Doctoral Degrees (Economics and Finance)

Permanent URI for this collection

Browse

Recent Submissions

Now showing 1 - 6 of 6
  • ItemOpen Access
    The impact of financial literacy on risk and time preferences and financial behavioural intentions
    (University of the Free State, 2019) Mudzingiri, Calvin; Mwamba, John W. Muteba; Keyser, Jacobus Nicolaas
    Financial literacy plays a pivotal role in influencing financial behaviour, risk preferences as well as time preferences which in turn impact on financial life outcomes of individuals such as saving and investment. There is documented evidence on variation in financial life outcomes of people with high financial literacy when compared to individuals with low levels of financial literacy. Financial literacy is also weakly associated with individual cognitive ability, which makes it important to examine its relationship with financial behaviour, risk preferences, time preferences and individual characteristics. This study explores the impact of financial literacy on risk preferences, time preferences and financial behaviour of university students. It seeks to examine whether there are differences in financial behaviour, confidence level, risk preferences and time preferences of university students with high financial literacy when compared to those students with low financial literacy. It also investigates the determinants of financial behaviour of university students. The data used in the study was gathered from university students enrolled in undergraduate bachelor of commerce degrees at University of the Free State in South Africa. Data was collected by way of a questionnaire, multiple price list time preferences and risk preferences experimental tasks, financial literacy test as well as a binary choice time preference task. All students that scored a financial literacy test mark above average were categorised as high financial literacy group while those who score a financial literacy test mark below average were classified as low financial literacy group. The study examined descriptive statistics, used t-test and regression models in the analysis of data. Our analysis was split along financial literacy and gender. First, the study found out that financial literacy is associated with risk preferences and time preference choices of university students with low levels of financial literacy. The research also concluded that indecisiveness or indifference shown by multiple switching on risk preferences and time preference choice options increases as financial literacy decreases. The paper also found low levels of financial literacy among university students. Second, the study found out that financial behaviour, confidence, risk preferences and time preferences significantly differ between university students with low financial literacy when compared to students with high financial literacy. Low financial literacy level university students were found to be more risk loving, overconfident and more impatient compared to university students with high financial literacy. The research also concluded that confidence, risk preferences and financial literacy perceptions are significantly related to financial behaviour of categorised university students. Third, the study findings show that financial literacy is associated with a patient behaviour, that is, a low discount rate in university students. Highest level of education in a household was also found to be significantly related to time preferences of university students, showing a positive externality of education. Finally, the research concluded a reverse causality between financial literacy and time preferences. The study results show that financial literacy education benefits more university students with low levels of financial literacy than university students with high financial literacy. Providing financial literacy reduces mistakes in making risk preference and time preference choices by university students. Availing financial literacy can provide the right dose of confidence, risk aversion and patience in university students.
  • ItemOpen Access
    The depth of financial integration and its effects on financial development and economic performance of the SACU countries
    (University of the Free State, May-08) Aziakpono, Meschach Jesse; Burger, Philippe; Du Plessis, Stan
    Afrikaans: Die studie ondersoek die verhouding tussen finansiële integrasie, finansiële ontwikkeling en ekonomiese groei in die SADU lande. Die empiriese analise begin met 'n ondersoek na die graad van finansiële integrasie in elk van die SADU lande, deur 'n battery van toetse te gebruik. Die resultaat verskaf in alle opsigte oorweldigende bewyse wat aantoon dat die finansiële sektore van die SADU lande individueel hoogs geïntegreer is en dat dit toeneem. Die aanwysers beklemtoon ook 'n duidelike asimmetrie in die kapitaalvloei tussen die banke en die SADU lande, met die kapitaalvloei betekenisvol ten gunste van Suid-Afrika en Namibië in vergelyking met die ander lande. Dit word toegeskryf aan die onderliggende eienskappe van hierdie lande, spesifiek hul swak institusionele ontwikkeling. Die resultate bevestig verder Suid-Afrika se dominante rol in die SADU. Die rentekoersanalises dui ook ondubbelsinnig op 'n hiërargie van die integrasie van die finansiële stelsels van elke lidstaat met die van Suid-Afrika. Namibië is bo-aan die lys, gevolg deur Swaziland, Lesotho en Botswana, in daardie volgorde. Die resultate dui verder ook aan dat die heersende integrasie tussen die finansiële stelsels voortspruit uit beide beleidkonvergensie en markkonvergensie. Die resultate toon egter ook dat, behalwe in Namibië, daar beperkte aktiwiteite tussen die lande bestaan, wat die gevolg kan wees van beide swak institusionele ontwikkeling en beperkte beleggingsgeleenthede, en die onvermoë van beleggers om sodanige geleenthede in die kleiner lande te verken. Die empiriese analise van die verhouding tussen finansiële ontwikkeling, finansiële integrasie en ekonomiese prestasie, wat gebaseer is op ko-integrasie en foutkorrigerende modelleringstegnieke deur die Johansen-benadering te gebruik, verskaf gemengde resultate tussen die SADU lande. By die verhouding tussen finansiële ontwikkeling en uitsetgroei varieer die resultate van land tot land en hang dit van die maatstaf van finansiële ontwikkeling wat gebruik is af. As ‘n geheel verleen die resultaat 'n mate van ondersteuning aan aanbod-leidende finansies oor die SADU lande heen, soos voorgestel deur Patrick (1966). Oor die effek van FO, dui die oorwig van die bewyse op 'n negatiewe jare-lange oorsaaklike effek van finansiële ontwikkeling op die uitsetvlak in die SADU lande, veral as die kredietaanwyser gebruik word. Die toetse vir die effek van die deposito-aanwyser op die uitsetvlak was grootliks onoortuigend, met die uitsondering van Swaziland, waar 'n robuuste positiewe effek gevind is. Die swak effek van finansiële ontwikkeling op ekonomiese groei word toegeskryf aan ondoeltreffendhede in die kredietallokasiemeganisme, weens swak regulasies, banktoesighouding en onderontwikkelde finansiële stelsels asook politieke, institusionele en strukturele probleme in party van die lande. Die resultate bevestig verder 'n langtermyn verhouding tussen finansiële ontwikkeling en finansiële integrasie oor die SADU lande heen. Die resultate bevestig ook 'n sterk terugvoer-verhouding tussen finansiële ontwikkeling en finansiële integrasie oor die lande heen. In alle opsigte is die effek van finansiële integrasie op finansiële ontwikkelinge en vice versa dubbelsinnig en dit varieer oor die SADU lande heen. Bykomend tot die variasie oor die lande heen, hang die bewyse af van die soort kapitaalvoorraad en die maatstaf wat vir finansiële ontwikkeling gebruik is. Dit is derhalwe moeilik om in die algemeen te beslis of finansiële integrasie 'n aanvulling of plaasvervanger vir finansiële ontwikkeling oor die SADU heen is. Laastens toon die resultate aan dat uitset oorheersend endogeen in die vier lande is, terwyl finansiële integrasie hoofsaaklik eksogeen is. Dit suggereer 'n beperkte terugvoerverhouding vanaf uitsette na finansiële integrasie. Wat die effek van finansiële integrasie op die uitsetvlak betref is die resultate gemeng; die effekte varieer van land tot land en hang van die soort kapitaal af. Die effek van Direkte Buitelandse Investering was negatief in Botswana, positief in Suid-Afrika, maar dubbelsinnig in Swaziland. Die verhouding van buitelandse bates van banke het 'n dubbelsinnige effek in Botswana, Lesotho en Suid-Afrika, terwyl geen effek in Swaziland bespeur is nie. Laastens het die verhouding van buitelandse laste 'n positiewe effek in Lesotho en Swaziland, en 'n negatiewe effek in Suid-Afrika, terwyl die effek in Botswana dubbelsinnig is.
  • ItemOpen Access
    Intra-household decision-making and family public goods: survey and experimental evidence from South Africa
    (University of the Free State, Jan-17) Guvuriro, Sevias; Booysen, Frederik
    Afrikaans: Besluitneming binne huishoudings is belangrik ten einde verskeie ontwikkelingsdoelwitte te bereik, ingesluit investering in familie openbare goedere en die gepaardgaande ontwikkelings uitkomste, soos die verkryging van opleiding, beter gesondheid en algehele welsyn van families. Die verwesenliking van hierdie ontwikkelingsimpakte van investering in familie openbare goedere vereis ‘n behoorlike begrip van gender dinamika, ekonomiese bemagtiging en samewerking tussen generasies in die neem van besluite binne huishoudings. Hierdie tesis stel ten doel om die rol van intra-huishoudingsbesluitneming in investering in familie openbare goedere in Suid-Afrika vas te stel. Die studie gebruik data van ‘n Suid-Afrikaanse opname en voer ‘n veldeksperiment in twee arm gemeenskappe uit. Beskrywende statistiese ontledings is aangewend om verwantskappe tussen sleutelveranderlikes te bestudeer. Regressie analise is gebruik vir verdere in-diepte ontledings. Die eerste sleutelbevinding van hierdie studie dui spesifiek op die nodigheid van geslagsgebaseerde ekonomiese bemagtigingsbeleid. Die studie bevind dat geslagsongelykheid binne pare (heterogamie) en die breër bevolking van volwassenes steeds ‘n realiteit is. Alhoewel die finansiële en ekonomiese besluitnemersrol deur vroue oorheers word, bly hul rol hoofsaaklik ondergeskik, ‘n verdere teken van geslagsongelykheid. Wanneer vroue egter ekonomies bemagtig word, neem hul besluitnemingsgesag toe en gelyktydig soook uitgawes op familie openbare goedere. Selfs wanneer vroue slegs bemagtig word met besluitnemingsgesag, maar nie ook ekonomies nie, word steeds meer op familie openbare goedere spandeer. ‘n Tweede bevinding daarteenoor staan ook in die algemeen ekonomiese ontwikkelingsbeleid voor. Die studie bevind dat ekonomies bemagtigde mans meer spandeer op familie openbare goedere en dat hul verantwoordelikheid vir ekonomiese besluitneming aan hul vrouens delegeer, wie ook meer op familie openbare goedere spandeer. Die derde resultaat wat in hierdie studie waargeneem is, die skenkingseffek, is belangrik vir beleid gegewe dat die voordeel van ‘n ekonomiese geleentheid vir een familielid, hetsy in die vorm van ‘n werksgeleentheid of ontvangs van ‘n maatskaplike toelaag, na ander familielede kan afwentel. Laastens, bepaal die studie dat kommunikasie ‘n positiewe impak op samewerking tussen generasies binne uitgebreide families het, en dat gesamentlike besluitneming, wat geassosieer word met groter uitgawes op voedsel, kommunikasie vereis ten einde samewerking te weeg te bring. Beleidsgewys, plaas hierdie bevinding die fokus op voorkomende en ontwikkelingsgebaseerde maatskaplike werkprogramme wat kommunikasie binne families kan bevorder, insluitend opleiding in ouerskaps- en huweliksvaardighede.
  • ItemOpen Access
    The impact of the proposed new capital adequacy framework on credit risk management practices of South African banks
    (University of the Free State, Nov-02) De Beer, Jesse Ada; Van Zyl, H.
    Afrikaans: Die omvang van risiko’s in die finansiële dienste-industrie is groter as ooit tevore in die huidige omgewing van globalisering en toenemende mededinging. Om in pas te bly met veranderings in die risiko omgewing sowel as met die nuutste ontwikkelings in risiko- bestuurspraktyke, word aansienlike uitdagings aan beide banke en bankreguleerders gestel. Vir banktoesighouers is die grootste uitdaging om ‘n benadering tot kapitaalregulering te ontwikkel wat vir ‘n diverse en dinamiese omgewing geskik is. Vir finansiële instellings is die grootste uitdaging om verbeterings in risikometing en bestuurspraktyke op ‘n sistematiese wyse te implementeer en terselftertyd konsepsuele probleme rakende risiko-modelspesifikasie en databeperkings te hanteer. Die Nuwe Kapitaal Reguleringsraamwerk, soos voorgestel deur die Baselse Komitee is ‘n poging om hierdie uitdagings aan te spreek. Die voorgestelde nuwe Baselse Ooreenkoms is ‘n sleutelinisiatief om bankveiligheid en gevolglik ook stabiliteit in die finansiële sektor te versterk. Dit is beide ‘n verreikende en ambisieuse hervorming gemik op die belyning van regulerende kapitaalvereistes en ekonomiese risiko. Die nuwe kapitaalraamwerk hou besliste voordele in bo die bestaande benadering. Die voorstel beweeg weg van ‘n “one size fits all” benadering tot die toesighoudende benadering tot kapitaalvereistes. In plaas van die gebruik van slegs een opsie vir die berekening van kapitaalvereistes, bestaan daar nou ‘n keuse tussen ‘n verskeidenheid benaderings tot die berekening en bestuur van kapitaal. Banke wat ‘n gesofistikeerde benadering tot risikometing en -bestuur volg, sal uit laer kapitaalvereistes kan voordeel trek. Die implementering van die voorgestelde Baselse Ooreenkoms sal verreikende implikasies vir beide individuele banke en finansiële markte inhou. Die implementering van die voorgestelde Baselse ooreenkoms sal egter verskeie uitdagings daarstel, veral in ‘n ontluikende markte konteks. Die doel van hierdie studie is om die uitdagings wat die implementering van die voorgestelde kapitaal ooreenkoms aan Suid- Afrikaanse banke en banktoesighouers stel, te identifiseer. Die mate waartoe Suid-Afrikaanse banke en banktoesighouers voorbereid is om hierdie uitdagings die hoof te bied, word ook aangespreek. Die studie konsentreer op die kredietrisikovoorstelle van die nuwe Kapitaal Ooreenkoms, asook die impak van hierdie voorstelle op Suid-Afrikaanse banke se krediet- risikobestuurspraktyke. ‘n Oorsig van die struktuur van die Suid-Afrikaanse bank sektor word teen die agtergrond van die gesofistikeerde en effektiewe Suid-Afrikaanse finansiële markte gegee en die kwesbaarheid van Suid-Afrika se status as ‘n ontluikende mark word ook aangetoon. Kwanitatiewe indikatore van die veiligheid van ‘n finansiële sektor, soos verskeie aanduiders van kredietrisiko en kapitaaltoereikendheid word gegee. Die studie sluit ook ‘n oorsig in van Suid-Afrikaanse banke se benadering tot kredietrisikobestuur, sowel as die toesighoudende benadering van die Bank Toesighoudings Departement van die Suid-Afrikaanse Reserwebank. Hoewel Suid-Afrikaanse banke ‘n gesofistikeerde benadering tot kredietrisikobestuur en kredietrisikograderings volg, voldoen huidige risiko graderingstelsels nie aan al die vereistes gestel deur die Baselse Kommitee om vir die interne graderingsbenadering (“IRB”) vir die berekening van kapitaalvereistes te kwalifiseer nie . Verskeie waarnemers waarsku dat belangrike voorvereistes vir die suksesvolle implementering van belangrike komponente van die Baselse Ooreenkoms in verskeie ontluikende markte afwesig is. Die resultate van hierdie studie dui daarop dat dit nie die geval in Suid-Afrika is nie. Die FSAP missie beskou Suid-Afrikaanse banktoesighouers as bekwaam en effektief. Die faktore wat die effektiwiteit van minimum kapitaalvereistes in die bevordering van bank veiligheid en stabiliteit in verskeie ontluikende markte bemoeilik, is skynbaar afwesig in die Suid-Afrikaanse banksektor. Hierdie faktore sluit die gebrek aan ‘n likiede kapitaalmark in, wat dit moontlik maak om “lae kwaliteit” kapitaal te verkry, asook ‘n gebrek aan beleidsmaatreëls soos voorsiening vir leningsverliesregulasies wat minimum kapitaalvereistes komplimenteer. Die regulerende raamwerk ten opsigte van Suid-Afrikaanse banke is inderdaad onlangs gewysig ten einde dit in ooreenstemming met internasionale praktyke te bring en om enige beperkings, soos aangedui deur die FSAP, aan te spreek. Implementering van die voorgestelde Baselse Ooreenkoms verteenwoordig nuwe terrein vir Suid-Afrikaanse bankreguleerders, insluitende die evaluering van banke se interne risiko- graderingstelsels. Suid-Afrikaanse bankreguleerders het reeds begin met spesifieke maatreëls om uitdagings, gestel deur die implementering van die nuwe Ooreekoms die hoof te bied. Suid-Afrikaanse banke het ook reeds met voorbereidings vir die implementering van die nuwe Ooreenkoms begin. Al die banke wat in die steekproef ingesluit is, het aangedui dat hulle beplan om die gevorderde interne risikograderingsbenadering (“advanced IRB”) te volg. Die huidige gesofistikeerde benadering tot kredietrisikobestuur en die gebruik van gesofistikeerde modelle in hierdie verband, verteenwoordig ‘n waardevolle platform vir die implementering van die IRB benadering. Die huidige struktuur van Suid-Afrikaanse banke se interne risiko- graderings en die algemene benadering tot die toekenning van risikograderings voldoen egter nie aan al die vereistes gestel deur die Basel Komitee vir kwalifisering vir die gebruik van die interne risiko-graderingsbenadering nie en verskeie wesenlike logistiese uitdagings bly oor. Oor die algemeen blyk dit dat Suid-Afrikaanse banke ‘n gesofistikeerde benadering tot kredietrisikobestuur volg, in ooreenstemming met internasionale standaarde. Die bevindinge van die studie dui daarop dat die groot Suid-Afrikaanse banke die uitdagings voortspruitend uit veraderings in die krediet risiko omgewing aanvaar en reeds geruime tyd besig is met die indentifisering, ontwikkeling en implementering van gesofistikeerde kredietrisiko-modelle en die organisatoriese konteks vir portefeulje-georiënteerde kredietrisikobestuur. Die studie het ook die huidige benadering van Suid-Afrikaanse banke tot interne krediet risikograderings geskets en verskeie internasionale vergelykings getref. Oor die algemeen lyk dit of Suid-Afrikaanse banke se risikograderings praktyke in lyn is met hulle internasionale eweknieë. Die gebrek aan betroubare langtermyn data rakende banklenings is ‘n sleutel uitdaging vir alle gebruikers van interne krediet-gradering stelsels wêreldwyd. Gebruikers sluit in bank- toesighouers wat die risikograderingstelsels moet evalueer vir regulerende kapitaalvereistes. Die gebrek aan sodanige data het negatiewe implikasies vir die vermoë van banke om effektiewe graderingsinstrumente te ontwikkel. Dit bemoeilik ook die verifikasie van die akkuraatheid van banke se gradering stelsels, ten einde onder andere betroubare kwantitatiewe beanderings van waarskynlikheid van wanbetaling te bereken. Al hierdie toepassings is belangrik, nie net uit die oogpunt van banke nie, maar ook uit die oogpunt van bankreguleerders (spesifiek in die lig van die voorstelle om banke se interne risikograderings vir regulerende kapitaalvereistes te gebruik). Die empiriese studie beklemtoon veral op een aspek waar die huidige Suid-Afrikaanse bankpraktyke agterweë bly by internasionale praktyke: die bekendmaking van inligting rakende krediet- risikomodelering en veral kredietrisikograderingstelsels. Dit verteenwoordig ‘n sleutel aspek wat aangespreek behoort te word alvorens die IRB benadering suksesvol geïmplementeer kan word. Behalwe die implemteringsuitdagings in individuele lande, bestaan daar kommer oor die impak van die nuwe Baselse Ooreenkoms op die stabiliteit van wêreldwye finansiële stelsels. Spesifieke faktore wat hierby ingesluit word, is die vrae oor die impak op kapitaalvloeie na ontluikende markte en die potensiële pro-sikliese impak van die nuwe Baselse Ooreenkoms. Die behoefte aan verhoogde koördinasie binne die internasionale gemeenskap ten opsigte van die agenda vir verandering in ’n toenemend geïntegreerde internasionale finansiële stelsel word uitgelig.
  • ItemOpen Access
    Poverty and migration in a transformed South Africa
    (University of the Free State, Jan-16) Pool, Antonie; Booysen, Frederik le Roux
    Afrikaans: Ten spyte daarvan dat armoede die fokus van baie streeks-, nasionale en internasionale beleidsraamwerke is, leef 54% van die Suid-Afrikaanse bevolking steeds in armoede. Onderwyl dit moeilik is om aan armoede te ontkom, is dit ’n groter uitdaging om die oordrag van armoede tussen generasies te verbreek. Individue en huishoudings wend hulle tot metodes soos migrasie om uit die armoedekringloop te ontsnap. Die doel van die studie was die bestudering van die verband tussen armoededinamika en migrasie in ’n getransformeerde Suid-Afrika. ’n Tweeledige benadering is in die studie gebruik om hierdie verbande te ondersoek. Die eerste benadering het ondersoek ingestel na interhuishoudingsdinamika deur op armoede en die oordrag van intergenerasie-armoede vanaf kern- na dinastiehuishoudings te fokus. Die eerste benadering het ook ondersoek ingestel na migrasie en geldsendings (oordragte) in kern- en dinastiehuishoudings en die invloed daarvan op armoede in dinastiehuishoudings. Die tweede benadering het intradinastiehuishoudingsdinamika verken deur kern- en nie-kernlede in dinastiehuishoudings te vergelyk. Die invloed van die kenmerke van kern- en nie-kernlede op die welsyn van dinastiehuishoudings is ook in hierdie benadering ondersoek. Om hierdie doelwitte te bereik, het die studie gebruik gemaak van die data van die KwaZulu-Natal Income Dynamics Study (KIDS). Die bevindinge van die eerste analitiese benadering dui daarop dat post-apartheid dinastiehuishoudings beter daaraan toe is as hul kern-eweknieë vanweë die hoër gemiddelde en mediaanvlakke van huishoudelike besteding, asook die laer vlakke ten opsigte van die voorkoms, die diepte en die felheid van armoede. Die analise bied bewyse vir die voorkoms van intergenerasie-oordrag van armoede by huishoudings in KwaZulu-Natal. Die waarskynlikheid dat ’n dinastiehuishouding arm sal wees, neem met 40.3% toe indien die huishouding ’n kroniese armoede-agtergrond het. Die bevindinge dui ook op die relatief hoër mobiliteit van kernhuishoudings in die post-apartheid era as vroeër in die laat-apartheid era. Hierdie studie bevestig ook dat migrasie ’n huishoudelike risikoverspreidingstrategie is deurdat dinastiehuishoudings uit ’n kroniese armoede-agtergrond meer waarskynlik is om te migreer, terwyl migrerende dinastiehuishoudings beduidende laer vlakke van armoede as nie-migrerende dinastiehuishoudings ondervind. Die mede-versekeringsmotief vir oordragte is ook bevestig, aangesien dinastiehuishoudings uit ’n kroniese armoede-agtergrond meer waarskynlik is om oordragte te ontvang, terwyl die armoedevlakke ook beduidend laer is in geval van dinastie-huishoudings wat oordragte ontvang. Die bevindings van die tweede analitiese benadering onthul die belangrikheid van intrahuishoudelike dinamika rakende armoede in dinastiehuishoudings. Die bevindings laat blyk dat kern-individue deurslaggewend is vir die voortbestaan van dinastiehuishoudings en waarskynlik ook meer mag bydra tot armoedeverligting in sodanige huishoudings as niekernlede gegewe hul hoër vlakke van opleiding, sosiale kapitaal, arbeidsmarkdeelname en indiensname, asook groter betrokkenheid by oordragte en die ontvangs van maatskaplike toelaes. Die bevindinge van die tweede benadering suggereer ook dat die sosiale kapitaal van familielede belangrik is vir armoedeverligting. Die studie dra by tot die literatuur oor armoede in soverre dit ondersoek instel, enersyds na die verband tussen armoede en armoededinamika en andersyds tussen migrasie en oordragte. Die studie dra ook by tot die literatuur rakende migrasie en oordragte en dra by tot ons begrip van die verband tussen migrasie en die armoededinamika in Suid-Afrikaanse huishoudings.
  • ItemOpen Access
    The development status of women in South Africa: patterns, progress and profiles
    (University of the Free State, 2009/02/06) Booysen-Wolthers, Annelize; Fourie, F. C. v. N.; Botes, L. J. S.
    Afrikaans: ‘n Soeke na redes vir die voortgesette onderskeiding van vroue as synde die armstes onder die armes, ongeag ontwikkelingspogings oor dekades, gee noodwendig aanleiding tot die behoefte om vroue se ontwikkelingstatus te evalueer. In die geval van Suid-Afrika met sy progressiewe geslagsgelykheidsbeleide, getuig sodanige evaluering ook van die sukses waarmee die integrasie van genderaangeleenthede in die samelewing neerslag gevind het in die welsyn van vroue. Die ontwikkelingstatus van vroue in Suid-Afrika, asook die veranderinge in hierdie verband tussen 1996/98 en 2001/3, staan sentraal in hierdie studie. ‘n Gender-gedisaggregeerde aanpassing van die Menslike Ontwikkelingsindeks (MOI) (Engels: Human Development Index – HDI) is ontwikkel en toegepas op Suid-Afrikaanse nasionale en provinsiale data ten einde verskille in die veranderingsvlakke en –koerse van vroue se ontwikkelingstatus vergeleke met dié van mans te bepaal. Die ontwikkelingsgebiede waarop die MOI gebaseer is, is ondersoek om areas wat besonder swak vaar ten opsigte van vroulike ontwikkelingstatus te identifiseer. Die meting van Suid-Afrikaanse vroue se welsyn is uitgebrei deur die MOI-gebaseerde meetinstrumente aan te vul met die Genderontwikkelingsindeks (Engels: Gender Development Index – GDI), die Genderbemagtigingsmaatstaf (Engels: Gender Empowerment Measure – GEM), asook met twee indikatore van ‘magstatus’ – die Besluitnemingsindeks (Engels: Decision-Making Index – DMI) en die Drempelmaatstaf van Vrouestatus (Engels: Threshold Measure of Women’s Status – TMWS). Elk van hierdie indekse bied slegs een perspektief op vroue se ontwikkelingstatus wat ‘n gefragmenteerde beeld verskaf. Ten einde ‘n breër-gebaseerde, holistiese beeld van vroue se welsyn te voorsien, word voorgestel dat ‘n stel indekse gekombineer word in ‘n metingsraamwerk, genaamd die Vroue-ontwikkelingstatusprofiel (Engels: Women’s Development Status Profile – WDSP). Hierdie evaluering van vroue se welsyn vanuit ‘n aantal perspektiewe dra by tot ‘n meer ewewigtige waardebepaling. Die bevindinge van die studie kan soos volg opgesom word: • Tussen 1996 en 2001 het die ontwikkelingstatus van Suid-Afrikaanse vroue op nasionale vlak afgeneem, in sowel absolute as (veral) relatiewe terme. • Hierdie nasionale tendens was teenwoordig dwarsoor die nege provinsies, ofskoon in wisselende mate. • Vroue woonagtig in provinsies met ‘n vooraf bestaande swak absolute ontwikkelingstatus blyk voorbestem te wees om ook ‘n swak ontwikkelingstatus relatief tot mans te hê. • Daar is ‘n kennelike verskil tussen die provinsies ten opsigte van hul absolute en relatiewe ontwikkelingsvlakke. Alhoewel provinsiale rangordepatrone nie noemenswaardig verander het tussen 1996 en 2001 nie, het inter-provinsiale prestasieleemtes ten opsigte van vroulike ontwikkelingstatus in sowel absolute as relatiewe terme gekrimp. • Onderwyl vroulike ekonomiese aktiwiteit in 1996 die vernaamste swak plek op ‘n absolute vlak was, het vroulike lewensverwagting te en 2001 te voorskyn getree as ‘n nuwe knelpunt. Werkloosheid en ongeletterdheid was die swakste punte in terme van relatiewe vroulike ontwikkeling. Die snelle afname in vroulike laerskool bruto inskrywingsratio’s tussen die twee jare verdien verdere ondersoek. • ‘n Vergelyking van die vyf gender-spesifieke indekse het die provinsiale rangordening van die Wes-Kaap en Gauteng bevestig as die beste presteerders in terme van die ontwikkelingstatus van vroue, met Limpopo as die swakste presteerder. In hierdie verband was daar by ander provinsies minder duidelike tendense te bespeur. • Die Vroue-ontwikkelingstatusprofiel (‘WDSP’) toon die relatiewe hoë ontwikkelingstatus van vroue in die Wes-Kaap en Gauteng vergeleke met ander provinsies, terwyl die vroue van Limpopo die swakste vroulike ontwikkelingstatus vir die jare 1996/98 en 2001/03 gehad het. • Die onderskeiding wat die Profiel (‘WDSP’) moontlik maak tussen ontwikkelingspotensiaal en werklike ontwikkeling onthul dat vroulike ontwikkelingspotensiaal betekenisvolle vordering gemaak het tussen 1996/8 en 2001/3, wat neerslag vind in ‘n meer ewewigtige Vroue-ontwikkelingstatusprofiel. Die beduidende afname in die werklike ontwikkelingstatus van vroue, grotendeels toe te skryf aan ‘n afname in lewensverwagting (en bes moontlik verbandhoudend met die impak van MIV/Vigs), is desnieteenstaande besonder onrusbarend. Hierdie proefskrif bied ‘n holistiese en omvattende metingsraamwerk vir die evaluering van die ontwikkelingstatus van vroue, wat hopelik sal lei tot toepaslike beleidstappe en sosiale veranderinge ten einde volhoubare ontwikkeling te verseker.