School of Nursing
Permanent URI for this community
Browse
Browsing School of Nursing by Author "Basson, Petro Magdalena"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access 'n Verpleegkundige begeleidingsprogram vir persone wat infektering met die menslike immuniteitsgebrekvirus vermoed(University of the Free State, 1992-05) Basson, Petro Magdalena; Van Wyk, N. C.; Viljoen, M. J.Afrikaans: VIGS is 'n wesenlike probleem in Suid-Afrika. Indien die verspreiding van die Menslike Immuniteitsgebrekvirus (HIV) nie gestop word nie, kan die siekte epidemiese afmetings aanneem. Diegene wat hoë risiko seksgedrag beoefen moet gelei word om dit te staak. VIGS is 'n gevreesde siekte omdat HIV infeksie 'n chroniese infeksie is en gekenmerk word deur die progressiewe agteruitgang van die menslike immuunsisteem. Daar bestaan geen geneesmiddel teen die siekte nie en die verloop daarvan eindig altyd in die dood. Persone wat hoë risiko seksueelgedrag openbaar, vermoed dikwels dat hulle moontlik met HIV geïnfekteer kan wees. Met aanmelding vir evaluering ter bevestiging van hul vermoedens, benodig hulle reeds verpleegkundige tussentredes. ' Die tussentredes behoort daarop gerig, te wees om hulle in staat te siel om hul kommer te hanteer. Indien die persone egter nie ook gelei word om hul gedrag te verander nie, kan hulle weer met die virus in aanraking kom of dit selfs versprei. Omdat verpleegkundiges dikwels die ondersteuning van hierdie persone hanteer, kan aanvaar word dat 'n verpleegkundige begeleidingsprogram wat deur empiriese navorsing ontwikkel is, 'n positiewe bydrae tot optimale ondersteuning kan maak, aangesien daar geen gepubliseerde Suid-Afrikaanse verpleegkundige begeleidingsprogram in die literatuur gevind kon word nie. Dit is dus die doel van die studie om 'n begeleidingsprogram vir persone wat HIV infektering vermoed, te ontwikkel wat hulle in staat stelom: - feitelike kennis oor VIGS te bekom, - die psigologiese gevolge van HIV infektering te begryp, en - die nodige gedragsverandering te begryp en te bemeester. 'n Beskrywende studie met 'n nie-eksperimentele navorsingsontwerp is gebruik. Na 'n omvattende, intensiewe literatuurstudie is 'n voorlopige begeleidingsprogram vir persone wat hoë risikogedrag openbaar, saamgestel. Daarna is dit aan domeinkundiges, wat oor spesiale kennis op die gebied van VIGS beskik, vir evaluering volgens die Delphi-tegniek voorgelê. Beskrywende statistieke is gebruik in die ontleding van die data wat verkry is. Uit die bevindinge is dit duidelik dat die domeinkundiges met die afdelings sowel as items van die voorlopige program saamstem. Die finale program is na 'n herorganisasie van die items ten einde 'n logiese geheel te verkry, saamgestel. Vir die volgende afdelings en inhoud is voorsiening gemaak: - Inligting oor VIGS -- Oorsprong -- Patogenese -- Epidemiologie -- Spektrum -- Kliniese tekens en simptome -- Oordraging van HIV -- Hoë risikogedrag - Psigososiale reaksies van persone wat mv infektering vermoed - Verpleegsorg -- Ondersteuning -- Motivering tot gedragsverandering Die verpleegkundige wat die program gebruik moet deurentyd bewus wees van die kliënt se uniekheid en slegs toepaslike gedeeltes gebruik. Die program is dus as hulpmiddel vir die verpleegkundige ontwikkel en nie as 'n inligtingstuk vir persone wat HIV infektering vermoed nie.Item Open Access Verpleegsorgbehoeftes van HIV positiewe pasiënte(University of the Free State, 1996-05) Basson, Petro Magdalena; Van Rhyn, W. J. C.; Viljoen, M. J.English: HIV infection causes AIDS, a communicable, stigmatised and terminal disease. It leads to the progressive deterioration of the immune system that ends in death. HIV infection affects the total human being. Never in history were health care workers so drastically challenged to look beyond an illness and to take on a holistic approach to health, as in the case with AIDS. The research was done in two phases. The first phase was the reconnaissance and description of HIV positive patients' nursing care needs as well as nurses' view thereof. The selection of nurses and patients were done by purposiveness selection. The researcher has established the nursing care needs of the HIV positive patient in the study by in-depth interviews. Nurses' views of the nursing care were also obtained through in-depth interviews. Interviews were recorded on tape and were transcribed afterwards. Data analysis was done according to Giorgi's model. After data analysis had been done, the results were controlled and verifted with the literature. The abovementioned processes were completed according to the philosophic foundation of the researcher, namely the Christian anthropology. Several needs and problems of the HIV positive patients with regard to their nursing care were identified. Nurses also experienced problems in the delivery of their nursing care. The primary problems that nurses experienced were, a lack of information about HIV and AIDS as well as limited time to deliver quality nursing care. Phase two: From the gathered information from HIV positive patients, nurses and literature, a nursing care model was compile to provide in the needs of the HIV positive patients. The model makes provision for application in any stage of AIDS. The family, community, resources and the multi-disciplinary team fugerate in this model. The nurse is the key role player in the model. The model is framed by the 15 aspects of Dooyeweerd and therefore shows that the HIV positive patient is nursed according to the holistic approach. The description and reconnaissance of the concepts applicable to the model were done according to the theory generated by Marriiler-Tomey,(1989:5), Woods and Catenzaro (1988:20), Walker and Avant (1988: 10) and Kim (1983: 131). This middle range theoretical model was compiled to ease the task of the nurse in practice and also to deliver quality nursing care to HIV positive patients.