Mercantile Law
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Mercantile Law by Subject "Affirmative action programs -- South Africa"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access An analysis of the codes of good practice issued in terms of the Broad Based Black Economic Empowerment Act 53 of 2003(University of the Free State, 2006-11) Knoetze, Hyla Magdalena; Snyman-Van Deventer, E.; Conradie, M.English: BBBBBEE170 is an essential ingredient in facilitating the meaningful participation of blacks at all levels of the South African economy, in order to ensure sustainable socio-political and economic stability and the sustainability of the economic growth and development. BBBEE key principles • It is an ongoing process and not an event • It is a business imperative and an integral component of the company’s business strategy and is based on the core values of the organization • • It must result in meaningful and significant participation of blacks in the company and in the broader economy, through substantial changes in the racial composition of ownership, control, management structures and of skilled and specialist positions • It must lead to advantaged strategic position for the company, greater profitability, business growth and sustainable increase in stakeholder value • it is the responsibility of all management in the organisation.Item Open Access 'n Kritiese ondersoek na die leemtes van regstellende aksie-maatreëls in Suid-Afrika: 'n regsvergelykende studie(University of the Free State, 2007-11) Simpson, Lorénze Jean; Du Plessis, J. V.Afrikaans: Met die inwerkingtreding van die Grondwet van Suid-Afrika was een van die grootste oogmerke van die Grondwet die bereiking van gelykheid. Dit behels grootliks dat verskeie maatreëls aangewend moet word om ‘n algemene staat van gelykheid te bereik in elke sfeer van die samelewing. Hierdie maatreëls, beter bekend as regstellende aksie, het veral gepoog om die werkplek beter verteenwoordigend te maak van aangewese groepe. Dit het aanleiding gegee tot die inwerkingtreding van die Wet op Gelyke Indiensneming wat ten doel het om onbillike diskriminasie te verwyder en regstellende aksie maatreëls te implementeer om sodoende gelykheid te bevorder in die werkplek. Hierdie studie erken dus die belang van regstellende aksie, maar die toepassing daarvan word grootliks gekritiseer. Die leemtes wat geïdentifiseer is sluit onder andere die volgende in: Die arbitrêre toepassing van gelykheid deurdat die hof nie meer behoorlik oorweging aan billikheid skenk nie en die verkeerde toepassing en begrip van regstellende aksie deur gebruik te maak van indirekte diskriminasie soos voorheen-benadeling in plaas van neutrale gronde soos onderverteenwoordiging van die werkplek. Sommige het ook die wanpersepsie van regstellende aksie as ‘n reg en nie ‘n maatreël en ‘n verweer nie. Verder bestaan daar tans ‘n eksklusiewe toepassing van die Wet op Gelyke Indiensneming wat tot gevolg het dat nie-aangewese groepe indirek uit die arbeidsmark geskuif word. Verder val die klem te veel op indiensneming in plaas daarvan om meer aandag te gee aan werkskepping en sosio-ekonomiese ontwikkeling en opleiding. Laastens is daar ‘n groot onderwaardering van die gelyke indiensnemingsplan as instrument vir die toepassing van regstellende aksie in die werkplek. In die lig van hierdie problem is dit duidelik dat die Wet op Gelyke Indiensneming gewysig sal moet word deurdat daar duidelike billikheidskriteria neergelê moet word waaraan gelyke indiensneming moet voldoen sowel as die insluiting van nie-aangewese groepe om sodoende te verseker dat onderverteenwoordiging in alle arbeidsektore verwyder sal word. Verder sal daar meer aandag gegee moet word aan ander probleme soos ‘n gebrek aan opleiding en ontwikkeling wat indirek die sukses van regstellende aksie sal beïnvloed. Werkgewers sal ten slotte die belang en voordele van gelyke indiensnemingsplanne moet besef as ‘n instrument wat dien as beskerming sowel as ‘n riglyn vir die toepassing van gelyke indiensneming. Die hervorming van regstellende aksie en meer spesifiek gelyke indiensneming, kan moontlik ‘n meer positiewe houding en meer effektiewe toepassing in Suid-Afrika tot gevolg hê.