Die rol van enkele voorspellers in die sielkundige welstand van pasiënte met kroniese nierversaking

Loading...
Thumbnail Image
Date
2005-04
Authors
Du Toit, Martha
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The diagnosis of chronic renal failure has, besides the physical influence, probably also far reaching consequences on the psychological well-being of these patients. Questions arising from this entail the following: “What are the levels of psychological well-being of these patients?” “What are the factors that make them more resilient against the impact of their illness?” and “Is there a link between these factors and their levels of psychological well-being?” The purpose of this study was first and foremost to describe the psychological well-being of patients with chronic renal failure by addressing it through the framework of positive psychology. Due to the fact that the psychological well-being of patients with chronic renal failure is influenced by various factors, the identification of such factors that help these patients to be more resilient in these situations is of great importance. In this study spirituality, hope and optimism were identified as internal resilience factors. The second aim of the study evolved from this namely, to get an indication of the levels of spirituality, hope and optimism experienced by patients with chronic renal failure. The question if these factors have an impact on the psychological well-being of patients with chronic renal failure, give s rise to the last purpose of the study, namely to determine the influence of these factors on maintaining a relative degree of psychological well-being of patients with chronic renal failure. In order to address these goals, a research group of 120 patients formed part of this study. Due to the fact that chronic renal failure is treated in different ways, the patients were divided into three groups, with 30 patients in each group, according to their treatment modality namely, haemodialysis, peritoneal dialysis and patients that already have had a kidne y transplant. These patients were primarily from nephrology clinics and treated respectively at Universitas- , Mediclinic and Rosepark hospitals in Bloemfontein. The remaining 30 patients diagnosed with an acute illness and admitted in the orthopaedic wards at Pelonomi hospital in Bloemfontein and Ernest Oppenheimer hospital in Welkom, were included in the study as a control group. The quantitative part of the study was done by using quantitative questionnaires which included the following: the Satisfaction with Life Scale (Diener, Emmonds, Larsen & Griffin, 1985), the Selfdetermination Scale (Sheldon & Deci, 1996), the Spiritual Well-Being Scale (Paloutzian & Ellison, 1982), the Herth Hope Index (Herth, 1992), the Affectometer 2 (Kamman & Flett, 1983) and the Attributional Style Questionnaire (Seligman, Abramson, Semmel & von Baeyer, 1979). To complement the quantitative results, a qualitative study was done by conducting interviews with 5 patients out of each of the four groups. These semi-structured interviews aimed to elicit the levels of psychological well-being, spirituality, hope and optimism that were experienced by the research group. The levels of psychological well-being of the research group were described. The quantitative results of the study indicated that the research group had average levels of psychological well-being. Out of the four groups, the kidney transplant patients had the highest levels of psychological well-being. Factors that either heighten or lower the research group’s levels of psychological well-being, were indicated. The research group’s levels of spirituality, hope and optimism were also described. From the quantitative and qualitative results it appears as if the research group experienced high levels of spirit ual well-being, hope and optimism. The haemodialysis and kidney transplant patients had the highest levels of spiritual well-being whilst the kidney transplant patients and those of the control group had the highest levels of hope and optimism. With regard to the last aim of the study (the influence of spirituality, hope and optimism on the psychological well-being of nephrology patients) optimism was the most prominent antecedent which explained the levels of self-determination for both the nephrology patients as well as the control group. Optimism also explained the satisfaction with life of those patients who already had undergone a surgical procedure (kidney transplant patients and the control group). Spirituality was indicated as an antecedent for the self-determination of the haemodialysis patients as well as the satisfaction with life of the patients of the control group. It is only the haemodialysis patients’ hope that explained their self-determination. The findings of this study could possibly be extended to other research through focussing on other antecedents that was used in this study to develop a greater understanding of the factors that influence the nephrology patients’ psychological well-being. Through ongoing research in this field , a better understanding for the world of the patient with chronic renal failure can be obtained.
Afrikaans: Die diagnosering van kroniese nierversaking het buiten die fisieke invloed, moontlik ook verreikende gevolge op die sielkundige welstand van sodanige pasiënte. Die vrae wat hieruit voortvloei sentreer rondom die volgende: “Wat is die vlakke van die sielkundige welstand van hierdie pasiënte?”, “Wat is die faktore wat hulle meer weerbaar maak teen die impak van hul siektetoestand?” en “Bestaan daar ‘n koppeling tussen hierdie faktore en hul vlakke van sielkundige welstand?” Hierdie studie het dit eerstens ten doel gehad om die sielkundige welstand van pasiënte met kroniese nierversaking vanuit die positiewe sielkunde te beskryf. Aangesien pasiënte met kroniese nierversaking se sielkundige welstand egter deur verskeie faktore bedreig word, is die identifisering van faktore wat hierdie pasiënte help om meer weerbaar te wees, van besondere belang. In hierdie studie is spir itualiteit, hoop en optimisme as interne weerbaarheidsfaktore geïdentifiseer. Die tweede doelwit van hierdie studie vloei hieruit voort naamlik, om ‘n aanduiding te verkry van die pasiënte met kroniese nierversaking se vlakke van spiritualiteit, hoop en optimisme. Die vraag of hierdie faktore ‘n impak het op die sielkundige welstand van die pasiënt met kroniese nierversaking, gee aanleiding tot die laaste doelwit wat die bepaling van die invloed van hierdie faktore op die handhawing van ‘n relatiewe mate van sielkundige welstand by pasiënte met kroniese nierversaking behels. Ten einde hierdie doelwitte aan te spreek, is ‘n ondersoekgroep van 120 pasiënte by hierdie studie betrek. Aangesien pasiënte met kroniese nierversaking verskillend behandel word, is hierdie pasiënte in drie groepe, met 30 pasiënte in elk, volgens hul behandelingsmodaliteite verdeel naamlik, hemodialise pasiënte, peritoneale dialise pasiënte en pasiënte wat reeds ‘n nieroorplanting ondergaan het. Hierdie pasiënte is hoofsaaklik verkry by die niereenhede van Universitas-, Mediclinic- en Rosepark hospitale wat almal in Bloemfontein geleë is. Die oorblywende 30 pasiënte, gediagnoseer met ‘n akute siektetoestand in die ortopediese sale van onderskeidelik Pelonomi hospitaal in Bloemfontein en Ernest Oppenheimer hospitaal in Welkom, is as kontrolegroep in die studie ingesluit. ‘n Kwantitatiewe studie is uitgevoer deur die gebruikmaking van verskeie vraelyste waaronder die Lewenstevredenheidskaal (Diener, Emmonds, Larsen & Griffin, 1985), die Selfdeterminasieskaal (Sheldon & Deci, 1996), die Spirituele -welstandskaal (Paloutzian & Ellison, 1982), die Herth-hoopindeks (Herth, 1992), die Affektometer 2 (Kamman & Flett, 1983) en die Attribusiestylvraelys (Seligman, Abramson, Semmel & von Baeyer, 1979). Ter aanvulling van die kwantitatiewe resultate is ‘n kwalitatiewe studie ook gedoen deur onderhoude met vyf pasiënte vanuit elk van die vier groepe te voer. Semi-gestruktueerde onderhoude was gerig op die bepaling van die vlakke van sielkundige welstand, spiritualiteit, hoop en optimisme wat die pasiënte in die ondersoekgroep ervaar het. Die vlakke van die sielkundige welstand van die ondersoekgroep is beskryf. Dit het vanuit die kwantitatiewe resultate geblyk dat die ondersoekgroep gemiddelde vlakke van sielkundige welstand ervaar. Vir die vier groepe het die nieroorplantingpasiënte die hoogste vlakke van sielkundige welstand getoon. Faktore wat die ondersoekgroep se vlakke van sielkundige welstand beide verlaag en verhoog, is vanuit die kwalitatiewe resultate aangedui. Die ondersoekgroep se vlakke van spirituele welstand, hoop en optimisme is aangetoon. Vanuit beide die kwantitatiewe en kwalitatiewe resultate wil dit voorkom asof die pasiënte van die ondersoekgroep spirituele welstand ervaar, hoopvol en optimisties is. Die hemodialise- en die nieroorplantingpasiënte het die hoogste vlakke van spirituele welstand getoon terwyl die nieroorplantingpasiënte en die pasiënte van die kontrolegroep die hoogste vlakke van hoop en optimisme ervaar het. Wat betref die laaste doelwit van die studie (die invloed van spiritualiteit, hoop en optimisme op die sielkundige welstand van die nierpasiënte) het optimisme as die prominentste voorspeller na vore getree wat spesifiek die selfdeterminasie van die nierpasiënte sowel as vir die pasiënte van die kontrolegroep, verklaar het. Optimisme het ook die lewenstevredenheid van die pasiënte wat reeds ‘n chirurgiese ingreep (nieroorplantingspasiënte en die kontrolegroep) gehad het, verklaar. Spiritualiteit het as voorspeller by onderskeidelik die selfdeterminasie van die hemodialise pasiënte en die lewenstevredenheid van die kontrolegroep pasiënte na vore getree. Dit is slegs by die hemodialise pasiënte waar hoop hul selfdeterminasie verklaar het. Die bevindinge in hierdie studie kan moontlik deur verdere navorsing uitgebrei word deur te fokus op ander voorspellers as wat in hierdie studie gebruik is, ten einde ‘n vollediger idee te vorm van faktore wat die nierpasiënte se vlakke van sielkundige welstand beïnvloed. Deur middel van voortgesette navorsing op hierdie gebied kan die begrip vir die wêreld van die nierpasiënt dus verkry word.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Psychology))--University of the Free State, 2005, Mental health, Happiness, Suffering, Chronic renal failure -- Psychological aspects, Health behavior, Psychological well-being, Hope, Optimism, Peritoneal dialysis, Haemodialysis, Kidney transplant, Positive psychology, Spirituality
Citation