Doctoral Degrees (Public Administration and Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Public Administration and Management) by Subject "Civil service -- Lesotho"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access The impact in international volunteer organisations in enhancing public service delivery in Lesotho: the case of the United States Peace Corps(University of the Free State, Nov-11) Lepotho, Clement M.; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Openbare dienslewering is een van regeringsbestuur se sleuteldimensies. Voldoende lewering van openbare dienste bly steeds ‘n uitdaging vir nasionale en plaaslike regerings, grootliks weens die regerings se kapasiteittekort om hierdie dienste te voorsien en te volhou. In Lesotho se geval is internasionale vrywilligerorganisasies, soos die Verenigde State se Vredeskorps, genooi om veral te vergoed vir die tekortkomings van menslike hulpbronkapasiteitsbou. In hierdie verhandeling word die uitwerking van die Vredeskorps se organisasie in die verskaffing van openbare dienste in Lesotho ondersoek. Teoretiese perspektiewe oor die geskiedenis van openbare dienslewering en die skakels tussen menslike hulpbronontwikkeling en doeltreffende en voldoende openbare dienslewering word bespreek. Teoretiese perspektiewe oor die Vredeskorpssending, ontwikkelingsbenaderings en projekte word verder aangebied. Empiriese navorsing is gedoen om die persepsies van die Basotho en Vredeskorpsvrywilligers oor die Vredeskorps-organisasie se bydraes tot die versterking van openbare dienslewering in Lesotho uit te lok. ‘n Metodologiese triangulasie, wat persoonlike onderhoude, fokusgroepbyeenkomste en vraelyste behels, is gebruik om die geldigheid en betroubaarheid van die bevindinge te verbeter. Die belangrikste bevindings van die studie is dat menslike hulpbronontwikkeling ontluik as ‘n basiese prioriteit in die strewe na ekonomiese groei en die verbetering van openbare dienslewering. Dit onthul ook dat die internasionale vrywilligersorganisasies, soos die Vredeskorps, betekenisvol tot die bou van menslike hulpbronkapasiteit in Lesotho bydra. Uit hierdie studie is dit egter duidelik dat die menslike hulpbronontwikkeling nie die enigste faktor in die doeltreffende en voldoende implementering van ontwikkelingsprojekte is nie. Die gevolgtrekking is dat die “menslike faktore” uiteindelik die sukseskoers van die ontwikkelingsprojekte bepaal. Die menslike faktore beskryf die eienskappe van individue binne ‘n gemeenskap, soos verantwoordelikheid, toewyding, aanspreeklikheid, motivering en integriteit. Uit hierdie studie is dit duidelik dat ‘n betekenisvolle aantal Basotho voldoende in ‘n verskeidenheid van vaardighede opgelei is, maar steeds ‘n onvoldoende vlak van motivering, verantwoordelikheid en betrokkenheid ten opsigte van die ontwikkelingsprojekte toon. Die gevolg is die mislukking van volhoubare ontwikkelingsprojekte. Die belangrikste gevolgtrekking wat uit hierdie navorsing gemaak word is dat, ten spyte van die tekortkominge wat uit die menslike faktore in projekimplementering spruit, die Vredeskorps-organisasie betekenisvol tot die verbetering van openbare dienslewering in Lesotho bygedra het. Dit is hoofsaaklik die voorsiening van onderrig en opleiding aan die Basotho. Die organisasie is dus selfversekerd om in die toekoms voort te gaan om ontwikkelingsondersteuning aan te bied. Vir groter invloed op die verbetering van die Basotho se lewens, word daar egter aanbeveel dat die Vredeskorps, eerstens, die ontwikkelingsprojekte herstruktureer om dit met dinamiese veranderinge in wêreldwye en plaaslike ontwikkelingsvelde in lyn te bring. Tweedens, moet beide die Vredeskorps en die Basotho self belê in die ontwikkeling van die menslike faktore in die gemeenskap, om volhoubare resultate te genereer. Hierdie ondersoek kan waardevolle inligting verskaf aan die Vredeskorps-organisasie wêreldwyd, ander internasionale vrywilligerorganisasies, en betrokke regerings, ministeries of departemente wat vir openbare dienslewering verantwoordelik is, oor die ontwerp en implementering van programme om lewens in die gemeenskap te verbeter.