Doctoral Degrees (Public Administration and Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Public Administration and Management) by Subject "Civil service reform -- South Africa -- Free State"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access The influence of the transformation of local government on service delivery in category B municipalities in the Eastern Cape(University of the Free State, Jun-04) Rankwana, Edward Martin; Kroukamp, H. J.Afrikaans: Na die afskaffing van apartheid het die herstrukturering van plaaslike bestuur in Suid-Afrika ‘n aanvang geneem. Kenmerkend van stede in Suid-Afrika was die uitsluiting van ‘n merkbare gedeelte van die bevolking vanaf ekonomiese geleenthede en die lewering van basiese dienste. Die nasionale debat oor die transformasie en herstrukturering van plaaslike bestuur het in 1990 in die plaaslike bestuurs-onderhandelingsforum ‘n aanvang geneem en is oor die inhoud van die Plaaslike Regerings Oorgangswet, 1993 onderhandel. Laasgenoemde Wet het voorsiening gemaak vir ‘n drie-fase oorgangsproses asook die afskaffing van rasgebaseerde plaaslike owerhede. Die finale fase van die transformasie van plaaslike bestuur het ‘n aanvang geneem met die implementering van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 (Wet 108 van 1996). In terme van die Grondwet (Hoofstuk 10) is al drie regeringsfere verantwoordelik om dienste aan alle Suid-Afrikaners te lewer. Ten einde hierdie sfere in staat te stel om hul verantwoordelikhede na te kom, moes die diensleweringsproses van die openbare sektor verander word deur middel van herstrukturering. In terme van die heropbou en ontwikkelingsprogram is munisipaliteite as kritiese basiese diensleweringsinstellings geïdentifiseer. Derhalwe is die herstel en opgradering van dienste waar dit verval het asook die uitbreiding van dienste na nuwe gebiede as voorvereistes vir die legitimering van die nuwe plaaslike bestuurstelsel gesien. ‘n Afbakeningsraad is tot stand gebring om grense te bepaal vir munisipaliteite wat in terme van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Strukture, 1998 tot stand gebring is. Laasgenoemde wetgewing het die kategorieë en tipes munisipaliteite vir Suid-Afrika bepaal. Die doel van die studie is om die invloed van transformasie op dienslewering te ondersoek en is die totstandkoming van die Maletswai Plaaslike Munisipaliteit en verwante aangeleenthede aangespreek. Hierbenewens is die dienste wat deur plaaslike besture in terme van hul grondwetlike mandaat gelewer moes word, verduidelik waarna die vlak van bevrediging van inwoners ten opsigte van dienslewering deur middel van empiriese studie ondersoek is. Bevindinge en aanbevelings word in die laaste hoofstuk van die tesis aangebied.