Public Administration and Management
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Public Administration and Management by Author "Buys, Willem Frederick"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Anastatiese- en transendentale ontleding van administratiewe transformasie binne die raamwerk van Masakhane(University of the Free State, Sep-05) Buys, Willem Frederick; Bekker, J. C. O.Afrikaans: In ‘n veranderende wêreld is transformasie vanaf die vroegste tye aan die mensdom bekend. Daar kan dus geargumenteer word dat die betekenis van die begrip weens d ie bekendheid daarvan, nie verklaar hoef te word nie. ‘n Vraagstuk begin egter reeds by die betekenis van die begrip omdat rolspelers dikwels nie eenstemmig is oor wat met transformasie bedoel word nie. Die doel is dan om die betekenis, asook verskillende benaderings, menings en standpunte oor transformasie uit te lig. Sodoende kan transformasie in perspektief geplaas word. Die begrip is in verskillende soorte kategoriseer om die betekenis daarvan te differensie e r. Die waarde hiervan is dat weerstand teen transformasie nie noodwendig ‘n beginsel saak is nie, maar moontlik is die weerstand teen die soort transformasie of wyse waarvolgens dit toegepas word. Daar behoort ingedagte gehou te word, dat ‘n verband tussen verskillende soorte transformasie kan bestaa n. Daarom behoort die kategorisering van transformasie nie as ‘n rigiede afbakening van soorte transformasie beskou te word nie. M enings en standpunte oor transformasie kan op persepsies berus. D ie betekenis van persepsies word verklaar, weens die impak d aarvan op benaderings tot transformasie. Die doel daarvan is om aan te toon dat persepsies van transformasie nie noodwendig ‘n ware weergawe van die werklikheid is nie. Dit is egter op grond van persepsies dat individue kan reageer en optree en waarop besl uite in terme van transformasie ge baseer kan word. Daarom is dit noodsaaklik om te bepaal wat persepsies beteken asook wat die invloed daarvan op transformasie is. Met ‘n anastatiese benadering word spesifieke fokuspunte uitgelig waarmee transformasie toe paslik vernuwe kan word. In hierdie verband kan die elemente van ‘n anastatiese konsep as ‘n benadering tot transformasie benut word. Die betekenis van anastaties word verklaar en daar word verduidelik waarom ‘n ideale toestand as staties 222 beskou word. D ie veranderende v erhoudings waarin staatsinstellings en die gemeenskap in ‘n transformasieproses herposisioneer word, word ook verduidelik. Die fases van transformasie word binne die raamwerk van ‘n anastatiese benadering verduidelik. S pesifieke elemente van ‘n anastatiese benadering word op grond van die betekenis van anastaties uitgel u g. Daar word deurgaans op hierdie elemente gefokus om in terme daarvan ‘n anastatiese benadering tot transformasie uit een te sit. ‘n Anastatiese benadering wys daarop dat ‘n t ransformasieproses kan vervaag en in die denke van rolspelers vernuwe kan word . Vernuwing kan geskied deur byvoorbeeld op die sin, doel, betekenis en noodsaaklikheid daarvan te fokus. M et behulp van ‘n transendentale benadering word verduidelik waarom be lemmerende grense in denkraamwerke van individue daartoe kan bydra dat die noodsaaklikheid van ‘n gedaanteverandering nie ingesien word nie. Wyses word bespreek waarop hierdie grense oorkom kan word. Daar word aangetoon waarom die benadering op die minderh eid aspekte in ‘n instelling gerig word, wat vir die meerderheid vraagstukke oor institusionele grense verantwoordelik kan wees. ‘n A nastatiese - en transendentale benadering word in wisselwerking met Masakhane vir die realisering van transformasie benade r. Die betekenis daar van word met die Masakhane - veldtog in verband gebring. Dit dien as agtergrond waarom Masakhane in die gestalte van ‘n veldtog vanaf 1995 tot tans. Beide benaderings wys daarop dat vier elemente of kategorieë vanaf Masakhane afgelei kan word. Met hierdie elemente kan spesifiseer word waarom hierdie konsep as noodsaaklik vir die realisering van transformasie beskou word. Die verband daarvan met verwante begrippe soos Ubuntu en Batho Pele word ook uit gel u g. Die aandag word met beide benade rings op uitgangspunte van ‘n wetenskapsidee van die vakwetenskap, Openbare Bestuur gevestig waarop Masakhane gebaseer kan word. Hierdie uitgangspunte bied ‘n alternatiewe benadering waarop laasgenoemde begrip vir die realisering van transformasie benader kan word.