Development and survival of Culex (Culex) theileri Theobald under fluctuating temperatures, humidities and salinities

Loading...
Thumbnail Image
Date
1988-12
Authors
Albertyn, Dennis Lindley Carl
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Aangesien byna niks bekend was aangaande die seisoenale voorkoms van onvolwasse muskiete in die westelike OranjeVrystaat nie, asook die invloed van wisselende temperature en baie hoe soutkonsentrasies (NaCl) op die ontwikkeling en oorlewing van die onvolwasse stadia van die muskiet Culex theileri nie, is hierdie aspekte gedurende hierdie ondersoek bestudeer. Twaalf maandelikse monsternemings by 18 waterpoele het 14 muskietspesies opgelewer, waarvan Cx. theileri (46,15 %), Cx. pipiens (32,43 %) en Cx. univittatus (10,76 %) die volopste was. Dit is ook getoon dat al die verskillende onvolwasse stadia van die eersgenoemde twee spesies gedurende die winter, hoewel in klein getalle, teenwoordig was. Hulle was egter volop gedurende die res van die jaar. Cx. theileri het in 89 % van die poele voorgekom terwyl Cx. pipiens en Cx. univittatus onderskeidelik in 50 % en 56 % van die poele teenwoordig was. Laasgenoemde twee spesies het veral voorkeur getoon aan poele met meer as 30 % plantbedekking. Die onvolwasse stadia van Cx. theileri en Cx. pipiens het drie duidelike versamelpieke getoon, met die grootste gedurende die herfs, terwyl Cx. univittatus twee ewe groot pieke onderskeidelik in die vroee somer en herfs getoon het. Hierdie versamelpieke het 'n noue verband getoon met reenvalpieke, veral in die geval van die Aedes spesies. Die belangrikste beperkende faktor van muskietgetalle gedurende die winter was die lae temperature wat vlieg- en eierleggingsaktiwiteite van volwassenes verminder het en ook hoe mortaliteite onder die onvolwasse stadia tot gevolg gehad het. Gedurende die somermaande was lae reenval, beskikbaarheid van geskikte broeiplekke en digtheidsafhanklike faktore byvoorbeeld oorbevolking, kompetisie en predasie die belangrikste beperkende faktore. Die temporale en ruimtelike verspreiding van nege spesies is ontleed. 'n Hoe temporale korrelasie (p > 5,5) tussen Cx. theileri, Cx. pipiens en Cx. univittatus het voorgekom. Daarteenoor het Aedes caballus, Ae. hirsutus en Ae. juppi saam voorgekom. Die hoe korrelasies vir die voorkoms van die verskillende spesies binne afsonderlike groeperings dui die invloed van temperatuur en reenval op die bevolkingsgetalle van die verskillende spesies aan. Cx. salisburiensis, Culiseta longiareolata en Anopheles squamosus het nietemin nie saam met mekaar voorgekom nie en is ook nie met die ander spesies gekorreleer nie omdat hulle meerendeels op verskillende tye gedurende die kouer maande van die jaar voorgekom het. Hoe ruimtelike korrelasies (p > 4,8) tussen Cx. theileri en Cx. salisburiensis, tussen Ae. caballus en Ae. hirsutus, en tussen Ae. juppi en Cx. univittatus het voorgekom. Hierdie groeperings weerspieel moontlike voorkeure of vereistes vir eierlegging in aanvaarbare habitats. Daarteenoor was Cx. pipiens, Cs. longiareolata en An. squamosus nie met mekaar of die ander muskietspesies ruimtelik gekorreleer nie omdat hulle verskillende habitatsvoerkeure gehad het. In eksperimente met wisselende dagtemperature het van 24 uur oue eerste instar larwes die tot volwassenheid onderskeidelik gewissel van 50 tot 11 dae onder laboratorium toestande by gemiddelde temperature van 10°c en 24,1°c. Onder veldtoestande by gemiddelde temperature van onderskeidelik 8,2°C en 22,°C was die gemiddelde entwikkelingstyd 80 tot 11 dae. In veldproewe het 96 % mortaliteit ender die eksperimentele bevolking voorgekem terwyl die mortaliteit in die laboratorium 85 % by 1°C was. Die hoer mortaliteite in die veldproewe word toegeskryf aan die feit dat die wateroppervlakte gedurende die winter periodiek vir kort periodes gevries was. Eksperimente waar die invloed van wisselende temperature en versadigingstekorte op bloedgevoede wyfies ondersoek is, het getoon dat die langste oorlewingstydperk (LTso = 23,9 dae) by lae temperature (l0°c) en lae versadigingstekerte (0 , 33 kPa) voorgekom het. Die toleransie van Cx. theileri ten opsigte van hoe NaCl oplossings is bepaal deur 'n kontrole groep, wat in 0,02M NaCl oplossing geteel is, te vergelyk met 'n geselekteerde groep wat in 0,12 M NaCl oplossing (F = 6) geteel is. Die NaCl oplossings wat gebruik is, het gewissel van 0,0M (gedistilleerde water) tot 0,22M vir die eierleggingseksperimente en vanaf 0,0M tot 0,16M vir die ontwikkeling van die onvolwasse stadia. Vir alle parameters waarvoor getoets is, het geen betekenisvolle (p > 0,05) toename in NaCl toleransie voorgekom nie en dus geen ware seleksie vir 'n halofitiese Cx. theileri stam nie. Daar was egter 'n betekenisvolle (p< 0,05) afname in eierlegging, persentasie uitbroeiing en grootte van kopkapsules, terwyl ontwikkelingstyd en persentasie mortaliteit betekenisvol toegeneem het in alle stadia by hoe. NaCl molariteite, ongeag die groep.
Description
Keywords
Dissertation (M.Sc. (Zoology and Entomology))--University of the Free State, 1988, Mosquitoes, Culex, Insects -- Development
Citation