'n Kritiese ontleding van 'n basiese orreltegniek: 'n uitbouing van bestaande benaderings met besondere klem op sistematisering

Loading...
Thumbnail Image
Date
1990-11
Authors
Lamprecht, Gideon Pieter
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Afrikaans: Die Suid-Afrikaanse orrelopleiding het reeds vir etlike jare deur die bydraes van 'n groep pedagoë hoogstaande standaarde bereik. Dit is egter nie 'n algemene tendens nie. Eerstejaarstudente aan universiteite lewer jaarliks bewys van 'n swak gevormde klaviertegniek wat gedeeltelik of as geheel gewysig of verander moet word. Dit het direk 'n nadelige invloed op orrelonderrig. Verskeie redes vir onbevredigende standaarde is aangetoon. Na jarelange musiekopleiding op skool en universiteit is daar steeds talle studente wat nie die basiese beginsels van tegniek verstaan of bemeester het nie. 'n Musikale voordrag is slegs moontlik wanneer tegniese probleme opgelos is. Talent en fisiese bekwaamheid het egter ook beperkings. Baie musiekstudente kan volgens die vereistes van musikaliteit as onmusikaal beskou word. MateriaaI vir kIawerbordonderrig toon 'n Iangsame proses oor vier eeue vanaf 1320 tot 1750. Ná 1800 het 'n groot aantal klavier- en orrelmetodes verskyn, maar wat oor die aIgemeen as waardeloos, verouderd en subjektief beskou word. Musiekonderrig het 'n veel breër doel as om slegs 'n instrumentale speeltegniek aan te leer. Leerlinge word soms te maklik as talentloos beskou as verskoning vir ondoeltreffende onderwys. Die invloed wat die onberekenbare belang vir musiekonderrig. Musiekstudente word nie spesifiek hierin opgelei met die oog op hulle onderwysberoep nie. Suksesvolle interpretasie is nie 'n vaardigheid wat sonder daadwerklike vorming bereik word nie. Die wese en aard van interpretasie word nie altyd deur onderwysers en leerlinge begryp nie. Ondervinding, begrip en natuurlike talent is noodsaaklike vereistes vir interpretasie. Die rol wat fisiese en psigiese prosesse speel is soos in die speeltegniek, ook vir interpretasie van groot belang. 'n Te groot aantal studente aan universiteite besit te min musikale en tegniese vermoëns om te voldoen aan die vereistes wat interpretasie stel. 'n Student wat nie 'n betroubare interaksie tussen impulse vanaf die brein na spesifieke spiergroepe besit nie, kan nie 'n goeie tegniek opbou of 'n stylgetroue interpretasie lewer nie. Ten opsigte van Barok-artikuIasie vertoon Suid-Afrikaanse pedagoë 'n agterstand teenoor pedagoë in Wes-Europa waar dit reeds aIgemene praktyk is. Talle pedagoë en hulle leerlinge gaan voort om negentiende eeuse beginsels op musiek uit die Barok en vroeëre styltydperke toe te pas. Barok-artikuIasie is nie sonder 'n studie en toepassing van outentieke vingersetting stilisties getrou nie. Klavier- en orrelpedagoë behoort enerse benaderings te huldig oor basiese aspekte van klawerbordspel. Musici is dikwels nie in 'n wetenskaplike ondersoek van anatomie en fisiologie geïnteresseerd nie. 'n Kennis en die koordinering van fisiese speelapparate is noodsaaklik, anders word ou, gevestigde wanopvattings moeilik uit die weg geruim. Alle tegniese werk moet direk met musikale toepassing gekombineer word anders het dit geen nut nie. Eindelose vingeroefeninge kan nie 'n oplossing bied vir studente wat nie voldoende aanleg besit nie. Bestaande orreImetodes kan nie sonder voorbehoud gebruik word nie. 'n Kombinasie van van Gleason, Peeters, Dupré en die Germani, uitgebrei oor klaviertegniek, oorspronkIike bydraes, toespitsing op voorbeelde uit die orrelrepertorium en 'n kennis van alle aanverwante aspekte van musiek word aanbeveel. In die studie figureer die orrelmetodes van Gleason en Peeters sterker as dié van Dupré en Germani. Tegniese aspekte uit orrelmetodes moet op 'n sistematies geordende wyse aangebied word. Hierdie studie het gepoog om 'n objektiewe interpretasie van elke faset van tegniekvorming te bied. Alle fases van tegniekvorming wat onderrigbaar is moet met kennis, entoesiasme en doelgerigtheid uitgebou word. Dit moet egter altyd die einddoel van 'n musikaaI-geïnspireerde vertolking nastreef in 'n poging om iets van die geheimenisse van musiek te ervaar. Tegniek mag nie 'n losstaande doel wees nie.
Description
Keywords
Thesis (Ph.D. (Music))--University of the Free State, 1990, Organ music, Instruction and study, Performance, Interpretation (Phrasing, dynamics, etc.)
Citation