Die rol van die demoniese in Den spieghel der salicheit van Elckerlijc, Mariken van Nieumeghen en Sewe dae by die Silbersteins: 'n vergelykende studie

Loading...
Thumbnail Image
Date
2014-07-18
Authors
Brümmer, Annebelle
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The researcher looked at the effects of Roman rituals on the Christian faith. After thorough research, it appeared that the Roman influences did not get lost with the introduction of Christianity to the rest of Europe. The researcher went back to old rituals and superstitions and studied how drama (mime) developed from the ritual. However, it is clear that devilish swooning’s and demonic representations played a big role in the ritual. The researcher found that many beliefs were mixed with the Christian faith and later on were transferred into the Church. The demonic character played a big role in the representation of what is evil. Stage designers paid a lot of attention on the details of the demonic character and the hell, they wanted it to look as realistic as possible. The study found that the demonic character, Moenen, in the play Mariken van Nieumeghen, played a very prominent role. The researcher analysed another Medieval text, called Den Spieghel der salicheit van Elckerlijc, analyzed. What was very interesting is that both texts have elements that resemble the demonic characters of the artist Hiëronymus Bosch; as well as his representation of death. The researcher also drew similarities between the story of Den Spieghel der salicheit van Elckerlijc and Buddhist. During these studies, the researcher applied these Medieval elements to a South African sixties novel, Sewe Dae by die Silbersteins. The researcher studied the role gender plays in the portrayal of the evil characters found in the novel. Thorough analysis of the novel shows clear similarities between the portrayal of evil characters in the text and the representations of the demonic characters of the Middle Ages. Similarities between Hiëronymus Bosch's depiction of evil and how it was portrayed in the novel could be drawn.
Afrikaans: Die navorser het gekyk na die invloede van Romeinse rituele op die Christelike geloof. Na deeglike navorsing het dit geblyk dat die Romeinse invloede nie verlore gegaan het met die bekendstelling van die Christelike geloof aan die res van Europa nie. Die navorser het teruggegaan na ou rituele en bygelowe en gekyk hoe drama (mimiek) uit die rituele ontwikkel het. Dit is egter duidelik dat duiwelse beswyminge en demoniese voorstellings ‘n groot rol in dié rituele gespeel het. Die navorser het bevind dat baie van die gelowe met die Christelike geloof vermeng is en na die kerk, in die vorm van teater, oorgedra is. Die demoniese karakter het ‘n besondere rol gespeel en daar is baie aandag gegee om die oordrag van die Hel en demone so uitspattig as moontlik te maak. Die studie het bevind dat die demoniese karakter in die toneelstuk Mariken van Nieumeghen, ‘n baie prominente rol gespeel het. Die navorser het nog ‘n Middeleeuse teks, genaamd Den spieghel der salicheit van Elckerlijc, geanaliseer. Wat baie interessant was, is dat albei tekste ooreenkomste toon met die kunstenaar Hiëronymus Bosch; sy demoniese karakters in sy skilderye, asook sy voorstelling van die dood. Die navorser het ook ooreenkomste tussen die verhaal van Den spieghel der salicheit van Elckerlijc en Boedhistiese gelykenisse bevind. Tydens bogenoemde studies het die navorser ook die Middeleeuse elemente in ‘n Suid-Afrikaanse sestigers roman, Sewe Dae by die Silbersteins, deur Etienne Leroux nagevors. Die navorser het die rol wat geslag tydens die uitbeelding van die bose karakters speel in die roman bepaal. Deeglike analise van die roman toon duidelike ooreenkomste tussen die uitbeelding van die bose karakters in dié teks en die voorstellings van die demoniese karakters van die Middeleeue. Die studie toon verder dat Romeinse- en Griekse mitologie in dié roman neerslag gevind het en die Middeleeuse tekste daardeur beïnvloed is. Ooreenkomste tussen Hiëronymus Bosch se uitbeelding van die bose kon ook met die uitbeelding van die Bose in die tekste gevind word.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Drama and Theatre Arts))--University of the Free State, 2013, Dutch drama -- Early modern, 1500-1700 -- History and criticism, European drama -- Renaissance, 1450-1600 -- History and criticism, Afrikaans fiction -- 20th century -- History and criticism, Demonology in literature
Citation