A framework to improve postnatal care in Kenya

Loading...
Thumbnail Image
Date
2015-01
Authors
Chelagat, Dinah
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: More than half a million women encounter complications during childbirth annually with a significant number of fatalities (UNFPA 2009: Online). It is estimated that 1,000 girls and women die in pregnancy or child birth each day (The White Ribbon Alliance 2010: Online; Ashford, Wong and Sternbach 2008:457-473). Ashford et al. (2008) further state that almost 40% of women experience complications after delivery with about 15% of these women developing potentially life-threatening complications. Maternal mortality can occur either during the antenatal, intrapartum or postnatal period. However, strategies to reduce maternal mortality have focused on the antenatal and the intrapartum periods (Ministry of Health, Kenya 2006: 52). Maternal mortality can be reduced with improved postnatal care by skilled health care professionals , the majority of whom are the midwives in many low and middle income countries (Senfuka 2012: Online; UNFPA 2011c: Online). Maternal mortality is greatest during the postnatal period which remains the most neglected stage of maternal care especially in the LMICs Kenya included (Safe motherhood 2011: Online). The aim of this study was to develop a Framework to improve postnatal care in Kenya. The study was accomplished in three phases whereby the first objective was to determine factors contributing to the current state of postnatal care services in Kenya which was undertaken in Phase 1.This objective was achieved through data collection where by 258 midwives completed a self-administered questionnaire plus a checklist used in 37 hospitals to assess the availability of physical resources required in the provision of postnatal care. Data analysis revealed that shortage of midwives exists in all the hospitals utilised for the study with a nurse midwife ratio of more than 10. It was further observed that midwives received incomplete orientation on being posted to the maternity units/postnatal wards hence their inability to provide quality postnatal care services. Policies and guidelines were reported to be inaccessible by a majority of the midwives and that cultural and religious beliefs of clients were deemed to have some influence on the provision of the postnatal care. The Nominal Group Technique was used among 13 Reproductive health coordinators in phase 2 to identify the strategies they deemed if employed would improve postnatal care in Kenyan hospitals.The six strategies identified in order of priority are capacity building, data management, quality assurance, human resource management, supportive supervision and coordination of postnatal care activities. The objective of this phase of study was achieved as the NGT process was followed scientifically and results obtained (the strategies) contributed to the development of the Framework as one of the important components of The Theory of Change Logic Model. The third objective and final phase of the study was to develop a Framework to aid in improving postnatal care in Kenya. Development of the framework was accomplished by triangulating the results obtained from Phases 1 and 2. The Framework development was guided by the Theory of Change Logic Model which describes the casual linkages that are assumed to occur from the start of the project to the goal attainment (Frechtling 2007: 5; Taylor-Powell and Henert 2008: 4). The components of the Theory of Change logic by Kellogg (2004: 28) are the problem or issue, community needs, desired results, influential factors, strategies and assumptions (Kellogg 2004: 28). The draft Framework was presented to the Reproductive Health coordinators for validation in a meeting held on 12th March 2014. The stakeholders who are the Reproductive Health coordinators added their expert input to the components of the Theory of Change Logic Model during the validation process leading to a complete Framework aimed at improving postnatal care in Kenya.
Afrikaans: Jaarliks ondervind meer as ‘n halfmiljoen vroue tydens die kraamproses en postnatale periode komplikasies met ‘n beduidende getal sterftes (UNFPA 2009: Aanlyn). Na skatting sterf duisend meisies en vroue elke dag gedurende swangerskap of tydens die kraamproses (The White Ribbon Alliance 2010: Aanlyn; Ashford, Wong en Sternbach 2008:457-473). Ashford et al. (2008) verklaar dat byna 40% van vroue postnatale komplikasies ondervind en ongeveer 15% van hierdie vroue potensiële lewensbedreigende komplikasies ontwikkel. Moederlike sterftes kan gedurende die antenatale, intrapatum of postnatale periode plaasvind, maar strategieë om moederlike sterftes te verminder, fokus meestal op die antenatale en intrapartum periodes (Departement van Gesondheid, Kenia 2006:52). Moederlike sterftes kan verminder word indien postnatale sorg deur professionele gesondheidsorgwerkers met die nodige vaardighede verrig word – die meerderheid hiervan is gewoonlik vroedvroue vanuit die lae- en middelinkomste landstreke (Senfuka 2012: Aanlyn; UNFPA 2011: Aanlyn). Die voorkoms van moederlike sterftes is die grootste tydens die postnatale tydperk en tog is dit hierdie is stadium tydens moederlike versorging wat die meeste verwaasloos word, veral in die lae-en middelinkomste landstreke, insluitende Kenia (Veilige Moederskap 2011: Aanlyn). Die doel van die studie was om ‘n raamwerk te ontwikkel wat postnatale sorg in Kenia sal verbeter. Die studie is in drie fases aangepak. Die eerste doelwit was om die faktore wat bydra tot die huidige toestand van postnatale sorg in Kenia, in Fase 1 vas te stel. Hierdie doelwit is bereik deur middel van data verkry vanuit die vraelyste wat 258 vroedvroue voltooi het, asook ‘n kontrolelys wat in 37 hospitale gebruik is om die beskikbaarheid van fisiese bronne, wat benodig word vir die voorsiening van postnatale sorg, te bepaal. Die dataontleding het ‘n tekort aan vroedvroue (in hierdie studie gebruik) in al die hospitale aangedui, met ‘n verpleegkundige:vroedvrou ratio van meer as 10. Daar is ook bevind dat vroedvroue onvolledige oriëntasie ontvang wanneer in die kraam/postnatale eenhede geplaas word, vandaar hul onvermoë om kwaliteit postnatale versorging te kan lewer. Beleid en riglyne is ook aangedui as nie toeganklik vir die meerderheid van vroedvroue nie. Dit is verder bevind dat kliënte se kulturele gebruike en gelowe ook ‘n invloed uitgeoefen het op die voorsiening van postnatale sorg. Dertien koördineerders van die afdeling van Reproduktiewe Gesondheid, is vir Fase 2 geselekteer (deur gebruik te maak van die Nominale Groeptegniek) om strategieë te formuleer wat geïmplementeer kan word in hospitale in Kenia, ten einde postnatale versorging te verbeter. Die ses strategieë wat geïdentifiseer, volgens prioriteit, is: kapasiteitbou; gehalteversekering; menslike hulpbronbestuur; ondersteunende toesighouding en ko-ordinasie van postnatale sorgaktiwiteite. Die doelwit van hierdie fase van die studie is bereik deur die gebruikmaking van die NGT prosesse wat wetenskaplik aangewend is. Die resultate verkry (die strategieë) het bygedra tot die ontwikkeling van die Raamwerk wat basseer was op komponente van die ‘Theory of Change Logic Model’. Die derde doelwit en finale fase van die studie, was die ontwikkeling van die Raamwerk wat die verbetering van postnatale sorg in Kenia, sal fasiliteer. Die ontwikkelde Raamwerk is voltooi deur die resultate, verkry uit Fase 1 en 2, te trianguleer. Die ontwikkeling van die Raamwerk is gerig deur die ‘Theory of Change Logic Model’ wat die skakeling van die aannames, vanaf die begin van die projek tot die doelbereiking, beskryf (Frechtling 2007: 5; Taylor-Powell en Henert 2008:4). Die komponente van die ‘Theory of Change Logic Model’ deur Kellogg (2004), omskryf die probleem of vraagstuk as die volgende: gemeenskapsbehoeftes; verwagte gevolge; faktore wat ‘n invloed uitoefen; strategieë en aannames (Kellogg 2004: 28). Die konsep Raamwerk is aan die koördineerders van die afdeling van Reproduktiewe Gesondheid voorgelê vir validering tydens ‘n vergadering wat gehou is op 12 Maart 2014. Dié belanghebbendes het hulle deskundige insette by die komponente van die ‘Theory of Change Logic Model’ gevoeg gedurende dié valideringsproses wat gelei het tot die voltooide Raamwerk wat gerig is op die verbetering van postnatale sorg in Kenia.
Description
Keywords
Postnatal care -- Kenya, Maternal health services -- Kenya, Mothers -- Mortality -- Kenya, Childbirth -- Kenya, Thesis (Ph.D. (Nursing))--University of the Free State, 2015
Citation