Industrial Psychology
Permanent URI for this community
Browse
Browsing Industrial Psychology by Author "Jones, Brenton"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
Item Open Access Leadership styles of lower and senior level management within a mining company(University of the Free State, 2003) Jones, Brenton; Kotzé, M.Afrikaans: Leierskap is ’n vereiste vir ’n suksesvolle organisasie, gemeenskap of samelewing omdat leierskap rigting voorsien. Die nuwe millennium vereis ’n groot mate van verandering en Suid-Afrikaanse maatskappye sal verplig wees om spoedig georganiseerde veranderings te bewerkstellig. Veranderinge in die mynbedryf maak dit noodsaaklik om die bedryf voor te berei vir toekomstige uitdagings. Dit is die beleid van die mynbedryf dat leierskap ’n essensiële factor is in die veranderingsproses. In die lig van bovermelde, het die bestuur van ’n mynmaatskappy in die Noord-Kaap dit noodsaaklik gevind om die stand van leierskap in die maatskappy vas te stel. Die doel van hierdie navorsing was om te bepaal of laer en senior bestuur verskillende leierskapstyle toepas en of die persepsie van leierskap verskil tussen leiers en ondergeskiktes. Benewens dit wou bestuur bepaal of daar ’n verskil is in leierskap styl gebaseer op kulturele groeperinge op grond van huistaal, ouderdom en dienstydperk. Vir hierdie doel is ag-en-neëntig (98) bestuurders ingesluit in hierdie streekproef. Van die ag-en-neëntig (98) bestuurders het een-en-dertig (31) bestuurders met ’n minimum van drie (3) ondergeskiktes deelgeneem om die verskille in persepsie tussen leiers en ondergeskiktes ten opsigte van die leier se leierskapstyl te bepaal. Drie-en-neentig (93) ondergeskiktes het deelgeneem. Leierskapstyl is gemeet met die Multifactor Leadership Questionnaire (MLQ). ’n Eenrigting Analise van Variansie (Anova) was gebruik om die verskille tussen laer en senior bestuur in terme van leierskapstyle te bepaal. Die t-toets vir afhanklike groepe was gebruik om verskille in persepsie te bepaal. ’n Eenrigting Analise van Variansie (Scheffé) was gebruik om verskille tussen sekere groepe te bepaal in terme van ouderdom, dienstydperk en kulturele groepering, op grond van huistaal. Gebaseer op statistiese analise, kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word: • Daar is ’n statistiese beduidende verskil tussen laer en senior bestuursvlak met betrekking tot leierskapstyl. Senior vlak bestuur is meer transformerend dan laervlak bestuur wat meer transaksioneël is. • Daar is ’n statistiese beduidende verskil in persepsie tussen bestuurders en ondergeskiktes met betrekking tot die leierskapstyl van die leiers. • Daar is statistiese beduidende verskille in leierskapstyl gebaseer op biografiese veranderlikes soos ouderdom en dienstydperk. Daar was geen verskil ten opsigte van leierskap en kulturele groepering soos bepaal op grond van huistaal nie. Die interpretasie van hierdie bevindings wat op ’n geleentheidsteekproef gebaseer is moet met omsigtigheid benader word.