Die beskrywing van Kaapse Afrikaans as 'n variëteit van Afrikaans

Loading...
Thumbnail Image
Date
1986-01
Authors
Dreyer, Hester Catharina
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: INLEIDEND - DOELWITTE Die doelwit van hierdie studie kan drieledig uiteengesit word. Eerstens dien 'n kriptiese uiteensetting van die vorige ondersoeke oor Kleurling-Afrikaans (en ander naverwante studies) as 'n beeld van wat reeds op hierdie gebied gedoen is. Tweedens word 'n model opgestel waarop taalnavorsing op variasievlak in die toekoms gebaseer kan word (en in die besonder navorsing oor die taal van die Kleurlinge). Die derde doelstelling behels die opstel van 'n inventaris van verskynsels waardeur die Kleurling-variëteit van Afrikaans gekenmerk word. INHOUD - UITEENSETTING EN SAMEVATTING VAN VORIGE ONDERSOEKE Omdat daar nog nie soveel ondersoeke aangepak is waardeur 'n groot volume materiaal oor Kleurling-Afrikaans beskikbaar gestel is nie, is dit noodwendig dat elke ondersoeker sy eie navorsingsmodel sou volg aan die hand van 'n klein hoeveelheid beskikbare data. Om 'n geheelbeeld te kry en om die resultate te integreer, word die navorsingsmetodes en -resultate van vorige soortgelyke studies saamgevat en geëvalueer. MODELVORMING met hierdie agtergrond en vorige persoonlike ervaring, tesame met nuwe insigpunte wat uit hierdie studie self na vore kom, word 'n model (die tweede doelstelling) stap vir stap saamgestel. Die essensie van hierdie poging is om 'n riglyn daar te stel, wat in die hand van elke toekomstige variasieondersoeker (veral op die gebied van Kleuring-Afrikaans) iets kan beteken. 'n Uiteensetting vna die fynere besonderhede rondom elke navorsingstap lei tot verskillende kontrolelyste waaraan die ondersoeker telkens kan meet of hy die belangrikste faktore in ag geneem het. 'n Diagram aan die einde vat die navorsingsproses saam en behoort as uitgangspunt vir 'n nuwe ondersoek algou struktuur te gee aan 'n studie. Hierdie model poog dan ook om losstaande idiosinkratiese studietjies te konsentreer en sodoende die navorsingsresultate van die toekoms meer kontroleerbaar en vergelykbaar te maak. 'N INVENTARIS Die derde doelstelling sentreer rondom die opstel van 'n inventaris van Kleurling-Afrikaanse verskynsels in die omgangstaal. Om dit te vermag, moet in werklikeid 'n volledige ondersoek geloods word - soos in bg. model uiteengesit. Hier behoort dus sprake te wees van 'n volskaalse beplanning, praktiese uitvoer en verdere verdieping van die ondersoek. In hierdie geval word aangesluit by die ondersoek wat die RGN reeds uitgevoer het (Landstale ondersoek) en waarvan dié taalgegewens 'n onderdeel uitgemaak het. Die beplanning rondom die versameling van bruikbare taalmateriaal en die veldwerk is reeds deur RGN-medewerkers gedoen. Hierdie ondersoek geana dus van dié punt af verder met die transkribering van die bandmateriaal wat verkry is, en die verdere ontleding daarvan met die oog op sistematisering en uiteindelike interpretasie. Die taalgebruik van 96 Kleuring-sprekers word gebruik in die transkripsies van die beskikbare bandmateriaal. Daar word slegs op die "vertel"- en gespreksgedeeltes van die onderhoude gekonsentreer, aangesien dit 'n doelwit van hierdie studie is om 'n beskrywing van die omgangstaal van die Kleurlinge te gee. In die ontsluiting van bg. transkripsies word uitendelik 'n drieledige inventaris opgestel - 'n lys van klankpatrone, morfologiese en sintaktiese verskynsels wat in Kleurling-Afrikaas voorkom. Hierdie invetaris skep nou 'n breë, gesistematiseerde basis vir verdere verklaring, interpretasie en navorsing. SLOT Met 'n samevatting van gegewens rondom studies oor Kleurling-Afrikaans tot dusver en 'n gekonsentreerde navorsingsmodel as basis, skep die breë databasis wat d.m.v. die inventars daargestel is, die geleentheid vir vrugbare verdere ondersoek. Op hierdie taalvariasie-grondslag kan etlike ander nie-grammatiese faktore byeengebring word om die variëteite van Afrikaans volledig te beskryf.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Afrikaans and Dutch))--University of the Free State, 1986, Cape Afrikaans
Citation