Show simple item record

dc.contributor.advisorSmit, J. H.
dc.contributor.authorPrinsloo, Mariana
dc.date.accessioned2018-11-21T07:55:32Z
dc.date.available2018-11-21T07:55:32Z
dc.date.issued1990-01
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/9576
dc.description.abstractAfrikaans: Gedurende die Klassieke en Hellenistiese fase van die Grieks-Romeinse filosofie beklee vriendskap 'n ereplek in die sosiale filosofie. Met verloop van die geskiedenis word dit almeer op die agtergrond geskuif sodat dit vandag, ten spyte van die bydrae van Kant, prakties uitdie filosofie verdwyn het. Uit 'n oorsig oor die Grieks-Romeinse filosofie en 'n ontleding van die religieuse grondmotief, blyk dat vriendskap 'n sentrale rol gespeel het as vormvervolmakende sosiale struktuur. Die huwelik en gesin as natuurlike gemeenskappe het ver afgesteek by die "geestelike" karakter van vriendskap.(Die materiepool het te doen met die kontrapool van die ongeordende, disharmonieuse, sensuele en nie-redelike in vriendskapsverhoudings.) Plato lê in sy Lusis al die klem op die goeie. Dit is 'n sokratiese dialoog en dra dus 'n maieutiese karakter. Die absolute norm vir vriendskap is geleg in die transendente ideëryk. Die idee van die goeie en die skone in die goddelike nous is die absolute doel. Die beskrywing deur Plato van die vriendskap van twee jongmense is meer 'n uitdaging tot 'n intellektuele oefening as wat dit konkrete resultate soos by voorbeeld In definisie van vriendskap bied. Die "kennis is deug"-tema is volop teenwoordig. Die hoogste vermog van die mens is sy rasionele siel of logistikon. Vriendskap sal veral die behoefte aan intellektuele stimulering ter wille van In meer deugsame lewe, moet vervul. Aristoteles is 'n empiris wat ook die rasionele siel beklemtoon en 'n hele verhandeling skryf oor hoe die hartstogte aan die rede onderwerp kan word. Sy leer van die dubbele doelmatigheidsorde beklemtoon eerstens die vervolmaking van die mens as indiwidu maar dan ook as burger van die polis. Juis binne die konheks van die polis kry vriendskap meer as inter-indiwiduele betekenis. Die "kennis is deug" idee van Sokrates word verwerp as vals omdat die mens nie deur blote kennis van die goeie nie, maar alleen deur geestelike selfdissipline (heksis) deug kan verwerf. Selfbeheersing hou verband met die intellektuele keuse tussen uiterste optredes. Die middeweg is die ideaal. Uiterstes (hartstogte by voorbeeld) versteur die orde in die mens se siel. Aristoteles beklemtoon liefde as essensie van vriendskap. Geregtigheid en selfliefde is belangrike temas by hom. Geregtigheid dring aan op gelykheid en proporsionaliteit. Selfliefde is voorwaarde vir egte vriendskap omdat hy wat homself liefhet ook 'n ander kan liefhê. Cicero, die sensitiewe Romein, beklemtoon eienskappe soos morele integriteit, wederkerigheid, onbaatsugtigheid, selfrespek, eerbied en vertroue. Vriendskap is nie die resultaat van voordele nie, maar voordele is die resultaat van egte vriendskap. By Cicero kry die politieke implikasies van vriendskap veral aandag. Sistematies kan vriendskap gesien word as die interindiwiduele, minder-eksklusiewe, liefdesverhouding tussen twee mense wat In mate van geesgenootlikheid ervaar. Dit word onderskei van die huwelik deur die afwesigheid van 'n seksuele komponent. Dit is ook anders as gesinsverhoudinge met die bloedbande wat daarin 'n belangrike rol speel. Vriendskapsbetrekkinge ken geen gesagstruktuur nie. As sosiale struktuur dra dit 'n solidêre eenheidskarakter. Die eienskappe van vriendskap wat Plato, Aristoteles en Cicero in hul werke ontleed het, kan almal herlei word na die een of ander analogie van die etiese modaliteit. Die radikaaltipiese benadering van die Wysbegeerte van die Wetsidee het geblyk In insluitende te wees. Die slotsom van hierdie verhandeling is dat vriendskap 'n meer prominente plek verdien in die sosiale filsofie en in die etiek.en_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_US
dc.subjectFriendshipen_US
dc.subjectDissertation (M.A. (Philosophy))--University of the Free State, 1990en_US
dc.titlePlato, Aristoteles en Cicero oor vriendskap: 'n filosofies-etiese analiseen_US
dc.typeDissertationen_US
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record