An international perspective of restorative justice practices and research outcomes
Loading...
Date
2006
Authors
Naude, B.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Faculty of Law, University of the Free State
Abstract
English: Restorative justice is not a new concept as it was the dominant criminal justice model
in ancient Greek, Roman and Arab civilisations as well as indigenous communities in
South Africa, Australia, New Zealand and Canada. Western countries re-discovered
restorative justice in the mid 1970s and by the end of the 1990s most Western countries
had legalised restorative justice programmes. South African legislation also makes
provision for restorative justice processes. Restorative justice is a victim-centered response
to crime that provides opportunities for those most directly affected by crime — the
victim, the offender, their families, and representatives of the community — to be directly
involved in responding to the harm caused by the crime. It can be applied at the formal
and informal level. At the formal level the criminal justice system can apply it during
the pre-trial process, the pre-sentencing process, or in pre-release programmes. At the
informal level it can be applied to solve a variety of community conflicts, neighbourhood
conflicts, family conflicts and interstate conflicts. Most restorative justice cases are referred
by magistrates, prosecutors and probation officers. Common referrals are vandalism,
theft of property, car theft, burglary, shop theft, attempted homicide, assault and domestic
violence and it is appropriate for males, females and young offenders. A large number
of research findings across countries indicate that restorative justice is very effective
and that most victims and offenders were satisfied with the outcomes of the process.
Most participants indicated that they had been fairly treated and that they would again
participate in a restorative justice process. The criminal justice system is criticised for
being a European worldview of a retributive justice philosophy that is largely offender
focussed and guided by codified laws and rules of procedure while ignoring the needs of
the victim. Restorative justice is, however, also criticised for adopting the legal framework
and definitions of crime and that it can put victims’ rights at risk. It is also questioned
whether restorative justice empowers victims as the process rather seems to entrench
them as victims. It is furthermore argued that restorative justice can widen the net of
social control if it is mostly used for minor offences.
Afrikaans: Herstellende geregtigheid is nie ’n nuwe konsep nie en was die dominante kriminele regsmodel in antieke Griekse, Romeinse en Arabiese beskawings asook inheemse gemeenskappe in Suid-Afrika, Australië, Nieu Seeland en Kanada. Westerse lande het herstellende geregtigheid herontdek in die middel 1970s en teen die einde van die 1990s het die meeste Westerse lande wetlike voorsiening gemaak vir herstellende geregtigheidsprogramme. Suid-Afrikaanse wetgewing maak ook voorsiening vir herstellende geregtigheidsprogramme. Herstellende geregtigheid is ’n slagoffer-gesentreerde reaksie op misdaad wat geleenthede bied aan diegene wat die meeste daardeur geraak word — die slagoffer, die oortreder, hul gesinne, en gemeenskapsverteenwoordigers — om direk betrokke te raak by die skade veroorsaak deur misdaad. Dit kan op formele en informele vlak toegepas word. Op formele vlak kan dit deur die regstelsel toegepas word tydens die voorverhoor proses, the voorvonnis stadium, of as deel van voor-vrylatingsprogramme. Op informele vlak kan dit toegepas word om ‘n verskeidenheid gemeenskapskonflikte op te los, byvoorbeeld buurtkonflikte, gesinskonflikte en interstaat konflikte. Herstellende geregtigheidsgevalle word meesal verwys deur landdroste, aanklaers en proefbeamptes. Die meeste verwysings is vir misdade soos vandalisme, diefstal van eiendom, motordiefstal, huisbraak, winkeldiefstal, poging tot moord, aanranding en gesinsgeweld en dit is geskik vir mans, vroue en jeugdige oortreders. ’n Groot aantal navorsingsbevindings in verskeie lande toon dat herstellende geregtigheid baie doeltreffend is en dat die meeste slagoffers en oortreders tevrede was met die uitkomste van die proses. Die meeste deelnemers het verder aangedui dat hulle regverdig behandel is en weer sal deelneem aan ’n herstellende geregtigheidsproses. Die kriminele regstelsel word gekritiseer omdat dit ’n Europese wêreldbeskouing van vergelding is wat hoofsaaklik fokus op die oortreder en gerig word deur gekodifiseerde wette en prosedures terwyl die behoeftes van die slagoffer geïgnoreer word. Herstellende geregtigheid word egter ook gekritiseer omdat dit die regsraamwerk en definisies van misdaad aanvaar en dat dit slagoffers se regte kan skaad. Dit word ook bevraagteken of herstellende geregtigheid werklik slagoffers bemagtig aangesien die proses inbreuk kan maak op hulle regte. Verder word geargumenteer dat herstellende geregtigheid die net van sosiale beheer kan verbreed as dit hoofsaaklik gebruik word vir geringe oortredings.

Description
Keywords
Restorative justice, South African legislation, Crime, Conflicts, Victims, Criminal justice system
Citation
Naudé, B. (2006). An international perspective of restorative justice practices and research outcomes. Journal for Juridical Science, 31(1), 101-120.