J M G Le Clézio se L’Africain praat Afrikaans: kroniek van ’n kennismaking in die taalpaar Frans-Afrikaans

Loading...
Thumbnail Image
Date
2012
Authors
Morgan, Naòmi
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
University of the Free State
Abstract
English: In 2008 the Nobel Prize for Literature was awarded for the fourteenth time to a French author, Jean-Marie Gustave Le Clézio. Although several of his texts are available in English, German and Swedish, until recently, Afrikaans-speaking readers were dependent on Dutch to read the keystone of his oeuvre, L’Africain. On the one hand, the 2010 publication of Die Afrikaan by SUN PReSS serves as a case-study of the position of French/Afrikaans literary translation. On the other hand, the mainly autobiographical text constitutes essential reading for the recognition of themes, events and characters also appearing in other Le Clezian novels. Mapping the various steps in the publication process revealed certain of Le Clézio’s language reservations which can only be explained by thematic links to other similar, autobiographical novels in his oeuvre, interviews with the author and the insights of the best-known authorities on Le Clézio. It is a unique case of the translation process shedding light on the deeper meaning of a literary text.
Afrikaans: In 2008 word die Nobelprys vir Letterkunde vir die veertiende keer aan ’n Franse skrywer, in hierdie geval Jean-Marie Gustave Le Clézio, toegeken. Hoewel verskeie van sy tekste in Engels, Duits en Sweeds beskikbaar is, was Afrikaanssprekende lesers tot onlangs op Nederlands aangewys om die sluitsteen van sy oeuvre, L’Africain, te kan lees. Die 2010-verskyning van Die Afrikaan by SUN PReSS dien enersyds as ’n gevallestudie van die stand van Frans/Afrikaanse literêre vertaling in Suid-Afrika. Andersyds is die grotendeels outobiografiese teks essensiële leesstof vir die herkenning van temas, gebeure en karakters wat ook in ander Le Cléziaanse romans voorkom. Die kartering van die verskillende stappe van die publikasieproses lê sekere taalbehoude by Le Clézio bloot wat slegs verklaar kan word deur die tematiese ooreenkomste met ander outobiografiese romans in sy oeuvre, onderhoude met die skrywer en insigte van die bekendste Le Clézio-kenners. Dit is ’n unieke geval waar die vertaalproses lig werp op die dieperliggende betekenis van ’n literêre teks.
Description
Keywords
Le Clézio, Jean-Marie Gustave, L’Africain, Die Afrikaan, Translations
Citation
Morgan, N. (2012). JMG Le Clézio se L'Africain praat Afrikaans: kroniek van 'n kennismaking in die taalpaar Frans-Afrikaans. Acta Academica, 44(3), 52-73.