Doctoral Degrees (Business Management)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Business Management) by Subject "Complexity"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Real-time strategy implementation in the electricity industry(University of the Free State, 02-May) Van Buuren, Rudolph Barend; Grous, M. J.; Nortje, J. D.Afrikaans: Hierdie studie fokus op die elektrisiteitsindustrie, met spesifieke verwysing na die wyse waarop organisasies in die industrie hul strategiese beplanning implementeer. Die elektrisiteitsindustrie is spesifiek geselekteer aangesien dit in 'n toenemende komplekse en snelveranderende omgewing opereer. Herstrukturering en deregulering is verskynsels wat tans regoor die wêreld in die elektrisiteitsindustrie plaasvind. Van 'n eens beskermde monopolistiese organisasie tot een waar mededinging tussen konkurrente toegelaat word. Tradisioneel het elektrisiteitsorganisasies gebruik gemaak van beplanningsiklusse wat wissel vanaf een jaar en langer. Hierdie studie fokus spesifiek daarop om die beginsel van intydse strategiese implementering as 'n alternatief vir beplanningsiklusse in die elektrisiteitsindustrie te ondersoek, aangesien die industrie tans in 'n komplekse en snelveranderde omgewing opereer, wat nie gunstig vir die gebruik van beplanningsiklusse is nie. Die empiriese navorsing vir hierdie studie is onder vier van die grootste elektrisiteitsmaatskappye in die Verenigde State van Amerika gedoen. Die Verenigde State van Amerika is spesifiek gekies omdat die elektrisiteitsindustrie in hierdie land van die eerstes was om 'n mededingende mark vir elektrisiteit bekend te stel. Aan die hand van hierdie studie is 'n aantal gapings tussen strategiese beplanning en strategiese implementering blootgelê. Hierdie gapings het toenemend bygedra tot die algemene opvatting dat strategiese beplanning nie as effektief in die industrie gereken word nie en dat dit bloot 'n vermorsing van tyd is. Hierdie gapings kan soos volg saamgevat word: (a) Probleme word ondervind om te reageer op geïsoleerde en onvoorspelbare gebeure in die industrie en wat die potensiaal het om die huidige mededingende posisie van die elektrisiteitsindustrie te vernietig. (b) Die herstrukturering van die industrie en die gevolglike ontbondeling van die eens vertikaal geïntegreerde aard van die elektrisiteitsindustrie het gelei tot die onstaan van konflik wat betref strategiese doelstellings tussen die korporatiewe vlak in die organisasie en die besigheidseenhede van die organisasie. (c) Dit het verder tot gevolg gehad dat die strategiese beplanningsprosesse wat in hierdie organisasies gebruik word, lomp en tydsintensief geraak het, met die gevolg dat senior bestuur nie effektief aan die proses wou deelneem nie. (d) Ten spyte van die beskikbaarheid van 'n verskeidenheid van strategiese beplanningsinstrumente, soos industrie- en mededingerontledings, is gevind dat die meeste van die strategiese beplanningsprosesse in die elektrisiteitsindustrie intern gesentreer is. (e) 'n Algemene probleem om die ontwikkelde strategie te koppel aan effektiewe metingsnorme en verwante metingstelsels , is ondervind. Gevolglik word die belangrikste aanbevelings, gebaseer op die resultate van hierdie studie, gegee: (d) Ten spyte van die beskikbaarheid van 'n verskeidenheid van strategiese beplanningsinstrumente, soos industrie- en mededingerontledings, is gevind dat die meeste van die strategiese beplanningsprosesse in die elektrisiteitsindustrie intern gesentreer is. (e) 'n Algemene probleem om die ontwikkelde strategie te koppel aan effektiewe metingsnorme en verwante metingstelsels , is ondervind. (a) Top bestuur behoort 'n goeie basis te lê vir die implementering van 'n strategie. Dit moet gedoen word deur 'n openlike verbintenis en vrywillige betrokkendheid by die strategiese beplanning en implementering, ten einde die strategiese vaardighede van die organisasie uit te bou en strategiese outonomie regdeur die organisasie te bewerkstellig. (b) Intydse (real-time) strategiese beplanningsprosesse behoort geïnisieer te word, insluitende intensiewe en volgehoue situasie-analise en implementeringsinitiatiewe om strategiese kwessies teen markspoed op te los. (c) Effektiewe strategiese ondersteuningstelsels en -prosesse behoort geïmplementeer te word. Dit sluit inligtingsondersteuning in en verseker effektiewe integrasie van die strategie regdeur die organisasie. (d) Effektiewe strategiese gerigtheid regdeur die organisasie is noodsaaklik. Dit sluit die koppeling van effektiewe prestasiebestuursprosesse aan die strategie van die organisasie in, asook om die betrokkenheid van soveel werknemers as moontlik, op verkeie vlakke met betrekking tot strategiese beplanning en implementering te bewerkstellig. Verdere, meer spesifieke aanbevelings vir die implementering van intydse strategiese beplanningsisteme sluit die volgende riglyne is: (a) Topbestuur behoort betrokke te raak by die strategiese beplanning en implementeringsprosesse van die organisasie, as voorvereiste vir strategiese sukses. (b) Alle vlakke binne die organisasie behoort aangemoedig te word om op 'n outonome manier betrokke te raak by strategiese beplanning en implementering. Intydse strategiese beplanningsprosesse behoort as effektiewe inligtingstelsels ontwikkel te word. (d) Strategiese doelwitte en strategieë behoort op 'n deurlopende basis hersien te word. (e) Die gebruik van strategiese beplanningsiklusse behoort gestaak te word in die lig van 'n intydse strategiese implementeringsproses. (f) Werkprestasie ooreenkomste behoort by wyse van konsensus tussen werknemers en bestuurders onderhandel te word, asook horisontaal tussen verskillende departemente. (g) Die gebruik van omslagtige strategiese beplanningsdokumente behoort gestaak te word. (h) Strategiese beheer behoort aan die hand van 'n gebalanseerde meetkaart (balanced scorecard) gedoen te word.