Public Administration and Management
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Public Administration and Management by Author "Bekker, Koos J. C. O."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Application of selected public sector management techniques to improve service delivery(University of the Free State, Nov-02) Luvuno, Londoloza L.; Bekker, Koos J. C. O.Afrikaans: In hierdie proefskrif word die konsep van Openbaresektor-bestuurstegnieke ondersoek. In die konteks van die toepassing van geselekteerde Openbaresektorbestuurstegnieke vir die verbetering van dienslewering in 'n openbarediens-organisasie impliseer die konsep 'verbetering van dienslewering' die verbetering van doeltreffendheid; effektiwiteit en produktiwiteit. Die Openbaresektor-bestuurstegnieke wat in hierdie proefskrif bespreek word, word gestel sodat staatsamptenare hul kennis kan verbreed deur soveel moontlik Openbaresektor-tegnieke te ontdek ten einde dienslewering in openbarediens-organisasies te verbeter. Die dokument moet voorts gesien word as beginpunt in die studie van ander relevante Openbaresektor-bestuurstegnieke soos Rasionele Probleemoplossing; Innoverende Dienslewering; Openbarehulpbron-bestuur; en Diensverbeteringbestuur. Dit sluit in die bewusmaking en ontwikkeling van die tegniese vaardighede; konseptueie vaardighede; implementeringsvaardighede; ekonomiesejbesigheidsvaardighede; bestuursvaardighede; kommunikasievaardighede; en onderhandelingsvaardighede van staatsamptenare. Die proefskrif verstrek 'n breedvoerige onderskeid tussen doeltreffendheid in hoofstuk 4; effektiwiteit in hoofstuk 5; en produktiwiteit in hoofstuk 6, asook eienskappe en bestuurstegnieke geïdentifiseer ~m onderskeidelik die doeltreffendheid, effektiwiteit en produktiwiteit van dienslewering in openbaresektor-organisasies te verbeter, waardeur die tydigheid; geskiktheid; en gehalte van openbaredienslewering teen bekostigbare tariewe verbeter sal word. Hoofstuk 1 bied 'n algemene oorsig van die proefskrif. In hoofstuk 2 word die teorie en rasionaal van Openbaresektor-bestuurstegnieke bespreek. In hoofstuk 3 word gefokus op bestuurspraktyk met betrekking tot doeltreffendheid; effektiwiteit en produktiwiteit om die weg te baan vir die toepassing van die geselekteerde Openbaresektor-bestuurstegnieke in openbarediens-organisasies. Van die 12 Openbaresektor-bestuurstegnieke wat in hoofstuk 2 geïdentifiseer en bespreek is, word drie vir toepassing gekies ten einde doeltreffendheid soos bespreek in hoofstuk 4 te verbeter; twee word vir toepassing gekies ten einde effektiwiteit soos bespreek in hoofstuk 5 te verbeter; en twee word vir toepassing gekies ten einde produktiwiteit soos bespreek in hoofstuk 6 te verbeter. Die proefskrif word afgesluit met 'n opsomming en aanbevelings in hoofstuk 7.