• Login
    View Item 
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    •   KovsieScholar Home
    • Electronic Theses and Dissertations
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • View Item
    JavaScript is disabled for your browser. Some features of this site may not work without it.

    Direkte sintese van isoflavane en 2-bensieldihidrobensofurane via α-alkilering van fenielasynsuuresters

    Thumbnail
    View/Open
    VersteegM.pdf (6.559Mb)
    Date
    1991-05
    Author
    Versteeg, Marietjie
    Metadata
    Show full item record
    Abstract
    Afrikaans: Hoewel verskeie isoflavonoïede wat fisiologiese aktiwiteit vertoon opties aktief geïsoleer is, bestaan daar tans geen metode vir die stereoselektiewe sintese van hierdie groep natuurprodukte nie. Aangesien geen direkte sintese vir isoflavane eweneens bekend is nie en hierdie groep die eenvoudigste chirale isoflavonoïede verteenwoordig, is die ontwikkeling van metodologie vir die enantioselektiewe sintese van isoflavane d.m.v. elektrofiele α-alkllering van fenielasetate uitgevoer. Ten einde die propanoïedskelet van isoflavane te lewer, word bensielelektrofiele met substitusiepatrone tiperend van isoflavonoïede tydens die alkileringsreaksie benodig en is 4-metoksibensielbromied (76%) m.b.v. reduktiewe halogenering (trimetielchlorosilaan) LiBr/tetrametieldisiloksaan direk van anysaldehied berei. Hierdie roete was egter onsuksesvol t.o. v. die sintese van 2-O-metoksimetiel- en 4-metoksi-2-O-metoksimetielbensielbromied, sodat lg. twee bensielbromiede na beskerming van die 2-hidroksigroep d.m.v. reduksie (NaBH4) en reaksie met metaansulfonielanhidried, LiBr en 2,6-lutidien vanaf salisiel- en 2-hidroksi-anysaldehied gesintetiseer moes word (75 en 70% opbrengs). AIkilering (litiumdiïsopropielamied/tetrahidrofuraan/ -78 - -15°C) van mentielasetaat,-propanoaat en -fenielasetaat, verkry deur reaksie van die ooreenstemmende suurchloried met (-)-mentol (60, 24 en 70%), met bensielbromied het mentiel-3-fenielpropanoaat, mentiel-3-feniel-2-metielpropanoaat en mentiel-2,3-difenielpropanoaat in 10, 16 en 50% opbrengs gelewer. Hoewel die opbrengs uit bg. reaksie onbevredigend laag was, is aangetoon dat stereoselektiwiteit m.b.v. 'n chirale alkohol wel verkry kan word en is die diastereomeriese propanoate in 'n verhouding 1.4 - 1.2 : 1 geïsoleer. Ten einde kondisies vir die alkileringsreaksies te optimiseer en dus die opbrengs te verhoog, is m.b.v. D20-blussing bepaal dat die esterenolaat na 15 min by -78°C reeds volledig gevorm is (m.b.v. litiumdiïsopropielamied of litiumisopropielsikloheksielamied) en dat die effektiwiteit van die proses deur die byvoeging van heksametielfosfortriamied verhoog kan word. Ten spyte van hierdie verbeterings was die opbrengs van die alkile-ring, waarskynlik weens basisgekataliseerde eliminasie van die suur, steeds laag en is alkilering met 'n reeks metielfenielasetate voortgesit. Reaksie van metielfenielasetaat, metiel-4-metoksifenielasetaat, metiel-2-metoksifenielasetaat, metiel-3,4-dimetoksifenielasetaat en metiel-2,4-dimetoksifenielasetaat met bensielbromied, 4-metoksibensielbromied, 2-O-metoksimetielbensielbromied en 4-metoksi-2-O-metoksimetielbensielbromied het die ooreenstemmende 2,3-diarielpropanoate in 20 - 86% opbrengste gelewer (Skema I). M.b.v. LiA1H4-reduksie (50 - 98%), gevolg deur verwydering van die metoksimetiel groep (3N HCI, MeOH) en suurgekataliseerde ringsluiting (p-tolueensulfoonsuur/benseen), is isoflavane vanaf die 2"- metoksimetielpropanoate berei (22 - 65% opbrengs). Weens die verhoogde migrasievermoe" het propanole met 'n 4'-metoksi of 3',4'- of 2',4'-dimetoksi B-ring egter tot 2-bensieldihidrobenso[b]furane (18 - 70%) aanleiding gegee en is die eerste direkte sintese ook vir hierdie seldsame groep verbindings daargestel.
    URI
    http://hdl.handle.net/11660/10325
    Collections
    • All Electronic Theses and Dissertations
    • Masters Degrees (Chemistry)

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback
     

     

    Browse

    All of KovsieScholarCommunities & CollectionsBy Issue DateAuthorsTitlesSubjectsThis CollectionBy Issue DateAuthorsTitlesSubjects

    My Account

    LoginRegister

    Statistics

    View Usage Statistics

    DSpace software copyright © 2002-2016  DuraSpace
    Contact Us | Send Feedback