'n Historiese oorsig van die totstandkoming en ontwikkeling van die orkesprogram in die Oranje-Vrystaat

Loading...
Thumbnail Image
Date
1983-06
Authors
Steenkamp, Gerhardus Albertus Petrus
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die doel van hierdie verhandeling is om 'n historiese oorsig van die totstandkoming van die orkesprogram in die Vrystaat vanaf 1960 tot 1983 daar te stel. Om effektief aan te vul by die hoë standaard klavieronderrig wat reeds lankal bestaan het, is daar in 1960 besluit om vier strykers aan te stel wat 'n kwartet sou kan vorm en ook onderrig in strykinstrumente sou gee. Die voormalige oorheersing van klavieronderrig sowel as die aanvoorwerk van belanghebbendes word bespreek. Die verloop van gebeure wat die stigting van die kwartet voorafgegaan het, word volledig gedokumenteer. Aandag word verder geskenk aan die eerste optredes sowel as die verpligtings van die kwartet. Weens teleurstellende bywoningsyfers het die Bloemfonteinse Stadsraad, een van die drie samewerkende instansies, mettertyd belangstelling in die kwartet verloor. SUKOVS, wat intussen gestig is, het aangebied om die stadsraad se verantwoordelikheid oor te neem. Die aanloop tot die oorname, asook 'n aanhaling van verpligtings, word behandel. Die bedanking van die tweede violis, die krisissituasie rondom 'n persverklaring, en die inskakeling by die Universiteit word vermeld, asook die latere ontbinding van die strykkwartet en die hersiene ooreenkoms van hulle verpligtings. As direkte uitvloeisel van die besielende werk van die strykkwartetlede en in besonder mnr. De Wet, was daar in die loop van die sestiger- en sewentigerjare 'n omvangryke strykopbloei. Die Vrystaatse Jeugorkes het ontstaan en weens die, vertrek van mnr. De Wet in 1972 gedreig om in duie te stort maar is deur prof. Chris Swanepoeloorgeneem. Aandag word geskenk aan die redes vir die stigting, die eerste repetisies en optredes. SUKOVS se oorname van die orkes, verskeie konserttoere en die besoek aan Switserland word volledig behandel. Redes vir die opbloei van strykmusiek in die Vrystaat word genoem. Aangevuur deur die suksesvolle strykprogram, is daar in 1969 'n begin gemaak met 'n blaserprogram in dié Vrystaat. Die eerste aanstellings in hout- en koperblaasonderrig word bespreek. Weens die geweldige aanvraag na blaseronderrig is verskeie dosente gedurende 1973 aangestel terwyl onderrig na ander sentra uitgebrei het. Gedurende 1974 is 'n lang gekoesterde ideaal verwesenlik deur die stigting van 'n simfonieorkes in die Vrystaat. Die talle mislukte pogings van SUKOVS voor 1970 om 'n eie orkes te stig word as aanloop tot die totstandkoming van die orkes behandel. Daar word verder verwys na die Filharmoniese Vereniging se aandeel, en prof. Swanepoel se memorandum as eerste fase van die stigting. Na die finalisering van prof. De Groote se aanstelling en die samestelling van 'n voorlopige adviserende orkestekomitee, wat onderskeidelik as fases twee en drie van oorgang tot stigting bespreek word, is die orkes finaal saamgestel. Die eerste optredes en probleme rondom opera-begeleiding word behandel. Daar word gewys op die amperse ineenstorting van die projek sowel as die oorname deur die Universiteit in 1977. Die srunesprekings voor SUKOVS se terugname daarvan in 1979 word vermeld, asook die Niemandkommissie van ondersoek na die Uitvoerende Kunste. Aandag word breedvoerig geskenk aan die stigting van 'n NARUK-orkes met die gepaardgaande implikasies vir die Vrystaat se orkesprogram. Die Pienaar-komitee van ondersoek tesame met die nuutste verwikkelings rondom die aanbevelings word volledig bespreek. Die orkesprogram is een van die belangrikste ontwikkelings op ,die gebied van musiekbevordering in die Vrystaat, aangesien dit as opleidingsbron van orkesmusici dien. Die belangrikheid van samewerking tussen die Onderwysdepartement, Universiteit en SUKOVS, ter bevorvedring van die projek, kan nie genoeg beklemtoon word nie.
Description
Keywords
Dissertation (M.Mus. (Music))--University of the Free State, 1983, Orchestral history
Citation