Doctoral Degrees (Public Administration and Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Public Administration and Management) by Author "Minnaar, Francois"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Employee performance: the challenge for managers in the Free State public service(University of the Free State, Jul-15) Thomas, Rachel; Minnaar, FrancoisAfrikaans: Daar word van die Suid Afrikaanse Openbare Sektor (SAOS) as die implementerings masjien en die regterhand van die Suid Afrikaanse Regering verwag om ‘n effektiewe en doeltreffende werksverrigting daar te stel ten einde die wense van die regering van “’n beter lewe vir almal” te vervul. Effektiewe en doeltreffende werkverrigting in die openbare diens is afhanklik van die motivering, vaardighede, bevoegdheid, toegewydheid en integriteit van amptenare en die kwaliteit van bestuur en leierskap. Die kritieke rol van amptenare in die SAOS word erken deur leiers soos Nelson Mandela, Thabo Mbeki en die President, Jacob Zuma in hulle onderskeie Staatsredes. Die belangrikheid van mense (Menslike kapitaal) in enige organisasie word ook beklemtoon deur bestuurs teoriste, en is ‘n onderwerp vir voortgesette belangstelling en navorsing. Die rol van menslike kapitaal word gesien as die belangrikste status omdat mense die basiese boublokke van organisasies is en skaars, uniek en kompleks is. Mense is die enigste bron wat dinamies is en beheer kan word, wat ander bronne aktiveer en verander na goedere en dienste. Hierdie karaktereienskappe is uniek aan mense, dit maak hulle as ware die kosbaarste en duurste van alle ander bronne in enige organisasie insluitende die SAOS. In die lig van die prestasie verwagting van die amptenare, was daar studies en verslae wat die prestasie realiteit van die SAOS getoets het. Hierdie studies wys op die feit dat daar uitdagings is vir menslike hulpbronne soos die tekort aan kapasiteit en vaardighede in die Openbare Sektor wat sy vermoë om effektiewe werkverrigting te lewer belemmer. Die Nasionale Ontwikkelings Plan (NOP) en die Afrika Gelyke Hersienings Meganisme (AGHM) het ook die negatiewe impak van die vaardigheidstekort op die werkverrigting van die Suid Afrikaanse Regering bevestig. Die tekort in ontwikkeling van vanpaste menslike ontwikkeling en menslike hulpbron kapasiteit om effektiewe en doeltreffende regering daar te stel is geïdentifeer as die uitdagendste areas in die werksverrigting van die Suid Afrikaanse Regering. Die Bestuurs Werksverriging Assessering Instrument (BWAI) wat die kwaliteit van bestuurspraktyke in die SAOS meet ondersteun die bogenoemde argument. Die BWAI het waargeneem dat menslike hulpbron bestuur swak was regdeur die SAOS. As resultaat het die BWAI verslag die versterking van die bestuur en ontwikkeling van sy menslike hulpbronne beklemtoon. Die verslag het daarop aangedring dat die bestuur van menslike hulpbronne die grootste bekommernis van leiers en bestuurders in die Openbare Sektor moet wees. Eweneens het dokumenste soos die Witskrif op Transformasie van die Openbare Sektor (WTOP), 1997 en die Witskrif op Menslike Hulpbron Bestuur (WMHB) , 1995 die belangrikheid van uitvoerende verantwoordelikheid vir werkverrigting in die SAOS beklemtoon. Die WTOP, 1997 vereis van bestuurders op alle vlakke om leiers, visionêre, inisieerders, effektiewe kommunikeerders en besluitnemers te wees wat ten doel het om werknemers te ondersteun sodat die werknemers effektiewe en doeltreffende werkverrigting kan verseker. Die WTOP, 1995 beskou bestuur van mense as een van die belangrikste take van bestuurders. ‘n Ander oplossing in die rigting van effektiewe en doeltreffende werknemer werkverrigting is openbare amptenare wat bemagtig, gemotiveerd en toegewyd is en wat gereed is om te presteer. ‘n Verdere antwoord in die aanspreek van die uitdagings van menslike hulpbron kapsiteit en werkverrigting is oefening of werkverrigtingbestuur omdat werkverrigtingbestuur een van die middele is waardeur bestuurders hulle bestuursverantwoordelikhede kan onderneem en werknemers kan motiveer. Werkverrigtingbestuur is ‘n instrument wat bestuurders wys dat hulle verantwoordelik is vir die werkverrigting van die personeel wat saam met hulle werk. Daarom konsentreer hierdie studie op die werkverrigting van openbare amptenare en die uiters belangrike rol wat bestuurders speel in die Vrystaatse Openbare Sektor (VSOS) in die versekering dat die openbare amptenare effektiewe en doeltreffende werksverrigting sal lewer. Dit kan afgelei word van die verduidelikings wat in die tesis gegee word dat bestuursondersteuning saam met objektiewe werkverrigting-bestuur kan lei tot ‘n gunstige werksomgewing, wat weer tot gevolg sal hê dat effektiewe en doeltreffende werknemer werkverrigting daar gestel word, daarom die redenasie agter die studie en die navorsings probleem. Daarom bevraagteken hierdie navorsing dit dat die gesoekte antwoorde daarop fokus of bestuurders in die VSOS departement bestuursondersteuning aan werknemers verskaf, daarin slaag om werknemers se werkverrigting objektief te bestuur, en ‘n gunstige werksomgewing te skep wat werknemers motiveer en aanmoedig om effektief by te dra en doeltreffend te presteer. Daarom dui die hipotese daarop dat die VSOS se werknemers (openbare amptenare) effektiewe en doeltreffende presteerder sal wees indien hulle bestuurders daartoe in staat is om ‘n positiewe werksomgewing te skep deur die verskaffing van bestuursondersteuning, en deur die objektiewe implementering van die huidinge werkverrigtingsbestuurs sisteem. Die doel en doelwit van die studie, en die hipotese, is betroubaar deur kwalitaitewe sowel as kwalitaitewe navorsing en analisering. Die tesis het tot die gevolgtrekking gekom deur die navorsingsbevindings en gevolgtrekkings voor te lê en deur aanbevelings te maak oor hoe werknemers se werkverrigting verder verbeter kan word in die VSOS.