'n Ondersoek na bloedplaatjiefunksie met spesiale verwysing na die invloed van weefselekstrakte
Abstract
Afrikaans: Bloedplaatjies speel 'n sleutelrol by hemostase en intravas=
kulêre, veral arteriële, stolling. Normaalweg kleef plaatjies
nie aan die endoteelvoering van bloedvate nie, maar is belang=
rik vir die instandhouding van hierdie sellaag. Sodra die
onderliggende basaalmembraan en kollageen ontbloot word, word
'n reeks beskermingsreaksies ontketen:
Plaatjies kleef aan kollageen, met daaropvolgende eksplo=
siewe vrylating van endogene adenosiendifosfaat (ADP) uit
plaatjiegranules. Dit lei tot die vorming van 'n losse
plaatjieprop as primêre hemostatiese meganisme. Die
gelyktydige aktivering van bloedstolling, versnel deur
plaatjie-inhoud, lei tot onomkeerbare trornbien-geïndu="
seerde plaatjieklomping en fibrien-versterkte stolselkonsolidasie.
Trombose kan gesien word as 'n skadelike variant van hemo=
stase, gekenmerk deur 'n meer volledige verloop van hierdie
proses en veral deur obstruksie van bloedvloei. Intravasku=
lêre murale trombose op areas van bloedvatwandbesering en
inkorporasie van die trombus in die arteriële intima-laag
speel 'n belangrike rol by die vroeë sowel as laat stadia
van die patogenese van aterosklerose. Die aterosklerotiese
plaket met sy growwe, gebreekte en soms verkalkte oppervlak,
dien dan as grondslag vir verdere trombose en ook plaatjietrombo-embolisme, wat as In belangrike komplikasie van hierdie
ernstige degeneratiewe siektetoestand beskou word.
In die lig van die feit dat die plaatjie-kollageen interaksie
van kardinale belang is by intravaskulêre trombose en selfs
aterosklerose, is die invloed van arteriële bloedvatlae op
plaatjieklomping verder ondersoek.
Ekstrakte berei van Achilles-tendon, aorta-media en aortaintima
is verstel tot gelykwaardige proteieninhoud (as indeks
van konsentrasie) en die klompingsdoeltreffendheid van die
ekstrakte in 'n EEL-klompingsmeter, as verandering in optiese
digtheid van plaatjieryk-plasma (PRP) bepaal. Geen kwanti=
tatiewe verskille in die klompingsaktiwiteit van Achillestendon
en aorta-media is aangetoon nie, terwyl die intimaekstrak
as klompingsinduseerder onaktief was. Met behulp van
die ensiem kollagenase is bewys dat die media se klompings=
aktiwiteit spesifiek kollageen-afhanklik was.Dat arteriële intima nie oor klompingsaktiwiteit beskik het
nie, was verrassend aangesien hierdie laag kollageen sowel
as basaalm~mbraan bevat. Preinkubasie van kollageen met
intima, en ook ADP met intima, het hierdie induseerders se
aggregasievermoë geinhibeer. In intima was daar dus 'n in=
hibitor van plaatjieklomping aanwesig. Met voldoende konsen=
trasies van intima-ekstrak kon ADP-geinduseerde klomping totaal geinhibeer word, terwyl dié van kollageen slegs tot
maksimum 80% opgehef kon word. Die geaardheid van hierdie
inhibitor is verder ondersoek.
Met papier kromatografiese analise van die intima-ekstrak
kon geen adenosien, die belangrikste fisiologiese inhibitor
van p1aatjie-k10mping, aangetoon word nie.
Proewe waar die intima-ekstrak en ADP saam geïnkubeer is en
deelvolumes van die mengsel daarna papier-kromatografies en
met hoë-spanning elektroforese, geskei is, het In tydafhanklike
sekwensië1e afbraak van ADP na adenosienmonofosfaat (AMP), ade=
nosien, inosien en hipoxantien, getoon. Dit is bekend dat
ADP op vergelykbare wyse deur 'n p1asma-ensiemste1se1 afge=
breek kan word. Die twee stelsels verskil skynbaar: In
teenstelling met die plasma-stelsel het intima-geïnduseerde
ADP afbraak gelei tot hoër AMP-vlakke en vertraagde vorming
van hipoxantien. Inhibisie van ADP-geïnduseerde klomping
was dan die gevolg van ADP afbraak deur intima en die vraag
het ontstaan of inhibisie van kollageen-geïnduseerde klomping
ook aan ADP-afbraak gekoppel kon word. Opeenvolgende toevoeging van eers intima-e~rak en daarna
kollageen by PRP het inhibisie van soortgelyke orde teweeg=
gebring as wanneer intima en kollageen voorafgemeng en dan
by PRP gevoeg is. Adrenalien en trombien, induseerders met
klompingsvermoë wat, soos kollageen, ook deels op vrylating. van plaatjie-ADP berus, het met intima 'n soortgelyke inhibisiedie
patroon gewys. Hierdie inhibisie verskil van~patroon waarop
adenosien plaatjieklomping teenhou.
Die resultaat van hierdie proewe dui daarop dat die kinetika
van ADP-afbraak deur die intima-ekstrak (in teenstelling met
dié van plasma) van so 'n aard is dat dit in staat is om
endogene ADP, vanaf die vrylatingsreaksie, te vernietig
voordat hierdie ADP plaatjieklomping kan induseer.
Dat kollageen-geïnduseerde klomping tot In maksimum van on=
geveer 80% geïnhibeer kan word, is 'n aanduiding dat hierdie
klomping uit verskeie fases bestaan. Na 'n latente periode,
die lengte waarvan verband hou met die kollageen-konsentrasie,
vind die klompingsfase plaas. Hierdie fase berus grotendeels
·(ongeveer 80% van die totaal) op die effek van ADP losgelaat
uit plaatjie-granules, en kan deur die intima-ekstrak opge=
die
hef word. Die kleiner komponent vanAklompingsfase (ongeveer
20% van die totaal) kan nie deur ADP-afbraak inhibeer word
nie en is dus waarskynlik aan 'n direkte kollageen-effek toe
te skryf. Die hipotese word gestel dat intima 'n belangrike rol mag speel
by die bepaling van die uiteindelike grootte van die plaatjieaggregaat
wat op In bloedvatbesering volg. Wanneer die be=
sering omvangryk is met prominente kollageen-geïnduseerde plaatjieklomping en kontak-aktivering van die stollingsmeganisme,
sal bovermelde ADP-afbraak deur intima die hemostatiese reak~
sie waarskynlik min beïnvloed. By die geringe slytasie-trauma
waaraan die bloedvatendoteel voortdurend blootgestel is, sal
hemostase deur hierdie ADP-afbraak moontlik effektief tot
klewing en minimale klomping beperk word. ADP-onafhanklike
kollageen-geïnduseerde klomping sou dan genoegsaam kon wees
om aan die benodigdhede van die helingsproses te voldoen sonder
dat die bykomstige skadelike komplikasies van trombose en em=
bolisme uitgelok word.
Dit sou belangwekkend wees indien vroeë ateroom met verminderde
of vertraagde intimale ADP-afbraak geassosieerd is. Minimale
trauma sal dan tot meer.uitgesproke klomping, groter aggregate
en moontlik trombose lei. Inkorporasie van hierdie plaatjie=
trombi in die arteriële wand sal dan die aterosklerotiese
plaket en sy bekende patologiese implikasies tot gevolg hê.
In voorlopige steekproewe waar gesonde en ateromateuse intimaekstrakte
met ADP geïnkubeer is, kon 'n verskil in ADP-half=
leeftyd nie aangetoon word nie. Die eksperimentele model
behoort egter verder uitgebou en die probleem uitvoerig onder=
soek te word.