Business Management
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Business Management by Author "Booysen, Karen"
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access An analysis of the process from innovation to commercialization: a South African perspective(University of the Free State, 2010) Booysen, Karen; Van Zyl, J. H.Afrikaans: Ekonomieë, ondernemings (klein, medium en groot) en individue moet nuwe produkte ontdek en kommersialiseer om mee te ding en vooruit te gaan in die globale 21ste eeu ekonomie. Die belangrikheid daarvan om nuwe produkte aan die mark bekend te stel kan gesien word in die feit dat dit ‘n volhoubare mededingende voordeel vir ekonomieë, ondernemings en individue meebring. Die nuwe produkte lei nie net na wins vir individue en ondernemings nie, maar dit verbeter ook die kwaliteit van lewe van alle individue en genereer verdere ekonomiese geleenthede. Deur die kommersialisering van innovasie word die gaping tussen die behoeftes van die mark en die uitvindsels van die innoveerders oorbrug. Dit bly tog ‘n kern uitdaging vir alle innoveerders om ‘n uitvindsel van idée-fase na die mark te neem, ten einde ekonomiese opbrengste te produseer. Idees of uitvindsels kan nie ekonomiese opbrengste vir die innoveerder lewer nie. Slegs wanneer die uitvindsel suksesvol in die mark absorbeer word kan die innoveerder wins genereer en hierdeur word die belangrikheid van kommersialisering weer beklemtoon. Die mislukkingskoers van nuwe produkte is internasionaal baie hoog en dus verhoed dit innoveerders om finansiële voordele te bekom. Nuwe produkte se mislukkingskoers word bereken op tussen 50-80% en selfs groot ondernemings met genoegsame hulpbronne sukkel met die kommersialisering van uitvindsels. Die hoë mislukkingskoers van uitvindsels kan toegeskryf word aan ‘n wye verskeidenheid faktore, insluitend beperkte toegang tot hulpbronne, die onvermoë van innoveerders om hul uitvindsels genoegsaam te beskerm of swak bemarkingspogings, Een so ‘n rede vir mislukking is die feit dat innoveerders onseker is oor die stappe om te volg in die kommersialisering van hul uitvindsel. Innoveerders neem vals stappe en mors kosbare tyd, of hulle laat kritiese stappe in die proses uit. Dit is belangrik vir innoveerders om te weet wat die stappe in die kommersialiseringsproses is en dit te volg ten einde te verseker dat hulle ‘n logiese proses volg, beplan vir al die belangrike aspekte aangaande kommersialisering en bewus is van wat van hulle vereis sal word in die verskillende fases van die proses. Suid Afrika vaar nie goed daarmee om nuwe navorsingsuitvindsels na die mark te bring nie en daar kan verskeie redes vir die probleem wees. Ten einde suksesvol nuwe uitvindsels aan die mark voor te stel deur kommersialisasie is dit belangrik om te weet wat die probleem/hindernisse is wat innoveerders gedurende die kommersialiseringsproses ondervind. Dit is ook belangrik om die behoefte aan ‘n gemeenskaplike raamwerk wat verstaan word deur die regering, hoër onderwys, navorsingsrade, tegnologie ondernemings en risikodraende kapitaliste, ten opsigte van die rolle en funksionele verhoudings in die sisteem van innovasie uit te wys. Die studie het gepoog om inligting rakende die probleme en/of hindernisse wat entrepreneurs in die kommersialiseringsproses konfronteer te bekom deur te bepaal hoe suksesvol individue en SMMEs was in die kommersialisering van hul innovasie. Die kliëntebasis van die Centrum for Rapid Prototyping and Manufacturing (CRPPM) en die Tegnologie Stasie (PDTS) vir 2005 tot 2010 is gebruik in die studie. Die sekondêre doelwitte het ingesluit om die stappe wat die entrepreneur in die kommersialiseringsproses gevolg het, te ondersoek; om die faktore, beide positief en negatief, wat die die kommersialisering van innovasie beïnvloed te identifiseer; om die probleme/foute wat entrepreneurs maak in die kommersialiseringsproses te bepaal; en om die suksesfaktore vir entrepreneurs in die kommersialiseringsproses te bepaal. Die resultate het gewys dat die minderheid van die respondente (20%) suksesvol hul uitvindsels kommersialiseer het. Die oorblywende 80% van die respondente was of steeds besig om deur die kommersialiseringsproses te beweeg of het stagneer. Die resultate het verder ook uitgewys dat die tipiese innoveerder nie die kronologiese orde van die stappe in die kommersialiseringsproses, soos aangedui in die literatuur, volg nie. Baie van die stappe in die kommersialiseringsproses is nie so deeglik voltooi soos wat nodig is nie en verskeie van die stappe is bloot uitgelaat. Die redes wat die respondente die gereeldste aangehaal het vir hul tekort aan vordering en/of stagnasie in die kommersialiseringsproses was ‘n tekort aan fondse en ‘n tekort aan ondersteuning. Met ander woorde, die respondente het nie genoegsame kapitaal gehad om die uitvindsel op hul eie te kommersialiseer nie en het of nie geweet waar om finansiële hulp te kry nie, of was onsuksesvol in hul aansoek om finansiering. Die tekort aan ondersteuning waarna verwys word, sluit in ondersteuning ten opsigte van kennis aangaande die kommersialiseringsproses (maw. wat die stappe in die kommersialiseringsproses behels) sowel as wat volgende gedoen moet word in die kommersialiseringsproses. Die twee redes is gereeld genoem as hindernisse tot die suksesvolle kommersialisering. Ten einde die bogenoemde hindernisse te oorkom word verskeie aanbevelings aan die einde van die studie gemaak. Die fokus val hoofsaaklik op die regering, en verskeie aanbevelings aangaande die regeringsondersteuningsinstellings word gemaak ten einde innoveerders beter deur die kommersialiseringsproses te help.Item Open Access Business practices as an implication for SMEs growth(University of the Free State, 2016) Motlhaudi, Galaletsang Gail; Booysen, KarenEnglish: With the current bleak state of the economy, both in South Africa and globally, resulting in high unemployment and poverty levels, citizens of countries have had to resort to entrepreneurship as a means to generate an income and in turn create jobs. As a result of the quest of financial freedom stemming from entrepreneurship, many small and medium-sized enterprises (SMEs) are established. However, SMEs are faced with high failure rates. This is witnessed in the number of SMEs that rarely make it past the second year of trading, with failure rates as high as 63 percent. As a means to cope with these challenges, scholars have often looked to business practices as an initiative to enhance SME growth. It is as a result that this study purposed to determine which business practices can enhance SME growth. The population used to examine this primary objective consisted of SMEs in the Kimberley, Northern Cape area. There is an increasing consensus that SME owners and managers should play a pivotal role in nurturing entrepreneurial activity in SMEs so as to compete successfully. Subsequently, corporate entrepreneurship (CE) - a concept that describes the entrepreneurial behaviour inside an established organisation- has received much attention in literature as a means to curb the challenge of SME failure and enhance SME growth. As such, the secondary objectives aimed to evaluate prior studies on business practices, assess theoretical studies on SME growth in South Africa, review theoretical studies on CE, determine which business practices SMEs engage in, empirically identify the determinants of SME growth, determine which dimensions of CE SMEs engage in, determine which key business practices can enhance CE and establish a conceptual framework identifying the relationship between business practices and CE as initiatives to enhance SME growth. The population of the study consisted of SMEs in the Kimberley, Northern Cape area and a statistical methodology was implemented to address the primary objective and the secondary objectives. The findings revealed that a positive and significant relationship exists between all of the selected business practices selected for the purpose of this study (Human Resource Management practices, Performance Management practices, Change Management practices, Risk Management practices, Marketing practices and Networking practices) and SME growth. Furthermore, the findings reiterated scholars’ argument that the implementation of business practices in SMEs can help increase the level of innovation, creativity and entrepreneurial behaviour, which in essence refers to CE. A number of recommendations were made at the end of this study that could serve as a guide to formulating and implementing strategies to address the challenges in the study. The emphasis is placed primarily on educational institutions to incorporate the collective implementation of business practices and CE as a means to enhance SME growth in their curriculum; and SME owners and managers to invest in acquiring the right skills set necessary to operate their businesses successfully.Item Open Access An evaluation of support institutions in enhancing the commercialisation process(University of the Free State, 15-Jul) Booysen, Karen; Van Zyl, J. H.; Brahilder, N.Afrikaans: Hierdie navorsingstudie het ‘n tweeledige doel waar dit eerstens gedien het om die befondsingsproses van entrepreneuriese ondersteuningsinstellings te evalueer ten einde die hindernisse tot kommersialisering te identifiseer. Tweedens, met hierdie hindernisse ingedagte, argumenteer hierdie studie vir ‘n nuut-geformuleerde fase-georiënteerde proses wat baseer is op drie onderskeidelike, tog komplimentêre fases, naamlik Haalbaarheid, Lewensvatbaarheid en Volhoubaarheid. Hierdie fase-georiënteerde proses word aanbeveel ten einde die ondersteuningsinstellings te lei in hul evaluering van aansoeke vir befondsing en sodoende hulle in staat stel om waarlik die entrepreneurs en ondernemings-idees met meriete te identifiseer. Addisioneel sal hierdie fase-georienteerde proses die entrepreneurs in staat stel om die aansoekproses suksesvol te voltooi deur ‘n hanteerbare, verstaanbare proses wat konstant gemonitor word. Sodoende sal tydige veranderinge moontlik wees en dit die uiteindelike suksesvolle vestiging van ‘n onderneming meebring waarna die entrepreneurs in staat gestel is om hul ondernemings, asook die industrie waarin hul gaan meeding, te verstaan.