Die narratiewe werkswyse in gemeenskapsontwikkeling

Loading...
Thumbnail Image
Date
2004
Authors
Du Plessis, Retha
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: The narrative method, a fundamentally new direction in the therapeutic world, can be used in community development work. In implementing the five “micro-maps” developed by Michael White (1998), the social worker will continually concentrate on successfully entering the community. It is important to act from a position of ignorance in order to enable the members of the community to explore their narratives. Once the community has done this, the task of the social worker is to identify problem themes and then to facilitate a process enabling community members to externalize these themes and develop unique outcomes that may form the basis of new stories. Definitional ceremonies provide opportunities for witnessing new narratives. The implementation of “taking-back” practices may contribute to a process whereby stories of hope, sustainability and empowerment are developed. The narrative method has the potential to empower communities to such an extent that they take over their own development.
Afrikaans: Die narratiewe metode wat ’n nuwe beweging in die terapeutiese veld ingelui het, kan ook tydens gemeenskapsontwikkeling benut word. In die implementering van die vyf “micro-maps” wat deur Michael White (1998) ontwikkel is, is dit belangrik dat die maatskaplike werker deurlopend sal poog om suksesvol tot die gemeenskap toe te tree. Dit is belangrik om van ’n nie-beterweterige-posisie te werk ten einde die gemeenskapslede in staat te stel om hulle narratiewe te deel. Wanneer laasgenoemde hul narratiewe vertel het, is dit die taak van die maatskaplike werker om probleemtemas te identifiseer en daarna ’n proses te fasiliteer wat die gemeenskapslede in staat stel om dié temas te eksternaliseer en moontlike unieke uitkomste te vind wat die basis vir nuwe stories kan vorm. Bevestigingseremonies bied geleenthede om nuwe stories te bevestig. Dié terugskouende hantering van narratiewe kan daartoe bydra dat stories van hoop, volhoubaarheid en bemagtiging verder ontwikkel word. Die narratiewe metode het die moontlikheid om gemeenskappe sodanig te bemagtig dat hulle verantwoordelikheid vir hul eie ontwikkeling aanvaar.
Description
Keywords
Narrative method, Community development, Social worker, Empowerment, Own development
Citation
Du Plessis, R. (2004). Die narratiewe werkswyse in gemeenskapsontwikkeling. Acta Academica, Supplementum (1), 88-112.