Die benutting van voermengsels met wisselende hoeveelhede mopanebos-voer vir die droogtevoeding van beeste
Abstract
1. Veertig ossies is'op die Landbounavorsingstasie Glen in voerinname en verteringsproewe gebruik ten einde die voedingswaarde van gemaalde mopane-voer te bepaal. Mopanevoer, lusern en voermol melassemeel is in vier verskillende rantsoene gekombineer, terwyl lusern as die kontrolerantsoen. gebruik is. 2. Die behandelingsgroep wat 55 persent mopane in die rantsoen ontvang het, se voerinnames was drie weke na die aanvang van die proef nog steeds so laag dat hulle voerinnames glad nie in hulle onderhoudsbehoeftes kon voorsien nie. lingsgroep is toe vervolgens uitgeskakel. 3. Die mopane-voer stel teleur ten opsigte van die ru-protelen Hierdie behandewaarde (5,80 persent). Protelensupplementering van die mopane-voer is dus essensieël. 4. Mopane-voer toon 'n hoë ru-veselwaarde (48,61 persent) teenoor lusern se ru-veselwaarde (30,80 persent). Die mopanevoer het 'n goeie bruto energiewaarde (18,70 MJ/kg) en toon dus die belofte van potensiaal in hierdie opsig. Die eterekstrakwaarde van 6,26 persent bewaar die sleutel tot die onsmaaklikheid en onaartvaarbaarhe:ld van die mopane-voer. 5. Baie groot var Las ie (4,06 kg) in die daagl ikse droë ma teriaalinnames is tussen die vier behandelingsgroepe waargeneem. Hoogs betekenisvolle (P<0,01) verskille in die voerinnames is aangetoon. Die daaglikse droë materiaalinnames as persentasies van die liggaamsmassa het van 1,38 (45% mopane groep) tot 2,56 (kontrole) gevarieer. Wisselende selektiwiteit is teengekom in die daaglikse voerinnames. 6. Die kontrolebehandelingsgroep het 0,52 kg daagliks toege= neem teenoor die 0,05 kg van die 45 % mopane groep se diere (hoogs betekenisvol by P<0,01). Die 35 en 25% behandelings= groepe het onderskeidelik 0,15 en 0,28 kg daagliks toegeneem. Die diere van al vier behandelingsgroepe kon dus hulle massas oor 'n periode van 83 dae handhaaf. Geen betekenisvolle verskille in massatoenames, gekorrigeer vir gelyke voerinnames deur al vier behandelihgsgroepe, kon aangetoon word nie. 7. Die skynbare droë materiaalverteerbaarheid van die proefrantsoene toon baie goeie ooreenstemming en gevolglik kon geen betekenisvolle verskille aangetoon word nie. Dit moet egter beklemtoon word dat, as gevolg van die variasie in voerinname binne groepe, is daar ook variasie in die verteerbaarheid binne groepe aangetref. Hierdie variasie lei daartoe dat die vereistes vir statisties betekenisvolle verskille tussen groepe aansienlik styg. 8. Die diere in die 45% mopane behandelingsgroep was in 'n negatiewe stikstofbalans, terwyl di,ediere in die 25% mopane behandelingsgroep 'n heelwat groter stikstofbalans as die koritrolebehandeling se diere getoon het (onderskeidelik 22,60 en 10,87 g stikstof daagliks). Laasgenoemde verskil word hoofsaaklik toegeskryf aan die groot stikstofverlies van die kontrolebehandeling se diere deur die urine-uitskeidings. Alhoewel die ru-proteien van die mopane rantsoene swakker verteerbaar was as die ru-proteien van die lusern, is die stikstof in die mopane rantsoene goed en selfs beter as die stikstof in die kontrolerantsoen benut. 9. Betekenisvolle verskille (beide by P<0,01 en P<0,05) is aangetoon in bruto, verteerbare en metaboliseerbare energieinnames tussen die vier behandelingsgroepe. Die kontrolerantsoen toon 'n besliste voordeel bo die mopane rantsoene ten opsigte van verteerbare en metaboliseerbare energievoorsiening aan die proefdiere. Dit is duidelik uit die resultate dat die energiewaardes en potensiêle benutbare energiewaardes van die mopane rantsoene goed vergelyk met die ooreenstemmende energiewaardes van die kontrolerantsoen (lusern) . Swak voerinnames deur die diere op die mopane rantsoene het tot gevolg gehad dat swak verteerbare energieinnames (VEI) verkry is. 10. Die in vitro waardes vir beide organiese materiaalverteerbaarheid en droê materiaalverteerbaarheid is deurgaans hoer as die in vivo waardes. Dit word aanvaar dat die variasie in in vivo verteerbaarheid die belangrikste rede vir hierdie verskille was. 11. Die groei wat verkry is op die mopane rantsoene en op die kontrole rantsoen was sodanig dat al vier behandelingsgroepe 'n finansiêle verlies aan die einde van die proeftydperk getoon het. Hierdie verliese was R30,01 vir die 45% mopane behandeling, R31,27 vir die 35% mopane behandeling, R14,40 vir die 25% mopane behandeling en R8,91 vir die kontrolegroep. Die 45% mopane groep se voerkoste per dag was die minste (18,11c); daarna die 35% mopane behandelingsgroep (23,60c); die 25% mopane groep (29, 54c) en die kontrolegroep (48,69c).