Kommunikasie-volwassenheidsmodel vir die meting van bourekenkundige kommunikasie en kommunikasieinstrumente
Loading...
Date
2009
Authors
Berry, Frank
Verster, Basie
Zulch, Benita
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: Although quantity surveyors lay their claim to the construction industry for over
a century there still exists a need for further scientific analyses with reference
to the quantity surveyor’s communication capabilities and communication
instruments as presented in the industry.
This article aims to establish the determinants of a communication maturity
model with respect to the communication capabilities of the quantity surveyor.
The proposed most important determinants used were disclosed through
research on maturity models and project management undertaken by the
University of the Free State in collaboration with the Wirtschafts University in
Vienna, Austria in 2005/6; the final results were issued in 2008.
The results of the provisional survey with regards to the determinants of
communication maturity show that respondents were positive with respect to
the quantity surveyor’s communication in general. This can therefore have a
positive influence on the construction industry with continuous advantages for
the property development environment.
The survey results also indicate that the verbal, written and contractual
communication capabilities of the quantity surveyor are experienced positively.
‘Contractual validity’ as an element of the contractual communication
capability of the quantity surveyor was indicated as the most positive element.
The respondents indicated that the instruments of ‘estimation’ and ‘final
accounting’ are the most important communication instruments. Furthermore,
the respondents’ assessments regarding clarity and understandability of the
instruments ‘final accounts’ and ‘payment advices’ were rated the highest.
A model with the most important determinants identified for effective
communication has been proposed. The model can be used by quantity
surveyors to measure the maturity of quantity surveying communication and
communication instruments in the construction industry.
Afrikaans: Alhoewel die bourekenaar reeds vir ’n eeu aanspraak op die konstruksiebedryf maak, bestaan daar steeds ’n behoefte aan verdere wetenskaplike analises met betrekking tot die bourekenaar se kommunikasievermoë en kommunikasieinstrumente wat in die bedryf beskikbaar gestel word. As gevolg van die funksie wat die bourekenaar verrig, word daar van die professie verwag om op die voorgrond van huidige tegnologie van kommunikasie en kommunikasieinstrumente te wees. Die doel van hierdie artikel is om die determinante van ’n kommunikasievolwassenheidsmodel ten opsigte van die kommunikasievermoë van die bourekenaar te bepaal. Die voorgestelde belangrikste determinante wat gebruik word, vloei voort uit navorsing oor volwassenheidsmodelle en projekbestuur wat deur die Universiteit van die Vrystaat in samewerking met die Wirtschafts University in Vienna, Oostenryk in 2005/6 gedoen is; die finale resultate is in 2008 bekend gemaak. Die resultate van die tussentydse ondersoek na determinante van kommunikasievolwassenheid was positief ten opsigte van die bourekenaar se kommunikasie oor die algemeen en kan derhalwe ’n positiewe invloed op die konstruksiebedryf hê met deurlopende voordele vir die eiendoms-ontwikkelingsomgewing. Die resultate van dié ondersoek dui daarop dat die mondelinge, skriftelike en kontraktuele kommunikasievermoë van die bourekenaar positief ervaar word. Kontraktuele geldigheid as ’n element van die kontraktuele kommunikasievermoë van die bourekenaar word mees positief aangedui. Die respondente dui die instrumente ‘beraming’ en ‘eindrekening’ as die belangrikste kommunikasieinstrumente aan. Die duidelikheid en verstaanbaarheid van die instrumente ‘eindrekening’ en ‘betalingsadvies’ word met die hoogste waarderingsuitslag aangedui. ’n Model wat die belangrikste determinante vir effektiewe kommunikasie identifiseer, word voorgestel. Die model kan gebruik word om die volwassenheid van bourekenkundige kommunikasie en kommunikasie-instrumente in die konstruksiebedryf te meet.

Description
Keywords
Communication maturity model, Communication capabilities, Quantity surveyor, Communication instruments
Citation
Berry, F., Verster, B., & Zulch, B. (2009). Kommunikasie-volwassenheidsmodel vir die meting van bourekenkundige kommunikasie en kommunikasieinstrumente. Acta Structilia, 16(2), 1-17.