'n Konsepplan vir groeponderrig in viool en altviool vir trappe 1 tot 3 vir buitekurrikulêre musiek van die Departement Onderwys en Kultuur

Loading...
Thumbnail Image
Date
1995-06
Authors
Van Niekerk, Anna Maria
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The changing situation in the new South-Africa in which education is compulsory by legislation for all race groups between the ages 6 and 16 resulted in an unprecedented educational boom with a dramatic growth of pupils who must be accommodated. Under these circumstances the music tuition is much in demand. Music tuition has been traditionally conducted in the pupil-teacher ratio of 1: 1. New options must be found to accommodate the growing numbers and group teaching seems to be the logical answer. Group teaching however, must be regarded as complementary to individual teaching, rather than a substitute there-of. For the purpose of group teaching, pupils must be carefully selected in order to ensure that they conform to the minimum requirements for music tuition. The numerous technical points which must be taken into consideration when teaching a stringed instrument, necessitate the groups being restricted to six beginners or ten more advanced pupils. The group situation must never be applied rigidly. Flexibility must be retained, enabling the more gifted pupils to advance from one group to another. The concept plan for group teaching for beginner string players, the outcome of this research, is based on a holistic approach which provides for musical edification over a broad spectrum and which addresses the different components of music, namely technic, aural training, sight reading, theory, general musical knowledge and repertoire. During the lessons at least ten minutes must be devoted-to each section. The success of the presentation of a lesson is largely dependent on the availability and application of suitable teaching aids. The commitment of the teacher is another important factor. Within the framework of the group he must be able to treat each pupil as an individual. In chapter 9 a number of tutors, suitable for beginners are discussed. There are, however numerous other tutors available from which the teacher can make a selection. The resourceful teacher will always be on the lookout for new material, ensuring that the lessons do not degenerate into stereotyped repetition. Of special importance is the reading corner, with books covering different aspects of music, thus enabling the pupils to become acquainted with these aspects of music in an informal way. This integrated plan for group music teaching presented with the necessary consideration, know-how and enthusiasm can result in a most enjoyable experience. The researcher is convinced that it can make a major contribution towards furthering music literacy in South Africa and concurrently cultivate a love for music amongst the vast numbers of children previously excluded from such activities.
Afrikaans: Die veranderende situasie in die nuwe Suid- Afrika waarin onderwys deur wetgewing verpligtend gemaak is vir kinders van aile rassegroepe tussen die ouderdomme van 6 en 16 jaar het meegebring dat die onderwys in Suid-Afrika tans 'n ongekende oplewing beleef met 'n dramatiese toename in die getalleerlinge wat geakkommodeer moet word. Onder hierdie omstandighede het die vraag na musiekonderrig geweldig toegeneem. Musiekonderrig het tradisioneel nog altyd in die leerlingonderwyserverhouding 1:1 geskied. Daar moet egter gesoek word na metodes om die groterwordende getalle te akkommodeer, en dit blyk dat die antwoord gevind kan word in die toepassing van groeponderrig. Groeponderrig moet agter gesien word as 'n aanvulling van individuele onderrig eerder as die plaasvervanger daarvan. Daar moet 'n redelike keuring gedoen word om te verseker dat die leerlinge ten minste aan die minimum vereistes vir musiekopleiding voldoen. Aangesien daar so baie tegniese punte is waarop gelet moet word by die onderrig van strykinstrumente, is dit noodsaaklik dat die groepe beperk word tot uiters ses leerlinge in die beginnergroepe en tien in die meer gevorderde groepe. Daar moet ook toegesien word dat die behoud van die groepe nooit onbuigsaam toegepas word nie, maar dat daar 'n vloeibaarheid bestaan, sodat die meer begaafde leerlinge vinniger van een groep na 'n ander kan vorder. Die konsepplan vir groeponderrig vir beginner-strykers, die resultaat van die navorsing, is geskoei op 'n holistiese benadering met voorsiening vir 'n bree spektrum musikale vorming van die leerling en waarin die verskillende afdelings van musiek, naamlik tegniek, gehooropleiding, bladlees, teorie, algemene musiekkennis en repertorium aanqespreek word. Gedurende elke les moet daar ten minste tien minute aan elke afdeling bestee word. Die geslaagdheid van die aanbieding van 'n les hang qrootliks af van die beskikbaarheid van die toepaslike hulpmiddels en die wyse waarop die onderwyser sodanige hulpmiddels benut. Die ingesteldheid van die onderwyser het ook 'n blywende uitwerking op die sukses van die aanbieding. Die onderwyser moet elke leerling as individu beskou en as sodanig behandel binne die groepsverband. In Hoofstuk 9 word 'n aantal boeke genoem wat algemeen in gebruik is vir die doel van beginneronderrig. Daar is egter baie meer boeke op die mark beskikbaar wat as aanvulling kan dien by die basiese onderrigmateriaal. Die vindingryke onderwyser sal soveel moontlik van die beskikbare materiaal versamel en gebruik, sodat die lesse nie in 'n stereotipe herhalingspatroon verval nie. 'n Belangrike deel van die toerusting wat gebruik word, is die leeshoekie, waar boeke van verskillende onderwerpe oor musiek gehou word vir die gebruik van die leerlinge. Die doeI daarvan is eerstens om die bekendstelling van die geskiedenis van musiek, instrumente, kunstenaars en so meer, op 'n informele wyse aan die leerling oor te dra. So 'n geintegreerde musiekleerplan kan, wanneer dit met oorleg, kundigheid en entoesiasme aangebied word, die hoogtepunt van die leerlinge se weeklikse onderrig program uitmaak. Die navorser is daarvan oortuig dat, indien dit met die nodige sorg en toewyding aangepak word, groeponderrig vir strykers in Suid-Afrika 'n substansiele bydrae kan lewer vir die bevordering van musikale geletterdheid en ook instrumenteel kan wees om 'n liefde vir musiek te kweek by groot getalle vir wie hierdie voorreg tot nou toe nie beskore was nie.
Description
Keywords
Dissertation (M.A. (Music))--University of the Free State, 1995, South Africa, Education, Music tuition, Instruction and study, Violin, Viola, Stringed instrument bows, Group work in education
Citation