Ekonomie en subjektiwiteit: die verkenning tot alternatiewe op die moderne ekonomisme

Loading...
Thumbnail Image
Date
2019-01
Authors
Boshoff, Hercules
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: In this thesis the relationship between economics and subjectivity will be explored critically by means of a historic and systematic analysis and interpretation of the philosophical sources on the topic. This analysis will provide material for an alternative to the current dominant economism by tracing back the influence of modern political economy on the modern subject, especially the development of the means to transform from moved to mover. Humanity’s ability to put things into movement and influence their fate as well as that of the rest of life on earth, finds expression in the word freedom, in which both possibility as well as danger lurks. From the many philosophical sources on freedom, the choice fell on Kant and Hegel, precisely because both place strong emphasis of reason as important supplement to freedom. The former explores the different facets of reason within the subjek, while Hegel shows the development of reason as being manifested in ethical relation and traditions. The last chapter will combine these insights with an interpretation Heidegger’s notion of dwelling as principle for the oikos. The conclusion argues for an economy of value, within which humanity understands its ecomnomic activity as part of dwelling, interpreting its freedom and reason as being directed to this end.
Afrikaans: Hierdie proefskrif ondersoek die verhouding tussen ekonomie en subjektiwiteit krities aan die hand van ’n histories-sistematiese uiteensetting en ’n interpretasie van veral die filosofie bronne oor die verhouding. Sodoende word verkenning gedoen vir ’n alternatiewe begrip van dié verhouding as teenvoeter teen die heersende ekonomisme. Die histories-sistematiese benadering identifiseer ’n aantal temas uit die opkoms van die moderne politiek-ekonomiese bestel aan die hand waarvan ’n trajek gevorm word van die invloed wat die opkoms van die politieke ekonomie op die moderne subjek gehad het, vernaamlik die ontwikkeling van die vermoë van die mens om van beweegde na beweger oor te skakel. Die mens se beheer oor beweging ter bevrediging van behoeftes en die kontrole oor die natuur, word triomfanklik beskryf met die begrip van vryheid, waarin tegelyk gevare en moontlikhede lê. Uit die groot verskeidenheid denke oor die vryheid, het die keuse op veral Kant en Hegel se begrippe geval aangesien beide die rol van die rede in die vryheid sterk beklemtoon. Eersgenoemde wys op die ontwikkeling van die rede binne ’n mens as dit wat die blote neiging kan teenwerk en sodoende ’n sterk outonome begrip van subjektiwiteit help ontwikkel, terwyl Hegel die rol van die rede beklemtoon in die ontvouing en manifestering van die sedelikheid in die verskillende instansies in die samelewing. Die laaste hoofstuk gaan hierdie insigte kombineer met ’n interpretasie van Heidegger se begrip van woon as beginsel vir die oikos. Die slotsom pleit vir ’n ekonomie van kosbaarheid, waarin die mens sy ekonomiese aktiwiteit as deel van bewoning verstaan, teen die instrumentele begrip van rede en vryheid, en laastens die rede rig tot ’n begrip van die vryheid as ingebed binne die kosbaarheid as doel van sy bestaan.
Description
Keywords
Economism, Movement, Secularization, Work, Freedom, Reason, Ethical life, Dwelling, Value, World, Thesis (Ph.D. (Philosophy))--University of the Free State, 2019
Citation