Masters Degrees (Drama and Theatre Arts)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Drama and Theatre Arts) by Subject "Arbitrary nature of conventions"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access 'n Teoretiese ondersoek na die arbitrêre aard van teaterkonvensies vir die analise van die vertoningsteks(University of the Free State, 2014-01) Strydom, Walter; Van Jaarsveld, AntheaAfrikaans: Die vervlietende, eenmalige teatervertoningsteks as produk van die teatermeduim bied uitdagings vir die akademiese analise daarvan. Teatersemiotiek se mislukking – weens sy fragmenterende, statiese en onvolledige aard – lei tot „n hernude ondersoek in die veld vir „n toepaslike benadering wat meer holistiese en akademies aanvaarbare analitiese praktyke te weeg sal bring. Die teoretiese studie ondersoek „n wetenskaplik gegronde, maar ook intuïtiewe metode vir die analise van die teatervertoningsteks op grond van die beperkinge wat die arbitrêre aard van konvensionele praktyke vir die teatergebeurtenis stel. Die voorgestelde multidissiplinêre benadering tot die analise van vertoningstekste, wat die analiseerder se intuïsie en identiteit in ag neem tesame met „n hernude aanwending van teatersemiotiek is moontlik haalbaar binne die kwalitatiewe veld. Hierdie insiggewende analitiese werkwyse kan prakties toegepas word om die doeltreffendheid daarvan te bepaal.