Vertaalbesluite onder toestande van onsekerheid
Abstract
English: In view of globalisation, the development of technology and media, and contemporary
demands made of cross-cultural knowledge transfer and communication, translation is,
today more than ever before, an important activity. On a basic level translation involves
the transfer of a message from one language to another; however, the process is neither
simple nor straightforward. Translation is a specific example of human interaction, an
activity characterised by series of decisions influenced by a variety of factors. The
purpose of this study was to investigate how translators make decisions when they are
confronted by uncertainty in a complex environment. The origins of complexity that
causes uncertainty were investigated by means of a literature study. Data, in the form of
autoethnographic narratives relating to examples of translation, text editing and
interpreting briefs, were analysed with reference to the literature and two theoretical
paradigms, namely, functionalism (skopos) and complexity thinking. Five characteristics
of complex adaptive systems as proposed by the philosophy of complexity thinking were
applied to the data, namely, the idea that complex adaptive systems, a) comprise
heterogenous elements; b) are dynamic; c) do not behave in a linear fashion; d) are open
systems; and e) are adaptive and characterised by emergence. The first conclusion
arising from this analysis is that the contribution that functionalism can make to eliminating
uncertainty is limited. Information about the purpose of a translation can reduce some of
the translator's uncertainty, but could also cause other uncertainty. All the characteristics
of complex adaptive systems, jointly and separately, can cause the translator to
experience uncertainty. Because the source of the uncertainty is multidimensional, and
due to the dynamic, emerging nature of the systems, translators have to adapt their
strategies continuously as the environment changes. Another conclusion is that the role
of translators is much more comprehensive, and the environment within which translators
work, is much more complicated than people realise. If translators want to manage
uncertainty in complex situations, they must be able to live with dynamic interaction,
relative uncertainty, flexibility, paradox and alternating chaos and stability – the
characteristics of complex adaptive systems. Afrikaans: Gesien in die lig van globalisering, die ontwikkeling van tegnologie en die media, en
hedendaagse eise wat aan kruiskulturele kennisoordrag en kommunikasie gestel word,
is vertaling vandag, meer as ooit, ʼn belangrike aktiwiteit. Op ʼn basiese vlak behels
vertaling die oordrag van ʼn boodskap in een taal na ʼn ander, maar die proses waardeur
dit gebeur is allermins eenvoudig of voor die hand liggend. Vertaling, as ʼn spesifieke
voorbeeld van menslike interaksie, is ʼn handeling wat deur ʼn reeks besluite gekenmerk
word, en wat deur ʼn verskeidenheid faktore beïnvloed word. Die doel van hierdie studie
was om te ondersoek hoe vertalers besluite neem wanneer hulle in ʼn komplekse
omgewing deur onsekerheid gekonfronteer word. Die bronne van kompleksiteit wat
onsekerheid veroorsaak, is deur middel van ʼn literatuurstudie ondersoek. Data, in die
vorm van voorbeelde van vertaal-, teksredigerings- en tolkopdragte, is deur middel van
outo-etnografiese narratiewe aan die hand van die literatuur en elemente van twee
teoretiese paradigmas, naamlik, funksionalisme (skopos) en kompleksiteitsdenke,
ontleed. Vyf eienskappe van komplekse adaptiewe sisteme, soos deur die filosofie van
kompleksiteitsdenke voorgestel, is op die data toegepas, naamlik, dat komplekse
adaptiewe sisteme: a) bestaan uit heterogene elemente; b) dinamies is; c) se gedrag nie
liniêr is nie; d) oop sisteme is; en e) adaptief is en deur ontspringing gekenmerk word.
Die gevolgtrekkings van dié analise is, eerstens, dat die bydrae wat die funksionalistiese
benadering kan maak om onsekerheid uit te skakel, beperk is. Inligting oor die
vertalingsdoel kan wel sekere onsekerheid wat die vertaler ervaar, verminder, maar kan
ook ander onsekerheid veroorsaak. Op hul beurt, veroorsaak elkeen van die eienskappe
van komplekse adaptiewe sisteme gesamentlik en afsonderlik onsekerheid by die
vertaler. Omdat die oorsprong van die onsekerheid veeldimensioneel is, en weens die
dinamiese, ontspringende aard van die sisteme, moet vertalers voortdurend hulle
strategieë aanpas namate die omgewing verander. Ek kom ook tot die gevolgtrekking dat
die rol van vertalers baie meer omvattend is, en dat die omgewing waarbinne vertalers
werk baie meer ingewikkeld is, as wat ʼn mens besef. Indien vertalers die onsekerheid in
komplekse situasies wil bestuur, moet hulle met dinamiese interaksie, relatiewe onsekerheid, vloeibaarheid, paradoks en variasie tussen chaos en stabiliteit – die
kenmerke van komplekse adaptiewe sisteme – kan saamleef.