Rethinking the new perspective on Paul: justification by faith and Paul’s gospel according to Galatians

Loading...
Thumbnail Image
Date
2006-05
Authors
Song, Jae Young
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The aim of this study is to evaluate the New Perspective on Paul. One of the most important new contributions of the New Perspective, that is a new interpretation of Paul’s view of justification by faith, is the main focus of this study. Especially, two New Perspective arguments that give rise to most of the objections voiced by the followers of the Old Perspective are noted: 1) Paul developed the notion of justification by faith only at a later stage 2) to defend his gentile mission. In Part 1 an overview of the history of the New Perspective is presented, and the problems of the New Perspective are pointed out. In Part 2 the origin of Paul’s Christ-Torah antithesis is investigated to find out when Paul ’s notion of justification by faith originated. As a result, the view of the New Perspective that Paul developed the n otion of justification by faith at a later stage is rejected. In Part 3, independent theological exegesis is done to evaluate the argument of the New Perspective that justification by faith must be understood not in general terms of how human beings can be saved, but in the context of Paul’s gentile mission . The exegesis concentrates on the concepts ‘the works of the law’ and ‘the curse of the law’ in Galatians. Romans 3, 4, and 7 are also investigated to confirm the exegetical results of Galatians. As a result, it is shown that the New Perspective is quite correct in that it reads the notion of justification by faith in the context of Paul’s gentile mission. However, it is al so pointed out that the New Perspective fails in properly evaluating Paul’s gentile mission itself, because it marginalise s both the gentile mission and justification by faith in Paul’s theology. In Part 4, by means of the independent theological exegesis of the word eujaggevlion in Galatians in the redemptive historical context of the Abrahamic covenant, it is proved that for the unique apostle to the gentiles, Paul, his gentile mission was the climax of his gospel. In fact, it must rather be regarded as his gospel itself. This means that, even though the interpretation of justification by faith by scholars from the New Perspective has a better exegetical foundation and leads to valid exegetical results, these results are interpreted wrongly by them. In Part 5, finally, it is concluded that when the interpretation of the Pauline notion of justification by faith by scholars from the New Perspective is reread in the light of the new understanding that Paul’s gentile mission is his gospel, the true meaning of justification by faith is revealed. Afrikaans: Die doel van hierdie studie is om die sogenaamde Nuwe Perspektief op Paulus te evalueer. Een van d ie belangrikste bydraes van die Nuwe Perspektief, naamlik die nuwe interpretasie van die Pauliniese konsep ‘regverdiging deur die geloof’, kry in hierdie studie die meeste aandag. Veral twee argumente van die Nuwe Perspektief word bespreek, naamlik 1) dat die konsep ‘regverdiging deur die geloof’ ’n latere ontwikkeling in Paulus se teologie verteenwoordig, en 2) dat dit ontwikkel is om Paulus se heidensending te verdedig. In Deel 1 word ’n oorsig van die geskiedenis van die Nuwe Perspektief gegee en word die probleme van hierdie siening uitgelig. In Deel 2 word die oorsprong van die Christus- Torah-antitese in Paulus se teologie ondersoek om te bepaal wanneer Paulus se siening van ‘regverdiging deur die geloof’ ontwikkel het. Die gevolgtrekking is dat die siening van die Nuwe Perspektief dat dit eers op ’n later stadium gebeur het, verwerp word. In Deel 3 word onafhanklike teologiese eksegese gedoen om te wys dat die argument van die Nuwe Perspektief dat ‘regverdiging deur die geloof’ nie in algemene sin verstaan moet word nie, maar wel binne die k onteks van die Pauliniese sending, korrek is. Die eksegese konsentre er op die begrippe ‘werke van die wet’ en ‘vloek van wet’ in Galasiërs. Romeine 3, 4 en 7 word ook ondersoek om die eksegetiese resultate ten opsigte van Galasië rs te bevestig. Daar word aangetoon dat die Nuwe Perspektief heeltemal korrek is wanneer ‘regve rdiging deur die geloof’ in die konteks van die Pauliniese sending gelees word. Daar word egter ook aangetoon dat die Nuwe Perspektief nalaat om die Pauliniese sending self korrek te evalueer omdat dit sowel die heidensending as ‘regverdiging deur die geloof’ in die Pauliniese teologie marginaliseer. In Deel 4 word deur middel van onafhanklike teologiese eksegese van die begrip eujaggevlion binne d ie heilshistoriese konteks van die verbond met Abraham aangetoon dat vir Paulus, die unieke apostel na die heidene, sy heidensending die klimaks van sy evangelie was. In werklikheid moet dit as sy evangelie self beskou word. Dit beteken dat, alhoewel die Nuwe Perspektief se interpretasie van ‘regverdiging deur die geloof’ ’n beter eksegetiese basis het en tot korrekte eksegetiese resultate aanleiding gee, die resultate self verkeerd gëinterpreteer word. In Deel 5 word ten slotte aangeto on dat wanneer ’n mens die interpretasie van ‘regverdiging deur die geloof’ deur die Nuwe Perspektief in die lig van die nuwe verstaan van Paulus se heidensending herlees, die ware betekenis van ‘regverdiging deur die geloof’ na vore kom.
Afrikaans: Die doel van hierdie studie is om die sogenaamde Nuwe Perspektief op Paulus te evalueer. Een van d ie belangrikste bydraes van die Nuwe Perspektief, naamlik die nuwe interpretasie van die Pauliniese konsep ‘regverdiging deur die geloof’, kry in hierdie studie die meeste aandag. Veral twee argumente van die Nuwe Perspektief word bespreek, naamlik 1) dat die konsep ‘regverdiging deur die geloof’ ’n latere ontwikkeling in Paulus se teologie verteenwoordig, en 2) dat dit ontwikkel is om Paulus se heidensending te verdedig. In Deel 1 word ’n oorsig van die geskiedenis van die Nuwe Perspektief gegee en word die probleme van hierdie siening uitgelig. In Deel 2 word die oorsprong van die Christus- Torah-antitese in Paulus se teologie ondersoek om te bepaal wanneer Paulus se siening van ‘regverdiging deur die geloof’ ontwikkel het. Die gevolgtrekking is dat die siening van die Nuwe Perspektief dat dit eers op ’n later stadium gebeur het, verwerp word. In Deel 3 word onafhanklike teologiese eksegese gedoen om te wys dat die argument van die Nuwe Perspektief dat ‘regverdiging deur die geloof’ nie in algemene sin verstaan moet word nie, maar wel binne die k onteks van die Pauliniese sending, korrek is. Die eksegese konsentre er op die begrippe ‘werke van die wet’ en ‘vloek van wet’ in Galasiërs. Romeine 3, 4 en 7 word ook ondersoek om die eksegetiese resultate ten opsigte van Galasië rs te bevestig. Daar word aangetoon dat die Nuwe Perspektief heeltemal korrek is wanneer ‘regve rdiging deur die geloof’ in die konteks van die Pauliniese sending gelees word. Daar word egter ook aangetoon dat die Nuwe Perspektief nalaat om die Pauliniese sending self korrek te evalueer omdat dit sowel die heidensending as ‘regverdiging deur die geloof’ in die Pauliniese teologie marginaliseer. In Deel 4 word deur middel van onafhanklike teologiese eksegese van die begrip eujaggevlion binne d ie heilshistoriese konteks van die verbond met Abraham aangetoon dat vir Paulus, die unieke apostel na die heidene, sy heidensending die klimaks van sy evangelie was. In werklikheid moet dit as sy evangelie self beskou word. Dit beteken dat, alhoewel die Nuwe Perspektief se interpretasie van ‘regverdiging deur die geloof’ ’n beter eksegetiese basis het en tot korrekte eksegetiese resultate aanleiding gee, die resultate self verkeerd gëinterpreteer word. In Deel 5 word ten slotte aangeto on dat wanneer ’n mens die interpretasie van ‘regverdiging deur die geloof’ deur die Nuwe Perspektief in die lig van die nuwe verstaan van Paulus se heidensending herlees, die ware betekenis van ‘regverdiging deur die geloof’ na vore kom.
Description
Keywords
Exegesis, Dissertation (M.Th. (New Testament))--University of the Free State, 2006, Letter to the Galatians, Letter to the Romans, Pauline theology, Paul’ s gentile apostleship, Paul’s gospel, New Testament studies, Justification by faith, Gentile mission, New perspective
Citation