Industrial Psychology
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Industrial Psychology by Subject "Call centre"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Personality traits and resilience as predictors of job stress and burnout among call centre employees(University of the Free State, 2009) Lamb, Shannon; Bester, C. L.; Kotze, M.Afrikaans: Navorsing het aangetoon dat personeellede van Oproepsentra hoë vlakke van werkstres en uitbranding ervaar as gevolg van die werksvereistes wat met hulle werk gepaard gaan. Werknemers het dikwels geen beheer oor hulle werkomgewings en eksterne faktore wat hulle werkprestasie en werkstevredenheid beïnvloed nie. Hulle kan egter bepaalde interne bronne soos spesifieke persoonlikheidsfaktore ontwikkel en benut wat hulle in staat kan stel om hulle werkstres meer effektief te bestuur. Die doelwitte van die studie was om die vlak van werkstre en uitbranding van werknemers van 'n oproepsentrum te bepaal en om spesifieke persoonlikheidsfaktore te identifiseer wat as geldige voorspellers van werknemers van 'n oproepsentrum se vermoë om werkstres en uitbranding effektief te bestuur, kan dien. Verskeie studies het gefokus op die verband tussen persoonlikheid, werkstres en uitbranding, maar die Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en veerkragtigheid as voorspellers van werkstres en uitbranding het nie voldoende aandag geniet nie. Niewaarskynlikheidsteekproefneming en spesifiek toevallige steekproefneming in 'n oproepsentrum in Bloemfontein, Suid-Afrika is gebruik. Die betrokke oproepsentrum is 'n ongebonde, skuldinvorderingsoproepsentrum met kliënte in Suid-Afrika en aangrensende state. 'n Totaal van 187 werknemers van die oproepsentrum het aan die studie deelgeneem. Die respondente was hoofsaaklik swart, vroulik, alleenlopend, Suid-Sotho sprekend, tussen die ouderdomme 21 tot 25 jaar, beskik oor 'n graad 12-kwalifikasie en het vir minder as 'n jaar diens. Die meetinstrumente wat in die studie gebruik is, is die Internasionale Persoonlikheidsitempoel, die Veerkragtigheidskaal, die Maslach Uitbrandingsvraelys (Menslike diensopname) en die Ervaring van Werk- en Lewensomstandighede-vraelys. 'n Meerveranderlike stapsgewyse regressieontleding is as statistieke tegniek gebruik om die resultate te verwerk. Respondents exhibited a high level of job stress, an average level of emotional exhaustion, a high level of depersonalization and a low level of personal accomplishment. Die respondente het 'n hoë vlak van werkstres, 'n gemiddelde vlak van emosionele uitputting, en hoë vlak van depersonalisasie en en lae vlak van persoonlike prestasie getoon. en Beduidende lineêre verband is gevind tussen spesifieke Groot Vyf persoonlikheidsfaktore en werkstres, naamlik emosionele stabiliteit en openheid tot ervaring. enBeduidende lineêre verband is ook identifiseer tussen pligsgetrouheid en sekere dimensies van uitbranding, naamlik emosionele uitputting en depersonalisasie. Veerkragtigheid en meer spesifiek aanvaarding van self en die lewe is geïdentifiseer as en geldige voorspeller van depersonalisasie, endimensie van uitbranding. Pligsgetrouheid, inskiklikheid en veerkragtigheid is geïdentifiseer as geldige voorspellers van persoonlike prestasie, en dimensie van uitbranding. Toekomstige navorsing in hierdie verband moet gedoen word met enmeer verteenwoordigende steekproef van oproepsentra in Suid-Afrika sodat die resultate na oproepsentra oor die algemeen veralgemeen kan word. Die persoonlikheidsfaktore wat in hierdie studie as geldige voorspellers van die doeltreffende bestuur van werkstres en uitbranding geïdentifiseer is, kan kan gebruik word vir keurings- en opleidingsdoeleindes in oproepsentra.