The mixed legacy underlying Rawls’s Theory of justice
Loading...
Date
2006
Authors
Strauss, D. F. M.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Faculty of Law, University of the Free State
Abstract
English: The Theory of justice advanced by Rawls must be understood within the context of
factual legal approaches (such as positivism and pragmatism) that eliminated normative
considerations. By contrast, Rawls argues for an account of the role of normative legal
principles by proceeding from an idea introduced during the Enlightenment, namely
that of a social contract. However, the way in which he speaks about law, morality and
virtues clearly demonstrates his indebtedness to Ancient Greek and Medieval conceptions
as well. His assumption is that it is possible for normal human beings to arrive at a
rational consensus by assuming that these individuals not only do have a normative (moral)
awareness but that they are also capable to take distance from their factual societal
position and relations (the veil of ignorance) in order to be open to moral principles
acceptable to every normally developed human being. This article sets out to investigate
the historical roots of the idea of a just society by contrasting the classical Greek and
Medieval ideals with that of modern approaches since the Renaissance, particularly
the account found in natural law theories about the supposed social contract lying at
the foundation of an ordered and just society. The open-ended problems present within
this legacy — particularly regarding the inherent shortcomings of both atomistic and
holistic orientations implicit in the mainstream views on being human and on the place of
the latter within human society and the state — are then related to the mixed assumptions
underlying Rawls’s theory at a basic level. It will be argued that although his intention
is to advocate the basic elements of a constitutional democracy, this aim is threatened
by the latent holistic undertones accompanying his entire theory.
Afrikaans: Rawls se werk, A theory of justice, moet verstaan word vanuit die konteks van feitlike benaderings tot die regswetenskap (soos die positivisme en pragmatisme). Hierdie denkrigtings het alle normatiewe oorwegings ge-elimineer. Rawls daarenteen argumenteer dat rekening gehou moet word met normatiewe regsbeginsels deur uit te gaan van ’n idee wat gedurende die Verligting na vore gekom het, naamlik die sogenoemde sosiale kontrak. Nogtans demonstreer die wyse waarop hy oor reg, moraliteit en deugde praat tegelyk sy afhanklikheid antieke Griekse en Middeleeuse opvattinge. Sy aanname is dat dit vir normale mense moontlik is om tot ’n rasionele konsensus te kom deur te aanvaar dat hierdie individue nie alleen oor ’n morele besef beskik nie maar dat hulle ook daartoe in staat is om afstand te neem van hul feitlike sosiale posisie en relasies (die kleed van onwetendheid) sodat hulle ontvanklik kan wees vir morele beginsels wat aanvaarbaar is vir elke ontwikkelde mens. Die artikel begin deur die historiese wortels van die idee van ’n regverdige samelewing te ondersoek deur die kontrastering van die klassieke Griekse en Middeleeuse ideale met moderne benaderinge sedert die Renaissance, in die besonder die verantwoording wat te vinde is in die teorieë oor die veronderstelde sosiale kontrak wat vermeend ten grondslag lê aan ’n geordende en regverdige samelewing. Die onopgesloste probleme van hierdie tradisie, in die besonder rakende die tekortkominge wat aanwesig is beide in atomistiese en holistiese oriëntasies soos ingebed in die hoofstroom sieninge van mens-wees en die plek van die mens in die menslike samelewing en die staat word dan in verband gebring met die gemengde aannames wat onderliggend is aan Rawls se teorie op ’n basiese vlak. Die bedoeling is om te argumenteer dat alhoewel Rawls die intensie besit om die basiese elemente van ’n konstitusionele demokrasie te propageer, hierdie doelstelling bedreig word deur die latente holistiese ondertone wat sy ganse teorie vergesel.

Description
Keywords
Theory of justice, Rawls, J., Legal approaches
Citation
Strauss, D. F. M. (2006). The mixed legacy underlying Rawls’s Theory of justice. Journal for Juridical Science, 31(1), 61-79.