Die wonderbare Heilige Gees én die Vader van liefde: 'n Missionêre teologie

Loading...
Thumbnail Image
Date
2020
Authors
Verster, Pieter
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Sunbonani Scholar
Abstract
Die Heilige Gees, as die Gees van Christus, bring die volheid van die heil in Christus na ons. Hy verheerlik Jesus Christus, Hy maak geloof moontlik en Hy vestig die kerk. Die Heilige Gees is daarom totaal uniek en wonderbaar. Dit is vir die sending essensieel om vanuit die Gees te lewe en so Jesus Christus as Here te erken. Daarmee saam hang natuurlik die getuienis dat die Vader oneindige liefde in sy Seun Jesus Christus betoon. Juis nou dat die teologie die tydsgees navolg, moet onomwonde in die krag van die Gees getuig word dat Jesus die Here is en dat die Vader die Vader van liefde is. Sentraal hierin staan die kruisdood en opstanding van Jesus Christus wat deur die Heilige Gees bevestig word. Daarmee word dikwels teen die stroom ingeswem, maar hierdie getuienis moet onomwonde gelewer word. Daarvan moet die sending steeds en meer en meer getuig.
Description
Keywords
Citation