Doctoral Degrees (Economics and Finance)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Economics and Finance) by Subject "Domestic relations"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Intra-household decision-making and family public goods: survey and experimental evidence from South Africa(University of the Free State, Jan-17) Guvuriro, Sevias; Booysen, FrederikAfrikaans: Besluitneming binne huishoudings is belangrik ten einde verskeie ontwikkelingsdoelwitte te bereik, ingesluit investering in familie openbare goedere en die gepaardgaande ontwikkelings uitkomste, soos die verkryging van opleiding, beter gesondheid en algehele welsyn van families. Die verwesenliking van hierdie ontwikkelingsimpakte van investering in familie openbare goedere vereis ‘n behoorlike begrip van gender dinamika, ekonomiese bemagtiging en samewerking tussen generasies in die neem van besluite binne huishoudings. Hierdie tesis stel ten doel om die rol van intra-huishoudingsbesluitneming in investering in familie openbare goedere in Suid-Afrika vas te stel. Die studie gebruik data van ‘n Suid-Afrikaanse opname en voer ‘n veldeksperiment in twee arm gemeenskappe uit. Beskrywende statistiese ontledings is aangewend om verwantskappe tussen sleutelveranderlikes te bestudeer. Regressie analise is gebruik vir verdere in-diepte ontledings. Die eerste sleutelbevinding van hierdie studie dui spesifiek op die nodigheid van geslagsgebaseerde ekonomiese bemagtigingsbeleid. Die studie bevind dat geslagsongelykheid binne pare (heterogamie) en die breër bevolking van volwassenes steeds ‘n realiteit is. Alhoewel die finansiële en ekonomiese besluitnemersrol deur vroue oorheers word, bly hul rol hoofsaaklik ondergeskik, ‘n verdere teken van geslagsongelykheid. Wanneer vroue egter ekonomies bemagtig word, neem hul besluitnemingsgesag toe en gelyktydig soook uitgawes op familie openbare goedere. Selfs wanneer vroue slegs bemagtig word met besluitnemingsgesag, maar nie ook ekonomies nie, word steeds meer op familie openbare goedere spandeer. ‘n Tweede bevinding daarteenoor staan ook in die algemeen ekonomiese ontwikkelingsbeleid voor. Die studie bevind dat ekonomies bemagtigde mans meer spandeer op familie openbare goedere en dat hul verantwoordelikheid vir ekonomiese besluitneming aan hul vrouens delegeer, wie ook meer op familie openbare goedere spandeer. Die derde resultaat wat in hierdie studie waargeneem is, die skenkingseffek, is belangrik vir beleid gegewe dat die voordeel van ‘n ekonomiese geleentheid vir een familielid, hetsy in die vorm van ‘n werksgeleentheid of ontvangs van ‘n maatskaplike toelaag, na ander familielede kan afwentel. Laastens, bepaal die studie dat kommunikasie ‘n positiewe impak op samewerking tussen generasies binne uitgebreide families het, en dat gesamentlike besluitneming, wat geassosieer word met groter uitgawes op voedsel, kommunikasie vereis ten einde samewerking te weeg te bring. Beleidsgewys, plaas hierdie bevinding die fokus op voorkomende en ontwikkelingsgebaseerde maatskaplike werkprogramme wat kommunikasie binne families kan bevorder, insluitend opleiding in ouerskaps- en huweliksvaardighede.