Show simple item record

dc.contributor.advisorVan der Merwe, H. J.
dc.contributor.advisorCruywagen, C. W.
dc.contributor.authorVenter, Johannes Petrus
dc.date.accessioned2018-11-07T08:04:16Z
dc.date.available2018-11-07T08:04:16Z
dc.date.issued1987-11
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/11660/9491
dc.description.abstractAfrikaans: Die studie is onderneem om die invloed van verskillende insluitingspeile van koeksoda (NaHCO3) as buffer by hoë-kragvoerrantsoene, vir die produksie van kalfsvleis vanaf Friesbulkalwers te bepaal. Veertig Friesbulkalwers is op twee dae ouderdom ewekansig in vier groepe ingedeel. Alle kalwers het volmelk ontvang en is op 30 dae ouderdom gespeen. Volledige rantsoene, in gemaalde vorm, is ad lib. vanaf vier dae ouderdom aangebied. Die rantsoene se kragvoer- tot ruvoerverhouding was almal 85:15. Die rantsoene het hoofsaaklik van mekaar verskil t.o.v. die inlsuitingspeil van NaHCO3 (0;2;4 en 6%). Vir elk van die behandelings is daar twee rantsoene saamgestel, nl. een vir die periode vanaf 4 tot 85 dae en een vanaf 86 tot 142 dae ouderdom. Ruproteïeninhoud van al die rantsoene tot op 85 dae ouderdom was 20%, en vir die laaste agt weke 14%. Vyf kalwers uit elke behandleing is op 142 dae ouderdom geslag, terwyl die oorblywende vyf op dieselfde ouderdom aan 'n verteringstudie (7 dae) onderwerp is. Gedurende die uitvoering van die proef is egter besluit om Beh. 4 (6% NaHCO3) te staak weens die hoë mortaliteit a.g.v. opblaas, wat klaarblyklik deur die behandeling veroorsaak is. Omdat vyf kalwers uit hierdie behandeling ten tye van die staking, alreeds die groei- en verteringstudie voltooi het, is besluit om die verteringstudiedata van hierdie kalwers te gebruik, maar nie die groeistudiedata nie. Daar is gevind dat inname van droë- en organiese materiaal gestimuleer is namate die insluitingspeil van NaHCO3 verhoog het tot 4% van die totale rantsoen. Hierdie verskille was egter nie-betekenisvol (P<0,05) gedurende die totale naspeense- en eksperimentele periodes. Geen statisties betekenisvolle verskille t.o.v. liggaamsmassatoename, finale liggaamsmassa, karkasmassa, uitslagpersentasie en graderingspunt het tussen die behandelings voorgekom nie. Die 2% koeksodagroep het t.o.v. al hierdie parameters effens beter preseteer as die 0- en 4% koeksodagroep. Dit het veroorsaak dat die 2% koeksodagroep op slagouderdom gemiddeld 10kg swaarder was as die 0- en 4% koeksodagroepe. Doeltreffendheid van voeromsetting vir die 4% koeksodagroep was egter betekenisvol (P<0,05) en hoogsbetekenisvol (P<0,01) swakker as onderskeidelik die kontrole- en 2% koeksodagroep gedurende die totale eksperimentele periode. Die skynbare verteerbaarheid, uitgedruk as 'n persentasie, van droë-materiaal, organise materiaal, ruproteïen, bruto energie, eterekstrak, stikstofvrye ekstrak en ruvesel het almal dieselfde patroon gevolg: Die 0- en 2% koeksodabehandelings het beter resultate gelewer as die 4- en 6% koeksodabehandelings (hoogsbetekenisvol (P<0,01) in diegeval van die eerste ses genoemde items). Geen verskille het egter tussen die 0- en 2% koeksodabehandelings en tussen die 4- en 6% koeksodabehandelings voorgekom nie. Dit wil dus blyk asof 4% NaHCO3 en meer, die skynbare verteerbaarheid van voedingstowwe nadeling beïnvloed het. Die getal kalwers behandel as gevolg van skuimopblaas het toegeneem namate die insluitingspeil van NaHCO3 bokant 2% toegeneem het. Sterftes a.g.v. opblaas het slegs een kalf elke vir die 0-, 2- en 4% koeksodagroepe beloop maar het toegeneem tot vier kalwers in die 6% koeksodagroep ten tye van die staking van hierdie behandeling. Bruto marges vir die 0-, 2- en 4% koeksodagroepe was onderskeidelik gemiddeld R129,42; R153,15 en R103,18 waar die netto produsenteprys van mielies in berekening gebring is. In die geval waar die aankoopprys van mielies gebruik is, was die bruto marges onderskeidelink R112,29; R134,53 en R85,30 vir die 0-, 2- en 4% koeksodagroepe. Die gevolgtrekking is gemaak dat Friesbulkalwers met die huidige voer- en vleispryse winsgewend tot op 20 weke ouderdom vir die produksie van kalfsvleis grootgemaak kan word, veral met die 0- en 2% koeksodarantsoene. Die 2% koeksodagroep het biologies en ekonomies die beste presteer, sodat hierdie peil van insluiting by hoë-kragvoerrantsoene aanbeveel kan word. Die moontlikheid van opblaasprobleme moet egter altyd in gedagte gehou word, as NaCHO3 as buffer gebruik word.en_US
dc.description.sponsorshipDepartement Landbou en Watervoorieningen_US
dc.language.isoafen_US
dc.publisherUniversity of the Free Stateen_US
dc.subjectHolstein-Friesian cattle -- Feeding and feedsen_US
dc.subjectCalves -- Feeding and feedsen_US
dc.subjectBeef cattle -- Feeding and feedsen_US
dc.subjectBeef cattle -- Carcassesen_US
dc.subjectDissertation (M.Sc.Agric. (Animal Science))--University of the Free State, 1987en_US
dc.titleDie aanwending van natriumbikarbonaat in kalfdiëteen_US
dc.typeDissertationen_US
dc.rights.holderUniversity of the Free Stateen_US


Files in this item

Thumbnail

This item appears in the following Collection(s)

Show simple item record