Industrial Psychology
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Industrial Psychology by Subject "Achievement motivation"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Geslagsverskille in persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanankers by entrepreneurs(University of the Free State, 1999) O'Neil, John Wesley; Bester, C. L.Afrikaans: In die laat sestiger-jare het die Suid-Afrikaanse ekonomie begin stagneer en die agteruitgang het voortgeduur tot vandag. Sedert die middel-sewentigs het die ekonomie in die VSA beweeg van 'n "bestuursekonornie" na 'n "entrepreneursekonomie" . Die totale aantal poste in die VSA het in die dekade van 1974 tot 1984 met 24 miljoen gegroei. Sedert die 1960's het werkskepping en ekonomiese groei verskuif van die groot vervaardigingsektor na die medium- en kleinsakesektor. Klein ondernemings omvat ongeveer 75% van die Japannese en 50% van die Amerikaanse ekonomie. In Suid-Afrika het die regering op alle vlakke van die ekonomie ingemeng, tot die verlies van die totale ekonomie. Selfs die blanke bevolking is so beïnvloed deur die idee van die "Totale Aanslag" en die afweer daarvan, dat min of geen aandag geskenk is aan die ontwikkeling van klein ondernemings of entrepreneurs. Volgens verskeie outeurs is entrepreneurskap egter 'n komplekse begrip en pogings om aan die hand van die psigologiese eienskappe . van die entrepreneur die begrip te verstaan, het die begrip nog meer' kompleks gemaak. Volgens die literatuur is dit ook duidelik dat daar nie ooreenstemming is oor die psigologiese eienskappe van die entrepreneur nie en selfs nie eens oor wat entrepreneurskap is nie. Dit kan duidelik gesien word uit die gebrek aan navorsing oor vroulike entrepreneurs asook die psigologiese eienskappe van vroulike entrepreneurs. Slegs deur navorsing kan entrepreneurskap asook die eienskappe van die entrepreneur beter verstaan word. Sodoende kan die psigologiese eienskappe van entrepreneurs asook die regte klimaat vir entrepreneurskap beter ontwikkel word, Uit die literatuur is dit ook duidelik dat die identifisering van psigologiese eienskappe van manlike en vroulike entrepreneurs baie belangrik is vir voorspelling van entrepreneurspotensiaal en die ontwikkeling van die eienskappe by nie-entrepreneurs of toekomstige en trepreneurs. In dié studie is daar gevolglik gepoog om 'n vergelyking te tref tussen manlike en vroulike entrepreneurs om te bepaal of daar enige statisties beduidende verskille bestaan tussen die twee geslagte t.O.V. persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies. In die literatuurstudie is aandag geskenk aan entrepreneurskap asook die sosiale en psigologiese eienskappe van entrepreneurs, persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies. In elke hoofstuk van die literatuurstudie is daar gepoog om so 'n wye teoretiese agtergrond as moontlik weer te gee asook om telkens die verband aan te toon tussen manlike en vroulike entrepreneurs. Daar is in hierdie studie van opnamevraelyste gebruik gemaak om navorsingsinligting oor die 81 proefpersone in te samel. Meer spesifiek is van die Loopbaanoriëntasievraelys van Schein (1990), die 16 Persoonlikheidsvraelys (16- PF) van Cattell, die Prestasiemotiveringsvraelys (PMV)en 'n selfontwikkelde biografiese vraelys gebruik gemaak om die inligting in te samel. Die statistiese tegnieke, die ongepaarde ttoets en stapsgewyse diskriminantanalise, is gebruik om die verskille tussen manlike en vroulike entrepreneurs t.o.V. persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies aan te dui. Daar is bevind dat daar wel statisties beduidende verskille is tussen manlike en vroulike entrepreneurs t.O.V. persoonlikheid en loopbaanoriëntasies. Uit die resultate is gevind dat vroulike entrepreneurs meer geneig is om risiko's te neem as manlike entrepreneurs. Verder blyk dit dat manlike entrepreneurs statisties beduidende hoër tellings verkry op die Lewenstylintegrasieloopbaanoriëntasie as vroulike entrepreneurs. Tog is die oriëntasie een van die loopbaanoriëntasies wat deur vroulike entrepreneurs verkies word. Dit blyk verder dat die drie konstrukte naamlik, persoonlikheid" prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies in kombinasie as goeie. voorspellers dien van groeplidmaatskap van manlike en vroulike en trepreneurs. Opsommend blyk dit dat daar wel verskille is tussen manlike en vroulike entrepreneurs t.O.V. persoonlikheid, prestasiemotivering en loopbaanoriëntasies. Die verskille is egter nie so groot soos wat dit in die literatuur blyk te wees nie. Verskeie verskille tussen die resultate van die studie en data soos dit in die literatuur voorkom is ook geïdentifiseer, wat verdere navorsing noodsaaklik maak.