Arbeidsverhoudingprobleme met algemene werkers aan tegniese kolleges: ’n kwalitatiewe perspektief

Loading...
Thumbnail Image
Date
2001
Authors
Viljoen, Ina
Bisschoff, Tom
Gouws, Francois
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: South Africa has recently experienced major changes in labour relations, requiring very skilled practitioners. Technical college management have not yet placed sufficient emphasis on the acquisition of the necessary skills. The colleges therefore experience continual conflict and disruption among general workers, which leads to labour unrest and has grave financial implications. Managers are unable to handle differences, disputes or grievances. Labour relations are dealt with by crisis management, resulting in increasingly unstable conditions. Research into the causes of growing unrest in the relations between technical college management and general workers is therefore extremely relevant. In this article the “managerial” role of the “factotum” is discussed in the context of research into labour unrest at technical colleges.
Afrikaans: Suid-Afrika het in die afgelope dekade ingrypende veranderinge rondom arbeidsverhoudinge ondergaan. Hierdie veranderinge verg gespesialiseerde vaardighede, waaraan die bestuur aan tegniese kolleges tot nog toe nie genoeg aandag gegee het nie. Die gevolg hiervan is voortdurende konflik en versteurings wat tot arbeidsonrus aanleiding gee; in sommige gevalle is daar selfs finansiële implikasies ten opsigte van algemene werkers. Hierdie toedrag van sake dui op ’n onvermoë van bestuurders om verskille, griewe en dispute te hanteer. Dit lei tot krisisbestuur van arbeidsverhoudinge wat toenemend onstabiele werksomstandighede tot gevolg het. Navorsing rondom die oorsake van groeiende arbeidsonrus tussen bestuur aan tegniese kolleges en algemene werkers is dus noodsaaklik. Die “bestuursrol” van die faktotum word bespreek teen die agtergrond van arbeidsonrus aan tegniese kolleges.
Description
Keywords
Labour relations, Technical college, General workers, Labour unrest, Management
Citation
Viljoen, I., Bisschoff, T., & Gouws, F. (2001). Arbeidsverhoudingprobleme met algemene werkers aan tegniese kolleges: 'n kwalitatiewe perspektief. Acta Academica, 33(3), 169-187.