Doctoral Degrees (Public Administration and Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Public Administration and Management) by Author "Minja, Lynn Amelia"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access The Canada / South Africa Provincial Twinning Project's contribution to strengthening South African provincial governments(University of the Free State, Oct-05) Minja, Lynn Amelia; Bekker, J. C. O.Afrikaans: Vennootskapsooreenkomste word as bestuursinstrumente in die openbare, privaat en vrywilligheidsektore gebruik. Dit is die afgelope jare toenemend aangewend as ‘n meganisme om kapasiteit in die regeringsektor te ontwikkel. Die Kanadese Internasionale Ontwikkelingsagentskap (CIDA) het tussen 2000 en 2004 ‘n soortgelyke vennootskapsooreenkoms, te wete, die Kanada Suid-Afrika Provinsiale Vennootskapsprojek, ten opsigte van regeringsamewerking befonds. Die Instituut vir Publieke Administrasie van Kanada (IPAC) het as die uitvoerende agentskap vir hierdie vennootskapsooreenkoms gedien. Die kantore van die projek was gesetel by die Universiteit van die Vrystaat, Bloemfontein, Suid Afrika en die Staatsdienskommissie, Regina, Saskatchewan, Kanada. Die doel van die projek was om Suid Afrikaanse provinsiale regerings te versterk deur hulle te verbind met Kanadese provinsiale regerings. Die primêre vraag wat in hierdie studie ondersoek is, was dus of die vennootskapsooreenkomste as bestuursinstrumente demokratiese regering in die nuwe Suid Afrikaanse provinsiale regerings kon versterk deur middel van hulpverlening op ‘n vrywillige grondslag deur Kanadese ampsgenote. Die studie het die totale tydsduur van die vennootskapsooreenkoms ingesluit. Kanadese provinsiale regerings het geleenthede gebied aan Suid Afrikaanse provinsiale regerings om ondersoek in te stel na strukture, prosesse en diensleweringsmodelle en het ook met hulle gedeel oor die onderliggende beginsels van en lesse geleer tydens bekendstelling en implementering. Suid Afrikaanse openbare amptenare is die geleentheid gebied om hul Kanadese ampsgenote te evalueer in terme van elemente van hul werk wat ooreenstemmend is. Hulle het die nodige veranderinge in hul werksomgewing ingestel en die nodige leierskap verskaf vir die goedkeuring, verfyning, implementering en voortgesette gebruik van sodanige veranderinge. Elke Suid Afrikaanse provinsie en elke vennootskap het spesifieke resultate wat gedokumenteer is, opgelewer. Van die resultate het verband gehou met aspekte wat met die projek geintegreer is,insluitend geslagsgelykheid, volhoubare ontwikkeling, armoedeverligting en HIV/VIGS. Beleide, programme, metodes en hulpbronne wat deur een provinsie ontwikkel is, is gedeel met, en word tans nog gedeel met ander provinsies sowel as ander Afrika lande. Die resultate het ‘n hoë vlak van volhoubaarheid gehad, want dit is onderskryf deur senior amptenare en verkose politieke ampsdraers, gebaseer op beginsels wat aangepas is vir plaaslike omstandighede en geïnkorporeer is by die regering se agenda sowel as provinsiale begrotings. Teen die einde van die Vennootskapsooreenkomsprojek, het die gedokumenteerde resultate aangedui dat daar wel kapasiteit in die Suid Afrikaanse provinsiale regerings ontwikkel is. Kapasiteit is gebou deur vaardighede te verbeter in terme van individue, groepe binne provinsiale regerings in terme van besluitneming, masjinerie van regering, menslike hulpbronne en programontwikkeling en lewering. Kapasiteit is ontwikkel deur die verkryging en deel van kennis sowel as die toepassing van hierdie kennis. Die leer van nuwe idees en inligting relevant tot mense se provinsies het in elke aktiwiteit plaasgevind in elke provinsie. Kennisdeling en kundigheid het wyd in die werksomgewing voorgekom deur die ontwikkeling van leernetwerke. Prestasiemeting, spesifiek resultaat gebaseerde bestuur, was die instrument wat deur die Venootskapsooreenkomsprojek gebruik is om resultate te identifiseer, te meet en te rapporteer. Hoewel al die deelnemers die meting van prestasie en dokumentering van resultate ondersteun het, is bevind dat die stelsel wat deur die befondsingsagentskap gebruik word rigied en nie koste-effektief is nie. Onduidelikhede in terme van rolverdeling en verantwoordelikhede is ander uitdagings wat ervaar is. Verskeie voorbeelde waar die Vennootskapsooreenkomsprojek aan die geïdentifiseerde beste praktyke voldoen en dit selfs oortref het, is geïdentifiseer. Voorbeelde sluit in die effektiewe gebruik van die vennootskap as instrument, die oordrag van kennis, kapasiteitsontwikkeling, samewerkende vennootskappe, en vrywillige deelname. Die Vennootskapsooreenkomsprojek het hoë vlakke van volhoubaarheid gedemonstreer indien gemeet word aan die kriteria van plaaslike eienaarskap, relevansie, omvattendheid, vennootskappe, skakeling en stabiliteit. Netwerke wat deur middel van die Vennootskapsooreenkomsprojek vasgestel is sowel as dié buite die projek het die deel van gemeenskaplike waardes beklemtoon en het bygedra tot die ontwikkeling van blywende vriendskappe en verhoudinge tussen die Suid Afrikaanse en Kanadese provinsies. Die algemene ervaring van die twee lande met die vennootskapsooreenkoms as instrument was positief. Die vennootskappe het gehelp om die kapasiteit van sentrale agentskappe en lyndepartemente te bou. Dit het staatsamptenare gehelp om kennis en vaardighede te bou wat nodig is vir die ontwikkeling en implementering van beleide en programme, en om die verwagtinge van die publiek en agenda van verkose politieke ampsdraers te bevorder. Hierdie projek het bygedra tot ‘n sterker fondament vir demokratiese provinsiale regering sowel as samewerkende regering.