The Humanities
Permanent URI for this community
Browse
Browsing The Humanities by Issue Date
Now showing 1 - 20 of 980
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Die verhouding tussen intelligensie en bevolkingsgroei soos weerspieël deur die Bloemfonteinse skole(University of the Free State, 1950) De Lange, Beltzaser Johannes CarolusAbstract not availableItem Open Access Die beginsel van soewereiniteit in eie kring as waarborg vir burgervryheid in die Christelike staat(University of the Free State, 1952) Scheepers, David Johannes Jacobus; StraussAbstract not availableItem Open Access 'n Sosiologiese studie van die Bybelse interpretasie van die plek van die vrou in die gesin, kerk en staat met die oog op die bepaling van norme(University of the Free State, 1952) Fourie, Dirk Cornelius GroblerAbstract not availableItem Open Access Die wetenskapsleer van V. Hepp(University of the Free State, 1954) Kock, Pieter de BruynAbstract not availableItem Open Access Drankpagte gedurende die eerste honderd jaar van die bewind van die N.O.I.K. aan die Kaap(University of the Free State, 1955) Krause, Gideon Jacobus; Oberholster, J. J.Item Open Access 'n Ondersoek wat as voorbereiding kan dien vir die opstel van 'n toetsbattery vir die keuring van lettersetters in 'n drukkery vir tydskrif en koerant in Bloemfontein(University of the Free State, 1955) Gildenhuys, Nicolaas Johannes; Erasmus, C. P. J.Abstract not availableItem Open Access Emily Hobhouse en die naweë van die Anglo-Boereoorlog. 'n studie van altruisme en pasifisme(University of the Free State, 1956-09) Kriel, Johannes David; Uys, C. J.Afrikaans: Die besluit om 'n aspek van Emily Hobhouse se lewe en werk as proefskrif aan te bied, is deur 'n tweeledige doelstelling bepaal. Eerstens, om te verhoed dat die veelbewoë geskiedenis van hierdie groot vrouefiguur tot vergetelheid sal verval; tweedens, om die aangrypende en afgryslike verhaal van die konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog en die naweë van die stryd objektief voor te stel. Die biografiese besonderhede wat benadruk word, behoort m.i. ook nuwe lig te werp op die milieu en geslag deur Emily Hobhouse verteenwoordig. Sy het inderdaad in 'n tydperk swanger aan aangrypende gebeurtenisse geleef:Oorloë en hongersnood; epidemies en verwoesting; inflasie, emigrasie en ekonomiese insinking. Daarbenewens het sy ook die ontstaan van die massa-ideologieë van die twintigste eeu aanskou: Imperialisme in Brittanje, fascisme in Italië, nasionaal-sosialisme in Duitsland, kommunisme in Rusland en nasionalisme in Suid-Afrika. Terselfdertyd was sy ook tweemaal persoonlik ooggetuie van die verval van beskaafde volkere tot oorlog, en barbarisme. Dwarsdeur die donker tydkperk van geestelike en sedelike verval waarin Emily Hobhouse geleef het, loop haar lewe soos 'n silwerdraad. Die dramatiese in haar loopbaan is geleë in die stryd tussen lig en duisternis - die tweekamp enersyds, tussen haar eie Godgerigte lewenswandel en andersyds, die ontaarde wanskapenheid van die mens in oorlogstyd. Wat haar persoonlike lewe betref, het ek dit my nie ten doel gestel om 'n biografie in die gewone sin van die woord te lewer nie; ek het slegs die suiwer-menslike eienskappe wat rigting gegee het aan haar werk as altruïs, pasifis en maatskaplike hervormer beklemtoon. Sonder afbreek aan Ruth Fry en Annette Terblanche se werkies oor die gevierde "meisie van Engeland" te probeer doen, om dit my voor as of daardeur weinig lig op Emily Hobhouse se werklike historiese belangrikheid gewerp word. Daarom het ek onderneem om 'n gedokumenteerde studie oor juis hierdie aspek van haar lewe die lig te laat sien. 'n Doelbewuste poging is aangewend om haar plek in die Suid-Afrikaanse geskiedenis nader te bepaal. Die nuwe stof wat gebruik word, behels o.m. Emily Hobhouse se eie ongepubliseerde herinneringe, die omvattende Steyn-versameling, w.o. talle koerantberigte, asook nuusberigte uit die Leyds-, Preller- en Fisher-versamelings. Die hoofstukke "Verskroeide Aarde"-beleid en "Die Doodsengel Wink" is oorspronklik geskryf en deur my promotor gelees voor die verskyning van dr. J. C. Otto se proefskrif, "Die Konsentrasiekampe" (1954). Dr. Otto het hom hoofsaaklik verlaat op bronne in die Transvaalse Argief; hy benadruk gevolglik die Transvaalse sy van die hele aangeleentheid. Omdat dit my bedoeling en oogmerk was om veral die Vrystaatse kampe, deur Emily Hobhouse self besoek, te bespreek, het ek besluit om genoemde hoofstukke in hierdie proefskrif te behou al het dr. Otto dieselfde veld gedeeltelik gedek. Dr. Otto het ook nie Emily Hobhouse se aandeel aan die uiteindelike verbetering van die kampe aangetoon nie, omdat dit nie binne die bestek van sy verhandeling geval het nie. Dieselfde geld vir die opruiming van die kampe wat in hierdie werk - sover my bekend - vir die eerste keer behandel word. Vir hierdie hoofstukke is hoofsaaklik geput uit die Steynversameling, kontemporêre publikasies en amptelike stukke. Die sgn. "Repatriation Muddle" word slegs terloops deur skrywers soos G. B. Beak, W. Worsfold e.a. vermeld. Sover my bekend is nog nooit tevore getrag om die onderwerp volledig as 'n losstaande geheel te skets nie. Om die rede het ek onderneem om dit wetenskaplik as agtergrond vir die hooftema, Emily Hobhouse te behandel. Ek vertrou dat ek in my doel geslaag het en wel iets nuuts tot die histiografie van Suid-Afrika bygedra het.Item Open Access Die owerheidstaak(University of the Free State, 1957-02) Wessels, Francois Jakobus Hendrik; Strauss, H. J.Abstract not availableItem Open Access Stelsels van verteenwoordiging in Suid-Afrika(University of the Free State, 1958-11) Van Wyk, Adam Johannes; Wessels, F. J. H.Afrikaans: Met die opkoms van die moderne demokrasie, die toekenning van politieke medeseggenskap aan alle volwasse persone, en veral as gevolg van die opkoms van ons parlementêre stelsel met sy partyorganisasies, het die probleem van verteenwoordiging aktueel geword. Dit lewer by die Griekse stadstate geen probleem nie, aangesien elke burger direk aan die besprekings of wetgewing kon deelneem. Hier was dit slegs 'n keuse van die owerheidspersoon. Gedurende die tydperk van die Nasionale Monargië was verteenwoordiging ook van geen aktuele belang nie, aangesien die massa oor geen politieke medeseggenskap beskik het nie, en die wil van die vors as die wil van God beskou is. Namate die massa ontwikkel het en hulle lewenstandaarde verhoog is, het hulle eis om politieke medeseggenskap toegeneem. Na dié mate wat die politieke medeseggenskap na die massas uitgebrei is, het di eprobleem van verteenwoordiging dus na vore gekom. Met die opkoms van volksregerings en veral van die demokratiese gedagte van gelykheid van alle persone, is die stemreg al meer en meer uitgebrei. Stemreg is gesien as 'n gesagsreg, waardeur elke kieser sou meedoen in die daarstelling van die wette. Die owerheid ontleen dus sy gesag aan hierdie indiwidue. Weens hierdie dwaling, naamlik dat stemreg 'n gesagsreg en nie 'n keusereg is nie, is die regereing van die meerderheid in twyfel getrek, juis omdat minderhede dan ook gesagdraers is. Dit is dus noodsaaklik geag dat elke party of groep op verteenwoordiging in verhouding tot sy getalsterkte, geregtig is. Daar is dan ook verklaar dat 'n volksraad alleen verteenwoordigend van die volk kan wees, indien elke party eweredig daarin verteenwoordig is. Hierdeur is alle politieke denkrigtings verheerlik as gelykwaardig en het hulle almal 'n aanspraak op verteenwoordiging. Aangesien die enkellid-kiesafdeling met sy relatiewe meerderheid, nie behoorlike verteenwoordiging aan minderhede verleen nie, is daar sedert die vorige eeu verskeie ander metodes aangebied. Met die herleweing van die "Proportional Representation Society" in London sedert die begin van hierdie eeu, is daar op groot skaal propaganda gemaak vir die instelling van proporsionele verteenwoordiging met die enkel-oordraagbare stem by die verkiesings van lede van wetgewende vergaderings. Hierdie stelsel verseker nie alleen eweredige verteenwoordiging aan alle partye nie, maar gee ook aan elke stem 'n gelyke kieswaarde. Hierdie propaganda het dan ook sy invloed in Suid-Afrika deeglik laat geld. Dit was daarvoor verantwoordelik dat die Nasionale Konvensie te Bloemfontein byna verongeluk het, aangesien proporsionele vereenwoordiging deur sekere kolonies geëis is, terwyl ander dit nie wou aanvaar nie. Hoewel proporsionele verteenwoordiging in die verkiesing van die Volksraad- en Provinsiale Raadslede deur die Konvensie laat vaar is, was die stryd in Suid-Afrika nog lank nie uitgewoed nie. Gedurende die eerste twee dekades ná die totstandkoming van die Unie, is daar telkens probeer om meerderheidsverteenwoordiging te vervang. Gelukkig vir Suid-Afrika, is daar gedurende hierdie tyd nie veel gehoor aan die kreet na proporsionele verteenwoordiging gegee nie, waarna die strewe ook laat vaar is. Toe die Nasionale Regering in 1948 en weer in 1953 met 'n minderheid stemme aan bewind gekom het, is daar in die Engelse pers probeer om die strewe na proporsionele verteenwoordiging te laat herleef. Die poging het egter weinig reaksie uitgelok. Proporsionele verteenwoordiging is 'n finale nekslag toegedien, toe dit in 1955 deur die blokstem in die verkiesing van Senatore vervang is. Waar proporsionele verteenwoordiging derhalwe nou by ons in gedrang is, maak dit 'n studie van die beginsels daarvan noodsaaklik. Ten einde die funksionering van meerderheidsverteenwoordiging en proporsionele verteenwoordiging te begryp en verwarring met ander stelsels te voorkom, is dit nodig dat ons kortliks sal let op die verskillende methodes wat vandag aangebied word. By so 'n studie van die twee stelsels wat vandag in Suid-Afrika in gebruik is, is kennis van die historiese ontwikkeling onontbeerlik. Om hulle voor- en nadele krities te bepaal, is die praktiese uitwerking daarvan belangrik. Dit is dan ook in hierdie volgorde dat ons die onderwerp wil behandel. Ten slotte wil ons net daarop wys dat 'n studie van die verskillende stelsels van verteenwoordiging in Suid-Afrika niks te doen het met die bestaande politieke partye nie. Die nadele van 'n stelsel is nie toe te skrywe aan die party wat moontlik daardeur bevoordeel is nie.Item Open Access 'n Sosiologiese ondersoek van die huislike agtergrond van onbeheerbare jeugdiges, gebaseer op die amptelike rekords van die streekkantoor van die Departement van Volkswelsyn te Pretoria(University of the Free State, 1961) Roode, Christiaan Dawfre; Keyter, J. de W.Abstract not availableItem Open Access Die ekonomiese herstel van die Afrikaner in die Oranjerivier-Kolonie 1902-1907(University of the Free State, 1964) Van Rensburg, Abraham Paul Janse; Van Schoor, M. C. E.Gedurende Mei 1965 het daar in Die Huisgenoot uit die pen van dr. D.W. Krüger twee geïnspireerde artikels oor die heroïese verset van die Afrikaner¹ teen Brittanje gedurende die Anglo-Boereoorlog verskyn. Hierdie grootse siening van 'n deel van die heldeverlede van die Afrikanervolk het vir my as spoorslag gedien om vas te stel hoe hierdie helde helde van die slagveld en konsentrasiekampe ná die oorlog die daaglikse lewenstryd hervat en voortgesit het. Die studie is ook aangepak omdat, naas die Anglo-Boereoorlog, wat a¹ so dikwels as navorsingsprojek gedien het, die ekonomiese aspek van die Afrikaner se herstel in hierdie tydoerk nog nooit in al sy geledinge in oënskou geneem is nie. 𝗩𝗘𝗥𝗪𝗬𝗦 𝗡𝗔 𝗗𝗜𝗘 𝗔𝗔𝗡𝗚𝗘𝗛𝗘𝗚𝗧𝗘 𝗗𝗢𝗞𝗨𝗠𝗘𝗡𝗧 𝗩𝗜𝗥 '𝗡 𝗩𝗢𝗟𝗟𝗘𝗗𝗜𝗚𝗘 𝗢𝗣𝗦𝗢𝗠𝗠𝗜𝗡𝗚!Item Open Access Nuuskierigheid teoreties en eksperimenteel ondersoek(University of the Free State, 1965-07) Coetzee, F. P.; Kriel, R. G.Abstract not availableItem Open Access Blanke besetting en bevolkingsgroei van die Republiek van Suid-Afrika vanaf 1652 tot 1960(University of the Free State, 1968-01) Vrey, Willem Jacobus Hendrik; Keyter, J. de W.Abstract not availableItem Open Access 'n Sielkundige ondersoek na die betroubaarheid en die bruikbaarheid van die pupilmeter in die meting van houdings by universiteitstudente(University of the Free State, 1969) Ellis, Daniel Cornelius Francois; Prinsloo, J. F.Abstract not availableItem Open Access Die Afrikaanse evangeliese gesang: 'n literêre ondersoek(University of the Free State, 1969-01) Gaum, Frederik Malherbe; Beukes, G. J.; Kok, B.; Nienaber, G. S.Abstract not availableItem Open Access Die keuring van leerlingingenieurstegnici vir opleiding aan tegniese kolleges(University of the Free State, 1969-07) Barnard, Cornelius Johannes; Kriel, R. G.Abstract not availableItem Open Access Die eufemisme in Afrikaans(University of the Free State, 1970) Lubbe, Hendrik Johannes; Kok, B.; Badenhorst, W. J.; Van Heerden, C.Abstract not availableItem Open Access Die sendingaktiwiteite van die Ned. Geref. Kerk in die Oranje-Vrystaat tot 1910(University of the Free State, 1970) Oberholster, Arie Gerhardus; Oberholster, J. J.Afrikaans: Met hierdie studie is 'n poging aangewend om 'n oorsig te gee van die werk wat die N. G. Kerk in die Oranje-Vrystaat gedurende die periode 1864 tot 1910 ten opsigte van die sending binnelands sowel as buitelands gedoen het. Die binnelandse sending val in twee dele uiteen, naamlik die gemeentelike sending en die sending in Witsieshoek. Die buitelandse sending behels die werk in Noordoos-Rhodesië, wat tot en met 1910 beperk was tot vyf stasies. Verskeie probleme het opgeduik, want baie oorspronklike dokumente wat op hierdie saak betrekking het, het verlore geraak, veral wat die periode voor en tydens die Tweede Vryheidsoorlog beref. Dit is dan ook die rede waarom so herhaaldelik teruggeval moes word op die Acta Synodi van die N. G. Kerk in die Oranje-Vrystaat en De Fakkel, amptelike orgaan van die Kerk.Item Open Access Die staatsfilosofie grondslae van die Suid-Afrikaanse staatkunde sedert 1910(University of the Free State, 1970-09) Van der Watt, Louis; Strauss, H. J.Afrikaans: Ons toeleg is 'n ondersoek na die religieus-verankerde staatsfilosofiese rigtings wat sedert 1910 beslissend was in die Suid-Afrikaanse staatkunde. Hierdie denkrigtings het in belangrike wetgewing nie onbetuig gebly nie en is daarin én in die betrokke debatte na te speur. Die staatsfilosofiese grondslae wat die Suid-Afrikaanse staatkunde met betrekking tot sekere wetgewing beinvloed het, is ook kenbaar in die uiteenlopende stellingname van bepaalde politieke partye. Ook dááruit sal die hoofrigtings afgesonder en getipeer word. Om die omvang te beperk, word slegs vyf onderwerpe as ondersoekveld gekies en die staatsfilosofiese beginsels wat daaraanten grondslag lê, ontleed. Ten einde die staatsfilosofiese grondslae van die Suid-Afrikaanse staatkunde bloot te lê, moet ons vooraf rekenskap gee van die religieus-bepaalde staatsfilosofiese grondslae wat vanuit Wes-Europa sedert 1652 na Suid-Afrika oorgedra is - as deel van die Westerse beskawing - én wat ons denke hier te lande sedertdien beheers het. 'n Historiese oorsig van die religieus-bepaalde staatsfilosofiese denkrigtings vóór 1910 word dus vooraf aan die orde gestel.Item Open Access Die "gesuiwerde" Nasionale Party 1935-1940(University of the Free State, 1972) Le Roux, Jan Hendrik; Oberholster, J. J.Afrikaans: Met hierdie verhandeling word gepoog om 'n uiteensetting te gee van die totstandkoming van die "Gesuiwerde" Nasionale Party en sy bestaan gedurende die jare 1934 en 1940. Ten einde die stigting van die Party na behore te begryp, was dit nodig om kortliks die gebeure rondom koalisie en samesmelting in 1933 en 1934 na te speur. Op die stigting van die Party het ses troebele jare gevolg, waarin daar diverse invloede op die Afrikaner en die Party ingewerk het. die eenheidsideaal wat met soveel ywer nagestreef is, het die Party steeds ontwyk. Na die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het die sogenaamde Herenigde Nasionale Party of Volksparty tot stand gekom wat, hoewel nie volkome hereniging van die Afrikaner op politieke gebied gebring het nie, tog 'n nuwe era van samewerking ingelui het. Die tydperk wat deur hierdie verhandeling gedek word, is reeds sydelings in verskeie werke oor die Suid-Afrikaanse politieke geskiedenis belig. Veral het M. P. A. Malan in Die Nasionale Party van Suid-Afrika en G. D. Scholtz in sy biografie van dr. N. J. van der Merwe waardevolle inligting oor die tydperk verstrek. Dit is egter getrag om veel dieper te delf. Heelwat gebeure kon slegs aan die hand van koerantberigte nagespeur word. Die Burger, Die Volksblad en die Transvaler wat as partymondstukke van die Nasionale Party gedien het, was in hierdie verband die hoofbronne waaruit stof versamel is. Daarbenewens egter is eerstehandse kennis verkry uit die private dokumenteversamelings van die E. H. Louw, E. G. Jansen, M. P. A. Malan en die kongresnotules en Nasionale Party stukke wat in die Instituut vir Eietydse Geskiedenis aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat bewaar word. Die N. J. van der Merwe-versameling in die Vrystaatse Argief was van buitengewone belang, maar ongelukkig was die privaat-versameling van genl. J. B. M. Hertzog en dr. D. F. Malan nie vir navorsing beskikbaar nie.