A comparative analysis of pressure sore treatment modalities in community settings
Abstract
English:The purpose of this research project was to compare the cost-effectiveness
and acceptability of an advanced wound care management method, using
only Smith & Nephew™ wound care products, to that of currently used
methods and/or products as encountered by the researcher in the treatment of
pressure sores in the Bloemfontein community.
Prior to commencement the ethical committee of the Faculty of Health
Sciences, University of the Orange Free State, approved the study and its
procedures.
Fifty-eight patients who met the inclusion criteria (as stipulated in the research
protocol) were randomly allocated to an experimental group and a control
group. Patients in the experimental group were treated with Smith &
Nephew™ wound care products for six weeks. Patients in the control group
continued with their current treatment for the same period of time. The
researcher personally performed the dressing changes of all patients in both
groups free of charge. Furthermore the researcher attempted, where possible,
to address all those factors that might have impeded the healing process in
each patient. The characteristics and nature of each particular wound
determined the frequency of dressing changes. All wounds were assessed
and photographed by the researcher at weekly intervals for the six-week
period. The study continued uninterruptedly for 12 months until the required
sample size was achieved. The treatment methods of both groups were
compared in terms of cost-effectiveness and acceptability.
Analysis of the base-line data of patients on entry revealed no differences or
biases between the groups and they were therefore comparable. A number of
patients were withdrawn from the study as they died, moved from the
geographical area, were hospitalized or became infected. Ultimately forty-one
patients were included in the cost calculation.Statistical analysis of the data using 95% confidence intervals revealed no
significant differences between the two groups with regard to the rate of
healing and cost of treatment. However, the confidence intervals indicated the
following discernable trends:
o More wounds in the experimental group healed than in the control group.
o The cost of treating wounds with the advanced treatment method
appeared to be lower than those treated with currently used methods.
o The cost to achieve healing in the experimental group tended to be lower
and therefore more cost-effective.
There was also a tendency for patients to find the advanced treatment using
Smith & Nephew™ wound care products, more acceptable than the currently
used more conventional methods. Moreover, results indicated that the
advanced Smith & Nephew™ dressings were significantly more durable.
The findings of this study suggest that individuals with pressure sores and
their caregivers in the community stand to benefit from using advanced wound
care methods, as they are appropriate, cost-effective and acceptable
treatment methods for the treatment of pressure sores. Consequently the
following recommendations are made:
o That a wound care course open to all health care professionals on wound
healing be instituted.
o That a protocol for the prevention and treatment of pressure sores be
developed.
o That attention be given to the education of nurses with regard to clinical
trial methodology.
o That nurse-led clinical wound care trials be encouraged. Afrikaans:Die doel van hierdie navorsingsprojek was om die koste-doeltreffendheid en
aanvaarbaarheid van 'n gevorderde wondsorg-bestuursmetode, met die
uitsluitlike gebruik van Smith & Nephew™ wondsorgprodukte, te vergelyk met
die metodes en/of produkte wat tans in gebruik is soos dit deur die navorser
vir die behandeling van druksere in die Bloemfontein gemeenskap aangetref
is.
Voor die aanvang van die navorsing het die etiese komitee van die Fakulteit
Gesondheidswetenskappe van die Universiteit van die Oranje-Vrystaat die
studie en sy prosedures goedgekeur.
Agt-en-vyftig pasiënte wat aan die insluitingskriteria, soos in die
navorsingsprotokol gestipuleer is voldoen het, is ewekansig aan 'n
eksperimentele en 'n kontrolegroep toegewys. Pasiënte in die eksperimentele
groep is vir ses weke met Smith & Nephew™ wondsorgprodukte behandel.
Pasiënte in die kontrolegroep het vir dieselfde tydperk met hulle behandeling
soos voorheen voortgegaan. Die navorser het persoonlik die wonde van albei
groepe versorg sonder om 'n fooi te hef. Die navorser het ook, sover moontlik,
gepoog om alle faktore wat moontlik die genesingsproses by elke pasiënt kon
strem, aan te spreek. Die aard en eienskappe van elke afsonderlike wond het
bepaal hoe dikwels die verbindsels verwissel is. Die navorser het al die wonde
elke week vir die ses-weke periode beraam en gefotografeer. Die studie het
ononderbroke vir 12 maande voortgeduur totdat die verlangde
steekproefgrootte bereik is. Die behandelingsmetodes van beide groepe is
vergelyk in terme van koste-doeltreffendheid en aanvaarbaarheid.
'n Analise van die basislyndata van die pasiënte by toetrede het geen verskille
of onewewigtigheid tussen die groepe aangetoon nie en hulle was derhalwe
vergelykbaar. 'n Aantal pasiënte is aan die studie onttrek omdat hulle gesterf het, uit die
geografiese streek getrek het, gehospitaliseer is of geïnfekteerd geraak het.
Uiteindelik is 41 pasiënte by die kosteberekening ingesluit.
Statistiese analise van die data met die gebruik van 95% vertouensintervalle
het geen beduidende verskille tussen die twee groepe ten opsigte van die
tempo van genesing en die koste van behandeling aangetoon nie. Die
vertrouensintervalle het egter die volgende waarneembare neigings getoon:
~ Meer wonde in die eksperimentele groep as in die kontrolegroep het
genees.
~ Dit wou voorkom of die koste van behandeling met die gevorderde
behandelingsmetode laer was as dié met die metodes wat tans in gebruik
is.
~ Die koste om genesing by die eksperimentele groep te bewerkstellig het
geneig om laer en daarom meer kostedoeltreffend te wees.
Daar was ook 'n neiging by die pasiënte om die gevorderde behandeling met
Smith & Nephew™ wondsorgprodukte meer aanvaarbaar te vind as die
konvensionele metodes wat tans in gebruik is. Verder toon die resultate dat
die gevorderde Smith & Nephew™ verbindsels beduidend duursamer as die
konvensionele tipes is.Die bevindinge van hierdie studie dui daarop dat indiwidue met druksere en
hul versorgers in die gemeenskap voordeel kan trek uit die gebruik van
gevorderde wondsorgmetodes, aangesien hulle toepaslik, kostedoeltreffend
en aanvaarbare metodes vir die behandeling van druksere is. Gevolglik word
onderstaande aanbevelings gemaak:
~ Dat 'n wondsorgkursus wat vir alle professionele gesondheidsorgwerkers
oop is, ingestel word;
~ Dat 'n protokol vir die voorkoming en behandeling van druksere ontwikkel
word; ~ Dat aandag geskenk word aan die opleiding van verpleegkundiges in die
metodologie van kliniese proewe;
~ Dat verpleegkundige-geleide wondsorgproewe aangemoedig word.