Masters Degrees (Social Work)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Social Work) by Author "Botha, D."
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Die gebruikmaking van praktykskolingseenhede vir die opleiding van maatskaplike werkers met spesifieke verwysing na die U.O.V.S.(University of the Free State, 1974) Wasserfall, Annie Elizabeth; Botha, D.Met die konferensie oor Praktykopleiding van Studente in Maatskaplike Werk in Junie 1971 te Pretoria, het o.a. die vraag, wie verantwoordelik moet wees vir die praktykopleiding van studente, na vore gekom. Op die gemelde konferensie is voorgestel dat meer duidelikheid oor die aspek verkry moet word nl. of die dosente, spesiale persone op die personeel van die opleidingsentrum, of personeel by 'n werkgewende instansie, die verantwoordelikheid van die opleiding van studente moet behartig. (Vgl. 46, po52.) Op daardie stadium was daar reeds 'n paar instansies wat van persone in die praktyk gebruik gemaak het met die opleiding van studente, o.a. die Universiteit van die Witwatersrand, in samewerking met verskillende instansies, asook die Universiteit van Pretoria, in samewerking met o.a. die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie. Ondersoekster was gedurende 1970 studente-supervisor van die S.A.V.F. Hierdie pos was nog in die beginstadium, maar het reeds getoon dat so 'n gesamentlike paging tussen die universiteit en welsynsorganisasie 'n positiewe bydrae tot die opleiding van studente kan lewer. Verdere ondersoek en uitbreiding met betrekking tot die implimentering daarvan was nog nodig. Een van die taakopdragte verbonde aan die spesifieke pos was juis dat die praktykskoler, destyds genoem studentesupervisor, 'n formele studie moet maak van die doeltreffendheid van die praktykskolingseenheid. Laasgenoemde opdrag is, saver bekend, nog nie ten uitvoer gebring nie. Met ondersoekster se honneursprojek wat by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat in 1972 ingehandig is, is die beroepsgroei van 'n groep maatskaplike werkers ondersoek en daarin is gebrekkige, doelgerigte praktykonderrig onder anders as 'n leemte deur die maatskaplike werkers uitgewys, wat weer die noodsaaklikheid van 'n ondersoek in die verband na vore gebring het. Gedurende dieselfde tydperk het die doserende personeel van die departement Maatskaplike Werk van die Universiteit van die O.V.S., die behoefte aan nouer samewerking met welsynsorganisasies en meer doelgerigte praktykonderrig raakgesien, wat gelei het tot die instelling van 'n praktykskolingseenheid by die Oranje-Vrouevereniging Hoofbestuur, Bloemfontein, aan die begin van 1973. Ondersoekster het die pos as praktykskoler van die praktykskolingseenheid begin. Aangesien hierdie praktykskolingseenheid nog nuut was, was daar heelwat vraagstukke verbonde aan die wyse van implimentering van die stelsel. Daar was egter ook heelwat positiewe ervaringe met die praktykskolingseenheid, wat getoon het dat laasgen□emde 'n besliste bydrae tot die opleiding van maatskaplike werkstudente kan lewer. Bogenoemde bevindinge.en gebeurtenisse het aanleiding gegee tot ondersoekster se besluit om 'n wetenskaplike ondersoek te doen na die gebruikmaking van praktykskolingseenhede by die Universiteit van die O.V.S. ten einde die nut van die stelsel te ondersoek esook moontlike riglyne neer te lê vir die implimentering van praktykskolingseenhede as deel van die opleiding van maatskaplike werkstudente aan die Maatskaplike Werk departement van die Universiteit van die O.V.S.Item Open Access 'n Handleiding vir die maatskaplike werker in privaatpraktyk(University of the Free State, 1996) Janse van Rensburg, Stephanie; Botha, D.𝑬𝒏𝒈𝒍𝒊𝒔𝒉 In South Africa private practice in social work, is becoming an important alternative to traditional social work. The social worker in private practice functions independently and utilises business principles to accomplish social service goals. This study indicates that social workers become involved in private practice as it has economic advantages and certainly caters for specific needs, such as the important need for independent functioning, direct service rendering and the lowering of the incidence of occupational fatigue. The economic advantages of private practice goes hand in hand with the changes in South Africa, especially on the social services terrain, where services and personnel are being rationalised due to insufficient funds; thus an alternate source of income must be exploited and with private practice the social worker will remain available to the profession. As a result of the relative lack of knowledge of private practice in social services, the lack of training regarding private practice and the limitations of available guidelines, it is imperative that a manual be compiled for private practice in social work. It could enhance the quality of professional services by eliminating uncertainties, which in itself could improve the image of the profession. With this research study realistic and practical orientated information that could be included in a manual, was obtained. The following aspects, in sequence of priority should be *obstacles in private practice; *administration; *theoretical requirements for joining private practice; *contract with the client; *supporting system; *form of practice; *locality of private practice. A manual should be drawn up to the SAASWIPP, the SACSW and education institutions. The research study may serve as a framework for such a manual, which can be circulated for commentary. According to this study the manual should be given to all interested registered social workers in private and general practice as the decision to join private practice may be influenced by such a manual. The ideal would be if the social worker could come into contact with particular requirements of private practice on pre-graduate level, even if it is only on an information level. The choice of private practice could be part of a career development process. Private practice must be seen and handled as part of the profession and not as in opposition to general social work with exclusive privileges. Therefore the publication of information regarding private practice and the marketing of private practice are essential. This research study indicates that an extensive manual for social workers in private practice will facilitate the control and supervisory task of the SACSW and the SAASWIPP because uniform standards which will be set, will eliminate, to a high degree the uncertainties facing the new private practitioner. A manual for the social worker in private practice is a must and should be launched. ___________________________________________________________________Item Open Access Die taak van maatskaplike werk ten opsigte van geestesgesondheid(University of the Free State, 1979) Meyer, Magdalena Magarietha; Botha, D.Deur die eeue heen is daar op verskillende wyses hulp aan die psigo-sosiaal versteurde gelewer. Wanneer die hulpverlening aan die psigo-sosiaal versteurde persoon vanaf die vroegste tye in oënskou geneem word, kan ses tydperke onderskei word waartydens verskillende benaderings ten opsigte van die psigo-sosiaal versteurde persoon aangehang is en waartydens verskillende wyses van hulpverlening plaasgevind het. Hierdie tydperke is die animistiese, die naturalistiese, die teologiese, die hospitalisasie en afsonderings-, die rewolusionêre en die moderne tydperk. In die moderne tydperk is die fokus op gemeenskapsgeoriënteerde psigiatrie en op gemeenskapsgeestesgesondheid. Daar word 'n belangrike plek aan Maatskaplike Werk toegeken in die hedendaagse hulpverlening aan psigo-sosiaal versteurdes. Maatskaplike Werk as professie het 'n voorkomende taak op die geestesgesondheidsterrein. Hierdie taak omvat voorkoming in die wydste sin van die woord en impliseer nie slegs die voorkoming van veroorsakende faktore nie, maar die bevordering van geestesgesondheid in die algemeen. As sodanig gaan dit dus nie net om hulpverlening aan die psigo-sosiaal versteurde persoon nie, maar om die daarstelling van sowel 'n geestesgesonde gemeenskap as 'n gemeenskap wat geestesgesondheid bevorder. Drie interafhanklike komponente van voorkoming kan onderskei word, naamlik primêre, sekondêre en tersiêre voorkoming. Maatskaplike Werk kan primêr-voorkomend optree deur gemeenskapsgeestesgesondheidopvoeding; die daarstelling van voorkomingsfasiliteite en die ontwikkeling van gemeenskappe; en deur middel van maatskaplike groepwerk met hoë risiko-groepe. Hoewel die onmiddellike resultate van primêre voorkoming moeilik meetbaar is, lewer dit tog op die langtermyn positiewe resultate en behoort daarom as 'n saak van hoë prioriteit beskou te word. Wat sekondêre voorkoming aanbetref, bevorder drie werksterreine van Maatskaplike Werk, te wete, personeel maatskaplike werk, maatskaplike werk binne skoolverband en geneeskundige maatskaplike werk, die geleentheid vir maatskaplike werkers om op sekondêre vlak voorkomend op te tree. As gevolg van die tekort aan opgeleide maatskaplike werkers is dit egter nie altyd moontlik om aan alle persone met probleme, hulp te verleen voordat psigo-sosiale versteurdheid intree nie. Deur middel van krisisingryping en konsultasie kan meer persone in 'n korter tydperk bereik word en die probleem beperk word. Tersiêre voorkoming noodsaak dienslewering binne multi-professionele spanverband. Enkele instellings waar maatskaplike werkers in diens is en 'n bydrae lewer tot die tersiêre voorkoming van psigo-sosiale versteurdheid is onder andere die psigiatriese hospitaal die algemene hospitaal, buitepasiënt klinieke en gemeenskapsgeestesgesondheidsentrums. Die maatskaplike werker het 'n omvattende taak om te verrig as lid van die multiprofessionele span, wat die volgende insluit: Intensiewe hulp aan die psigo-sosiaal versteurde persoon met betrekking tot die hantering van psigo-sosiale versteurdheid; die lewering van rekonstruksiedienste ten einde voorbereiding te doen vir die persoon se herintegrasie in die gemeenskap en nasorgdienste waar-. tydens die maatskaplike werker die dienste van die multiprofessionele span afrond, die persoon spesifiek help met sy inskakeling en verdere behandeling en psigo-sosiale versteurdheid voorkom. As gevolg van die tekort aan opgeleide maatskaplike werkers, is dit nie altyd moontlik om doeltreffende dienste aan alle nasorgkliënte te lewer nie. Ten einde dié probleem te beperk, is dit belangrik dat die maatskaplike werker die hulpdienste waaronder byvoorbeeld die pleegsorgplasing van kliënte, klubs vir oudpasiënte, Beskutte Arbeid en halfweghuise in die gemeenskap, sal benut. Doeltreffende uitvoering van die taak van Maatskaplike Werk ten opsigte van voorkoming, op die geestesgesondheidsterrein is niemoontlik sonder die koordinasie van dienste, gesonde beleid en wetgewing, navorsing en opleiding nie. Dit is daarom ook die taak van Maatskaplike Werk om te koordineer; beleid en wetgewing daar te stel en uit te voer; navorsing te onderneem en.maatskaplike werkers op te lei vir dienslewering. Navorsing is noodsaaklik vir doeltreffende dienslewering en vir die voortbestaan van die professie. Omdat op die geestesgesondheidsterrein aan die mens in sy totaliteit aandag gegee word, is navorsing in multi-professionele verband noodsaaklik. Dit blyk egter dat navorsing op die geestesgesondheidsterrein deur die maatskaplike werker nog dikwels agterweë gelaat word. Wat opleiding betref, blyk dit dat die generies opgeleide maatskaplike werker toegerus is vir dienslewering op die geestesgesondheidsterrein. Spesialiteitsopleiding moet egter nie uit die oog verloor word nie en kan veral van waarde wees wanneer die maatskaplike werker In tersiêr-voorkomende diens lewer. Ten slotte kan gestel word dat Maatskaplike Werk in belangrike en byna onontbeerlike bydrae kan lewer ten opsigte van die hulpverlening aan die psigo-sosiaal versteurde persoon en die bevordering van geestesgesondheid in die algemeen.