Business Management
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Business Management by Subject "Asset correlation"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access A portfolio approach to improving market and credit risk management(University of the Free State, 2011/12/15) Botha, Marius; Van Vuuren, Gary; Van Zyl, HelenaAfrikaans: Die kredietkrisis wat besig is om te ontvou (in 2008 ‘n aanvang geneem), het omtrent elke segment van die internasionale finansiële stelsel beïnvloed. Krediet is ernstig ingekort soos wat banke worstel om verdere verliese, veroorsaak deur roekelose uitleenpraktyke wat die afgelope 20 jaar gekenmerk het, in toom te hou. Batepryse het getuimel soos wat angstige beleggers na veiliger toevlugsoorde vlug, en tradisionele beleggings en verskansingsfondse laat vaar. Regerings, in ’n poging om stagflasie te voorkom en suk- kelende ekonomieë aan die gang te kry, het rentekoerse tot historiese laagtepunte verminder, aanspo- ringspakkette geïnisieer en reddingspogings vir banke aangevoor, maar die pogings het (tot op hede) ’n minimale tot geen effek op markte gehad. Die knellende ekonomiese omgewing, gekenmerk deur laer bedryfsproduksie, huis- (en ander bate-) pryse wat daal en stygende werkloosheid, het besteding en investering ontmoedig en kapitaalopgaring bevorder. In die daaropvolgende krisis, is die regule- rende ekonomiese omgewing (gedomineer deur die Basel II Akkoord van die Basel Komitee vir Bank Toesighouding (BKBT)) as ontoereikend bewys. Moontlike oplossings het hulle nog nie voorgedoen nie en dit lyk waarskynlik dat die krisis vir die afsienbare toekoms sal voortduur In die lig van hierdie gebeure en die hedendaagse tekortkominge van die finansiële omgewing oor die algemeen is die behoefte om voortdurend bestaande tegnieke om finansiële risiko te meet en te bes- tuur, uit te brei, asook om nuwe tegnieke te vind. Hierdie proefskrif verken vier belangrike probleme wat deur moderne risikobestuur in portefeulje verband in die gesig gestaar word. Die eerste probleem ondersoek die aanname van ’n normaalverspreide portefeulje-opbrengs. Onomstootlike bewys vir die deurlopende mislukking van hierdie aanname word gelewer. ’n Maatstaf wat portefeulje-prestasie in rangorde plaas, word bespreek en verduidelik met verwysing na verskeie Suid-Afrikaanse verskansingsfondsportefeuljes. Die tweede van hierdie probleme verken die aanname van onbeperkte likwiditeit in markrisiko metingsmodelle. Hierdie aanname word as misleidend bewys en daar word inderdaad geglo dat dit die hoofkomponent van die kredietkrisis is. ’n Nuwe portefeulje markrisiko model, wat die effek van we- senlik verminderde likwiditeit inkorporeer, word bekendgestel en op verskeie Suid-Afrikaanse porte- feuljes toegepas. Die resultate dui op ’n substansieel verbeterde model van markrisiko. Die derde probleem peil die effek van skuldenaar wanbetalingskwaliteit diskriminasie om ’n subtiele teenstrydigheid in die BKBT se formulering van kredietportefeulje kapitaalkostes aan te spreek. Die oorsaak van hierdie teenstrydigheid is vasgestel en die effekte daarvan bespreek met verreikende gevolge vir alle kleinhandel leningsportefeuljes. Ten slotte is die gebrek aan ’n robuuste tegniek om kleinhandel batekorrelasies uit empiriese lenings- verlies data te ekstraheer, ondersoek. ’n Metodologie wat die onderliggende BKBT formulering vir kredietrisiko gebruik, is bepaal en die resultate verkry word vergelyk met kleinhandel batekorrelasies soos gestipuleer deur die BKBT. Die empiriese korrelasies (en geassosieerde kapitaalkostes is as aan- sienlik laer as die BKBT korrelasies (en kostes) bevind, selfs tydens die verhoogde verliese wat tans (2009) ondervind word. Die akkuraatheid van hierdie belemmerende beperkings in portefeulje ver band is geassesseer en voorstelle vir verdere empiriese studie word aan die hand gedoen.