Show simple item record

dc.contributor.advisorLamprecht, G. P.
dc.contributor.authorCromhout, Johan
dc.date.accessioned2019-06-28T08:26:42Z
dc.date.available2019-06-28T08:26:42Z
dc.date.issued1994-10
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/9935
dc.description.abstractAfrikaans: Die algemene beskouing dat Bloemfontein tussen 1940 en 1955 nie In aktiewe en boonop In oninteressante musieklewe gehad het, word in hierdie verhandeling verkeerd bewys. In Aspek wat deurentyd opgeval het is dat Bloemfonteiners wat by die musieklewe in dié tyd betrokke was, alles in hulle vermoë gedoen het om musiek as kunsvorm te ontwikkel en te propageer. Hier het Bloemfontein die hulp en samewerking van Die Volksblad en The Friend gehad. Alhoewel Bloemfontein oor die Stadsaal, Clarendonsaal en die destydse Grand-teater beskik het, het daar nogtans die behoefte aan 'n meer geskikte teater waar uitvoerings aangebied kon word, ontstaan. Die musici het hierdie leemtes oorbrug en verrassende resultate behaal. Op verskeie terreine is besonder hoë standaarde bereik en in Bloemfontein is die gehalte werk as van die hoogste in die land beskou. Bloemfontein was gelukkig om in dié tydperk musici te kon hê wat werklik oor die kwalifikasies beskik het om die leiding te neem. So is daar kantates, oratoriums, operas en operettes aangepak en met sukses uitgevoer. Die musiekliefhebbers was ook verantwoordelik vir die stigting van musiekverenigings wat baie daartoe bygedra het om musiek te bevorder. Dit is ook aan hierdie verenigings se onvermoeide ywer te danke dat daar voortdurend In groot aantal Suid-Afrikaanse en buitelandse kunstenaars in Bloemfontein opgetree het. Hierdeur het die Bloemfonteinse kunstenaars en gehore met wêreldklas musici in aanraking gekom wat talle voordele ingehou het. Dit is opvallend dat koorsang in die eerste paar jaar van die tydperk groot belangstelling geniet het en dat Bloemfonteiners hierdie liefde deur die jare behou het afgesien dat plaaslike koorsang mettertyd moes plek maak vir instrumentale musiekaanbiedings. Kooruitvoerings deur besoekende koorgeselskappe is in die later jare nog met groot entoesiasme bygewoon. In hierdie verhandeling word dit duidelik dat in teenstelling met die vorige drie dekades, die Afrikaanssprekende musici beslis meer op die voorgrond getree het. Alhoewel die meeste van hulle hulopleiding gedeeltelik of in geheel van Engelse onderwysers ontvang het, is dit tog opvallend dat daar 'n wending plaasgevind het wat die keuse van werke betref. Oor die algemeen het daar byvoorbeeld baie meer Afrikaanse liedere op die programme verskyn wat in 'n mate verseker het dat 'n groter sektor van die publiek die konserte bygewoon het aangesien hulle kunsmusiek in hulle moedertaal kon hoor en geniet. Die meeste van die kunstenaars wat aktief by die musieklewe van Bloemfontein betrokke was, was ook uitstekende onderwysers. Baie van hulle was aan skole verbonde, ander aan die destydse Vrystaatse Musiekskool van David Roode en later die Departement Musiek aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat. Sommige het ook private onderrig gegee. Daar was dus altyd 'n aantal opkomende kunstenaars wat ook hulle bydrae gelewer het. Met die totstandkoming van die Departement Musiek aan die UOVS kon voornemende musici hulle in verskeie rigtings kwalifiseer. Verskillende graad- en diplomakursusse is aangebied. Musiekonderrig by skole het met die aanstelling van 'n voltydse Musiekinspekteur spoedig verbeter en kon meer sinvol aangebied word. Musiek as vak kon ook geneem word. Verder was daar nog die Bloemfonteinse Onderwyskollege (destydse Normaalkollege) en die Tegniese Kollege waar musiek onderrig is. Afgesien van die ernstige musiekbeoefening in Bloemfontein was daar ook 'n groot belangstelling in ligte musiek sowel as jazz. Benewens die kunstenaars wat hierdie tipe musiek beoefen en onderrig daarin gegee het, was daar ook In paar ernstige uitvoerende kunstenaars wat belangrike bydraes gelewer het. Bloemfonteiners het ook die voorreg gehad om na aanbiedings van besoekende kunstenaars te luister. Die slotsom waartoe gekom word is dat Bloemfontein en sy musici alles in hulle vermoë gedoen het om in die eerste plek die kulturele agterstand uit te wis en in die tweede plek musiek as kunsvorm te ontwikkel en te bevorder. Teen die einde van 1955 was dit duidelik dat Bloemfontein vinnig besig was om wat musiek betref, tot een van die aktiefste sentra in Suid-Afrika te ontwikkel.en_ZA
dc.language.isoafen_ZA
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_ZA
dc.subjectDissertation (M.Mus.)--University of the Free State, 1994en_ZA
dc.subjectMusiciansen_ZA
dc.subjectBiographyen_ZA
dc.subjectSouth Africaen_ZA
dc.subjectBloemfonteinen_ZA
dc.subjectMusic -- Social aspectsen_ZA
dc.subjectMusic -- South Africa -- Bloemfontein -- 20th century -- History and criticismen_ZA
dc.titleDie musieklewe in Bloemfontein van 1940 tot 1955en_ZA
dc.typeDissertationen_ZA
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_ZA


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record