Die interpretasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg (Deel 1)

Loading...
Thumbnail Image
Date
2016
Authors
Bekker, T.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Faculty of Law, University of the Free State
Abstract
English: The parol evidence rule in the South African law of contract consists of two different subrules. The one subrule deals with the extent to which a written contract may be regarded as the sole memorial of its terms and will be referred to as the “integration rule” in this article. Closely related to the integration rule is the socalled “interpretation rule”. The narrow definition of this rule entails that no evidence may be adduced to alter the clear and unambigious meaning of a written or verbal agreement. There is, however, also a wider definition that may be attributed to the interpretation rule, namely that it entails when and to what extent extrinsic evidence may be adduced to explain or alter the wording of a contract. In the past decades, there has been a development in the application of the interpretation rule in the South African law of contract from a strict formalistic textual approach to a more liberal contextual approach in terms of which more extrinsic evidence is allowed in order to interpret the written contract between the parties. In the first part of this article, the subjective and objective approaches to interpretation will be contrasted and the historical background of the interpretation rule will be briefly discussed. There will also be a critical analysis of the development and current application of the interpretation rule in the South African law of contract.
Afrikaans: Die ekstrinsieke getuienis-reël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg bestaan uit twee verskillende onderafdelings. Die een onderafdeling handel met die mate waarin ’n skriftelike kontrak as die enigste uiteensetting van sy bedinge (“sole memorial of its terms”) beskou kan word, waarna daar in hierdie artikel as die “integrasiereël” verwys word. Nou verwant aan die integrasiereël is die sogenaamde “interpretasiereël”. Die eng definisie van hierdie reël bepaal dat geen getuienis aangebied mag word om die duidelike en ondubbelsinnige betekenis van ’n ooreenkoms, hetsy mondeling of skriftelik, te verander nie. Daar is egter ook ’n wyer definisie wat aan die interpretasiereël toegedig kan word, naamlik dat dit bepaal wanneer en tot watter mate ekstrinsieke getuienis aangewend mag word om die bewoording van ’n kontrak te verduidelik of te verander. In die voorafgaande aantal dekades of so het daar ’n ontwikkeling plaasgevind in die toepassing van die interpretasiereël in die Suid- Afrikaanse kontraktereg vanaf ’n streng formalistiese tekstuele benadering tot en met ’n meer liberale kontekstuele benadering op grond waarvan meer ekstrinsieke getuienis toelaatbaar is om die skriftelike kontrak van die partye uit te lê. In die eerste deel van hierdie artikel sal die subjektiewe en objektiewe benaderings tot uitleg gekontrasteer word en sal daar ’n kortlikse bespreking wees van die geskiedkundige agtergrond van die interpretasiereël. Daar sal vervolgens ’n kritiese analise van die ontwikkeling, en die huidige toepassing van die interpretasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg plaasvind.
Description
Keywords
Law of contract, Parol evidence rule, Interpretation rule
Citation
Bekker, T. (2016). Die interpretasiereël in die Suid-Afrikaanse kontraktereg (Deel 1). Journal for Juridical Science, 41(1), 99-129.