Industrial Psychology
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Industrial Psychology by Advisor "Van Zyl, E. S."
Now showing 1 - 3 of 3
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access The development of a competency model for commercial grain farmers(University of the Free State, 2021) Moloi, Thapelo Jacob; Van Zyl, E. S.𝑬𝒏𝒈𝒍𝒊𝒔𝒉 The National Planning Commission-Vision 2030 (2012) purported that agriculture can create close to 1 million new jobs by 2030, a significant contribution to the overall employment target. This is the primary economic activity in rural areas. Therefore, to achieve this, South Africa needs to pick and support commercial agriculture sectors and regions with the highest potential for growth and employment. McElwee (2008, p. 466) stated that “Farmers are a rich resource for study in the area of entrepreneurial capability”. Since crop farming is one of the vehicles in the agriculture sector, particularly using grain farming to achieve the abovementioned number of jobs, a study exploring the competencies that potential grain farmers should possess was necessary. This study aimed to develop a competency model for commercial grain farmers in South Africa using a classic grounded theory method. In future, this would be used as a starting point to construct instruments to enable stakeholders to identify, train, develop and mentor future prospective grain farmers to fulfil the role of creating several jobs. Semi-structured interviews were used to gather data from 15 participants: 13 were involved in a mixed type of agriculture, one was involved in livestock farming, and one was a professional advisor. Triangulation was also used to validate competencies raised in the first phase of data gathering and confirmed in the second phase by three experts who never took part in the first phase of the study. The constant comparison method was used to analyse available data and helped generate a competency model for commercial grain farmers. The model generated by the empirical data established the following five themes: 1) definition of commercial grain farming, which involves scale of operation, independence, own or rented land and turnover; 2) methods to acquire grain farming competencies such as educational institutions, on-the-job-training, early childhood exposure to farming, openness to guidance and refresher workshops; 3) the role of grain farming in agriculture includes food security, job creation, economic growth and wealth or income generation; 4) indicators of success in grain farming, which includes financial stability, having farming implements, being able to help others and having proper output per unit area; and several other competencies (skills, knowledge and personality attributes) expected from a commercial grain farmer. These competencies serve as practical application of the findings. They provide the basis for what trainers, mentors, agriculture advisors and all other stakeholders would be looking for to equip those interested in grain farming. The competencies will further provide the basis for farmers to draft job descriptions and specifications for the workforce. Implications and recommendations for this study are also made, including a brief discussion of the limitations of the study. ___________________________________________________________________Item Open Access A talent management framework for the private sector(University of the Free State, 2015) Mathafena, Rose Boitumelo; Van Zyl, E. S.Afrikaans: Talentbestuur is toenemend besig om ’n strategiese prioriteit vir baie winsskeppende organisasies in die privaat sektor te word. Die sukses van kennisgedrewe organisasies is grootliks afhanklik van hulle vermoë om sleuteltalent te lok, te ontwikkel en te behou in vandag se dinamiese en mededingende sakeomgewing. Die behoefte aan talentbestuur word veroorsaak deur ’n behoefte om mensebestuurspraktyke in ooreenstemming te bring met dié van die organisasie ten einde strategiese uitvoering en operasionele uitnemendheid te bewerkstellig. Hierdie studie het ’n sterk behoefte geïdentifiseer om ’n talentbestuursraamwerk in die privaat sektor te ontwikkel met die doel om die gapings en beperkinge in die definisie van begrippe in die veld, asook in die toepassing, implementering en groei van talentbestuurspraktyk in die organisasie, te vul. Die hoofdoel van die studie is dus om ’n talentbestuursraamwerk vir die privaat sektor te ontwikkel. ’n Diepgaande ondersoek is gedoen van talentbestuurspraktyk in vername en toonaangewende organisasies wat reeds in die volwasse stadia van talentbestuursimplementering in Suid-Afrika is. Die modernistiese kwalitatiewe navorsingsbenadering is in die studie toegepas. ’n Buigbare en opkomende navorsingsproses is noodsaaklik om talentbestuur as verskynsel verder as bloot die teorie te verken. ’n Modernistiese benadering het die streng data-ontledingsmetodes soos analitiese induksie en gegronde teorie wat in die studie toegepas is, gesteun en gefasiliteer. Die navorsing is gedoen in twee verskillende maatskappye. Die studie word dus as ’n veelvoudige terrein-gevallestudie geklassifiseer. Die geselekteerde maatskappye is wyd bekend vir hulle doeltreffende talentbestuursprogramme. Doelgerigte steekproefneming is aangewend om die deelnemers te identifiseer. Die deelnemers is menslikehulpbronpraktisyns, lede van die bestuur en begunstigdes van die talentbestuursprogramme. Meer insig en kennis is verkry met behulp van interaksie en onderhoude met vername belanghebbendes in die organisasies wat op hoogte is van talentbestuurspraktyk. Semigestruktureerde onderhoude is in die eerste rondte van data-insamelingsonderhoude gevoer, terwyl die tweede rondte ongestruktureerd was met die fokus om die aanvanklike talentbestuursraamwerk wat ontwikkel is, te toets. Analitiese induksie en konstruktivistiese gegronde teorie is geïmplementeer om die digte en ryk narratiewe data wat ingesamel is, te ontleed. Die begrippe wat uit die data (induktief) en teorie/literatuur (deduktief) gegenereer is, is kritiek vir die ontwikkeling van ’n talentbestuursraamwerk. Die literatuurstudie ondersteun, bevestig en staaf die relevansie van die insigte wat uit die data van die deelnemers verkry is. Die studie het ’n talentbestuursraamwerk gelewer wat die verbetering van talentbestuurspraktyk in organisasies in die privaat sektor sal rig en steun. Die raamwerk is geïntegreer, holisties en breedvoerig genoeg om die meeste sleutel- en kerndimensies van talentbestuurspraktyk te dek. Uiteindelik is die raamwerk op só ’n wyse ontwikkel dat dit tot beste praktyk en die bevordering van talentbestuursvolwassenheid sal lei. Die raamwerk beklemtoon die vernaamste elemente, naamlik beplanning, sleuteldimensies, implementering met in ag neming van loopbaanlewenstadia en meervoudige generasies, faktore wat tot beste praktyk lei, rolspelers en die evaluering van doeltreffendheid. Die studie gee ’n uiteensetting van die sleuteldimensies wat vir die implementering van ’n talentbestuurstelsel noodsaaklik is. Die dimensies van talentbestuur is aantrekking, verkryging en werwing, ontplooiing en oorgang, groei en ontwikkeling, prestasiebestuur, talentbeoordeling, beloning en erkenning, betrokkenheid en behouding. By elk van bogenoemde dimensies is daar spesifieke aktiwiteite wat uitgevoer kan word om elkeen se uitkomste te bereik. Menslikehulpbrondepartemente en talentpraktisyns kry dus ’n gids waarvolgens hulle posbeskrywings en werksomvang kan ontwerp wat met talentbestuursaktiwiteite verband hou.Item Open Access Verskille in werkstres en psigiese uitbranding tussen blanke- en swart middelvlakbestuurspersoneel in 'n Suid-Afrikaanse diensorganisasie(University of the Free State, 1998) Pienaar, Jacobus Willem; Van Zyl, E. S.Afrikaans: Die doel van hierdie studie is om ondersoek in te stel na die verskil in voorkoms van werkstres en psigiese uitbranding tussen blanke- en swart middelvlakbestuurspersoneel in 'n Suid-Afrikaanse diensorganisasie. Uit 'n beskouing van stres-literatuur blyk dit dat stres, werkstres en psigiese uitbranding nie net wêreldwyd nie, maar ook in Suid-Afrika aan die toeneem is. Dit word deur finansiële, organisatoriese en menslike uitgawes verbonde aan stres, werkstres en psigiese uitbranding, beklemtoon. Veranderinge binne veral die Suid-Afrikaanse politieke- en ekonomiese arena het daartoe bygedra dat Suid-Afrikaanse diensorganisasies genoodsaak word om 'n meer verteenwoordigende werksmag daar te stel, wat daartoe lei dat daar, onder andere, toenemend meer swart bestuurders in diens geneem word. Aangesien daar vroeër in Suid-Afrika nie veel aandag geskenk is aan hoe die swart bestuurder werkstres en psigiese uitbranding in vergelyking met sy blanke eweknie ervaar nie, bestaan daar tans 'n beperkte aantal literatuur rakende die oorsake van werkstres en psigiese uitbranding vir hierdie groep. Daar is dus besluit om ondersoek in te stel na die verskille in werkstres en psigiese uitbranding tussen blanke- en swart middelvlakbestuurspersoneel, ten einde 'n data basis vir toekomstige navorsing daar te stel, asook om organisasies in staat te stel om voorkomend op te tree. In hierdie studie word stres en meer spesifiek werkstres, asook psigiese uitbranding as vertrekpunt gebruik en as sistemiese verskynsels bespreek, ten einde aan die doel van studie te kan beantwoord. Die invloed van ras op die belewing van stres, werkstres en psigiese uitbranding word aan die hand van 'n multikulturele model van stres beskryf en verklaar. 'n Populasiegrootte van 387 middelvlakbestuurspersoneel uit 'n Suid-Afrikaanse diensorganisasie is as proefpersone by die studie ingesluit. Van Zyl & Van der Walt (1991) se Werk- en- Lewensomstandighedevraelys is gebruik om stresvlakke en bepaalde stressors te meet en Maslach se Uitbrandingsvraelys (Maslach & Jackson, 1981a) is aangewend om die vlak van uitbranding te bepaal. Statistiese verwerking van gegewens wat van die 387 vraelyste verkry is, is met behulp van die SPSS rekenaarprogram (SPSS, 1993) gedoen. In hierdie skripsie word daar van beide beskrywende- en inferensiële statistiek gebruik gemaak om aan die daargestelde doelwit te voldoen, nadat daar getoets is of die inferensiële statistiese metodes voldoen het aan die statistiese aannames onderliggend aan die gebruik van hierdie metodes. T-toetse en kovariansie-analise is geëvalueer vir gegroepeerde data ten einde beduidende verskille waar van toepassing tussen groepe aan te toon. Daar is statisties beduidende verskille in gemiddelde tellings ten opsigte van werkstres en psigiese uitbranding tussen blanke- en swart middelvlakbestuurspersoneel gevind. Vanuit die resultate blyk dit dat die swart groep statisties beduidend hoër tellings as die blanke groep op eksterne stressors, taakeienskappe, loopbaanaangeleenthede, sosiale aangeleenthede en depersonalisasie as bronne van stres, werkstres en psigiese uitbranding, behaal het. Die blanke groep daarenteen het statisties beduidend hoër tellings op emosionele uitputting as komponent van psigiese uitbranding as die swart groep, behaal. Na die integrasie van die data is daar tot die gevolgtrekking gekom dat maatreëls om werkstres en psigiese uitbranding by blanke- en swart middelvlakbestuurspersoneel te voorkom op verskillende vlakke van die sisteem ingestel sal moet word.