Thomas Aquinas oor die aborsie-debat en die Kerk magesterium

Loading...
Thumbnail Image
Date
2007
Authors
Swartz, N. P.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Faculty of Law, University of the Free State
Abstract
English: Thomas of Aquino’s exchange of ideas and the church magesterium present an ex h a ustive overv i ew for the implementation of the dignity of human life.The result of such an exchange of ideas causes the church magesterium to oppose every threat to human life from the moment of conception. The threat to human life is most intense at the point where life begins — at that stage where it is at its most defenceless. It is, for example, pre-natal. It is at this moment when humans are totally dependent on the goodwill and care of others. The church magesterium attempts to have an awareness of a “culture of life” take hold in civil society. By having created the human soul, God clothed humans in godliness. Human life, therefore, has a sacred and inviolable quality. The inviolate quality of human life is guaranteed by the Constitution of South Africa. It guarantees the equality of all in law, also that of the fo e t u s.Should there be any violation of this right, it would have farreaching implications for political civil society. Humankind is obliged to respect life. It expresses humankind’s relationship to fellow-man: and it is valid from the first moment of conception through to adulthood. The foetus also is a fe l l ow human being and his or her rights should be respected just as the case would be with every other human being.
Afrikaans: Die gedagtewisseling van Thomas Aquinas en die kerk magesterium bied ’n omvattende oorsig vir ’n implementering van die waardigheid van menslike lewe. Die resultaat van sodanige gedagtewisseling veroorsaak dat die ke rk magesterium elke bedreiging van die menslike lewe vanaf die oomblik van konsepsie teenstaan. Die bedreiging van menslike lewe is die felste by die beginpunt van lewe — op daardie tydstip waarby dit op sy weerloosste is. Dit is vóór geboorte. Dit is op daardie oomblik waarop die mens totaal van die welwillendheid en sorg van ander afhanklik is. Die kerk magesterium poog om ’n b ewuswording van ’n “kultuur van lewe” in die menslike samelewing te laat posvat. G od het, deurdat Hy die menslike siel geskape het, die mens sodoende met goddelikheid beklee. Menslike lewe het daarom ’n gewyde en onskendbare eienskap. Die onskendbaarheid van menslike lewe wat in die Middeleeue gevestig is, word vandag in die Suid-Afri k a anse Gro n d wet gewaarborg.Die onskendbaarheid van menslike lewe waarborg ook die gelykheid van almal voor die reg, ook dié van die fetus. Indien skending van sodanige reg plaasvind, sal dit verrykende gevolge vir die menslike samelewing inhou.Die mens en die samelewing staan onder die verpligting om lewe te respekteer. Dit druk die mens se verhouding tot die naaste uit: en dit geld vanaf die oomblik van konsepsie tot by volwassenheid. Die fetus is ook die naaste en sy of haar regte moet net soos dié van elke ander mens gerespekteer word.
Description
Keywords
Citation
Swartz, N. P. (2007). Thomas Aquinas oor die aborsie-debat en die Kerk magesterium. Journal for Juridical Science, 32(2), 130-145.