’n Oorsig oor boukonstruksie as vak in argitektuur aan die Universiteit van Pretoria in die tydperk 1943-2005
Loading...
Date
Authors
Wegelin, Hans
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
Showing abstract in English
English: Boukonstruksie is tradisioneel ’n kernvak in die graadkursus in Argitektuur aan
die Universiteit van Pretoria. Die vak ondersoek die vernuf van bou, en lewer
’n belangrike bydrae tot die studie van die ontwerp van geboue. Die verloop
van die vak sedert stigting van die Departement Argitektuur in 1943 aan UP
word beskryf, waartydens die kursus moes tred hou met ’n veranderende
wêreld. ’n Oorsig oor vroeë wêreldwye opleiding in konstruksie ontbloot die
draad van handwerk en vakmanskap wat deur die Middeleeue loop, die
stryd en ondergang van die Kunsvlytbeweging (Arts and Crafts Movement),
die industrialisasie van die Moderne Beweging, en die kommersialisme van
vandag. Verandering in aanslag van doseer en leer in Konstruksie aan UP word
deur omstandighede en doseerpersoonlikhede beïnvloed, en word in drie
tydperke ingedeel: die tydperk 1943 1960, ’n tyd van ontwaking en die begin
van ongekende groei; die tydperk 1961 1985, oorheers deur ’n wetenskaplike
aanslag en groot bou aktiwiteite; die tydperk 1986 , wat volg op politieke en
sosiale omwenteling en ’n ontploffing in kennis en bouprodukte.
Description
Citation
Wegelin, H. (2005). ’n Oorsig oor boukonstruksie as vak in argitektuur aan die Universiteit van Pretoria in die tydperk 1943-2005. Acta Structilia, 12(1), 83-96.