyceae, and Cyanophyceae numbers increased only after the transfer of nutrient-rich water from the Caledon River. This could have serious implications for the uses of the impoundment, which include water purification for drinking water and recreation, as cyanobacterial blooms can be harmful to humans and animals. In the Modder River, the algal community was dominated by Bacillariophyceae, Chlorophyceae and Cyanophyceae, and it was the same in Rustfontein Dam, an impoundment in this river used for domestic water supply and recreation. As water was not transferred to the Modder River during the study period, the effects on the invertebrate community in this river could not be determined, and possible impacts are predicted on observations made from other studies. From these, it is not expected that there will be a transfer of undesirable invertebrate species from the Caledon River. Species diversity at the transfer site is generally low, and the high flow conditions during transfer periods will limit the species diversity even more. The main concern in terms of invertebrate diversity is the potential impact of increased flow in the Modder River during periods of transfer. Based on this study, the following recommendations are made: • Abstraction from the Caledon River must be done at the end of the rainy season, when turbidity levels are lower, but stream flow is still high enough. • The sediment channels into the Knellpoort Dam are not very effective and alternative measures should be investigated to remove the sediment. • The nutrient and turbidity status of the Knellpoort Dam must be carefully monitored to ensure that the impoundment does not become eutrophic or too turbid. • When discharging the water from Knellpoort Dam into the Modder River, cognisance must be taken of the natural seasonal flow of the river, and care must be taken not to exceed the normal flow with too big a margin. Erosion measures must be put in place at the point of discharge and carefully monitored.
Afrikaans: Die Modderrivier (met ‘n afvloei van 184 x 106 m3 per jaar) is `n redelike klein rivier wat `n area van 7 960 km2 in die sentrale deel van die Vrystaat, Suid-Afrika dreineer. In die verlede, het die aanvraag na water die voorsiening oorskrei, wat die volgende oordragskemas tot gevolg gehad het: 1) Van die Caledon na die Modderrivier (Caledon-Bloemfontein pyplyn), en 2) Van die Caledon na die Modderrivier (ook bekend as die Novo oordragskema).Hierdie studie het gefokus op die ekologiese impak van die Novo oordragskema op beide die Caledon- en Modderrivier vanuit `n limnologiese oogpunt, en sluit dus die menslike en landelike aspekte uit. Die oordrag van water vanuit die troebel Caledonrivier het ‘n toename in troebelheid in Knellpoort dam veroorsaak. Hierdie troebelheid het egter afgeneem sodra die oordrag van water opgehou het, en toestande het teruggekeer na dié van voor die oordrag. Die toename in troebelheid het sekere impakte tot gevolg gehad, soos die beperking van ligindringing met `n gevolglike afname in die eufotiese diepte. Die toename in troebelheid het egter nie gestrek tot by die invloei van die dam waar die Novo pompstasie geleë is nie, en daar word dus nie verwag dat die troebelheid in die Modderrivier beïnvloed sal word nie. Die grootste gedeelte van die sedimentpartikels in die Caledonrivier bestaan uit baie fyn sand. Dit kan die bio-beskikbaarheid van voedingstowwe beïnvloed en gevolglik is die maksimum bioskikbaarheid van N en P bepaal. Die resultate toon dat die maksimum bio-beskikbaarheid vanaf die sedimente 339 mg/kg N en 106 mg/kg P is .Die oordrag van water (en voedingstofryke sedimente) van die Caledonrivier, via Knellpoort Dam, het `n toename veroorsaak in die konsentrasies van TP, PO4-P, NO3-N and SiO2-Si in Knellpoort dam. Aangesien die effek van die invloei gelokaliseerd was in die area van invloei, is die waterkwaliteit by die Novo pompstasie (aan die oorkant van die dam) nie beïnvloed nie. As wateroordrag egter vir lang periodes aanhou, kan dit `n merkbare impak op die voedingstofkonsentrasies in Knellpoort dam hê. Indien die ioonsamestelling van die water verander, kan dit ook veranderinge veroorsaak in die alggemeenskap samestelling. Daar is groot variasie in die algsamestelling van die verskillende stelsels van die Novo oordragskema. In die Caledonrivier, het die Bacillariophyceae (spesifiek Cyclotella en Stephanodiscus spp.) die fitoplanktongemeenskap gedomineer. Turbulensie in die rivier, tesame met hoë troebelheid, het waarskynlik die ontwikkeling van blou-groen alge beperk. In Knellpoort dam is die fitoplantongemeenskap gedomineer deur Bacillariophyceae en Chlorophyceae, en Cyanophyceae het net toegeneem na die oordrag van voedingstofryke water vanaf die Caledonrivier. Dit mag ernstige gevolge inhou vir die menslike gebruik van die dam, wat drinkwater en ontspanning insluit, aangesien blou-groen algopbloeie skadelik kan wees vir mense en diere. In die Modderrivier, is die alggemeenskap gedomineer deur Bacillariophyceae, Chlorophyceae en Cyanophyceae, met dieselfde situasie in Rustfonteindam, wat gebou is in die rivier vir drinkwatervoorsiening en ontspanningsdoeleindes. Aangesien water nie oorgedra is na die Modderrivier gedurende die studieperiode nie, is die impak op die invertebraat gemeenskap nie bepaal nie, en moontlike impakte is voorspel op grond van die resultate van ander studies. Vanuit hierdie resultate, word daar nie verwag dat ongewenste spesies oorgedra sal word vanaf die Caledonrivier na die Modderrivier nie. Spesie diversiteit by die oordragpunt is laag, en die hoë vloeistoestande gedurende oordragtye sal die spesie diversiteit nog verder verlaag. Die grootste verwagte impak op invertebraat diversiteit is die verhoogde vloei in die Modderrivier indien water daarna oorgedra word. Gebaseer op die studie, word die volgende aanbevelings gemaak: Onttrekking vanuit die Caledonrivier moet gedoen word tydens die einde van die reënseisoen, wanneer troebelheid laer is, maar stroomvloei nog hoog genoeg. Die sedimentkanale wat in Knellpoortdam invloei is nie effektief nie en alternatiewe metodes moet ondersoek word om die sediment te verwyder. Die voedingstof- en troebelheidstatus van die Knellpoortdam moet noukeurig gemonitor word om te verseker dat die dam nie eutrofies of te troebel raak nie. As water vrygelaat word vanuit Knellpoortdam na die Modderrivier, moet die natuurlike vloei van die rivier in ag geneem word, en die normale vloei moet nie te veel oorskrei word nie. Maatreëls moet getref word om erosie te beperk by die punt van uitvloei en moet ook gemonitor word.
Description
Keywords
Novo water transfer scheme, Inter-basin transfer, Turbidity, Nutrients, Primary productivity, Invertebrates, Water transfer -- South Africa -- Free State, Water resources management -- South Africa -- Free State, Limnology -- South Africa, Stream ecology, Thesis (Ph.D (Plant Sciences, Botany))--University of the Free State, 2007
Citation